Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Ek kan nie glo ná hierdie uitgawe het ons net nog net twee oor vir 2017 nie! Eers het dit gevoel asof die jaar nie wil klaarkry nie en nou snel dit weer hopeloos te vinnig verby!

Maar voor ons groet vir jaar, is daar nog baie stories wat vertel moet word en ek is seker daar is ’n paar stories in hierdie uitgawe wat julle sommer lekker aan die praat gaan kry.

Oor die slaan-saak (bladsy 10) gaan ek my nie veel uitlaat nie. Ek is nie ’n ouer nie, maar ek kan albei kante van die saak insien. Ek glo elke ouer het die reg om hul kind groot te maak soos hulle goeddink, maar ek het ook al te veel geweld in gesinne gesien om nie te glo dat sommige ouers eerder glad nie moet slaan nie.

Die Ware Lewensdram­a (bladsy 12) het my hoendervle­is gegee. Ek kon nie glo dat soveel jongmense op een dorp selfmoord as ’n uitweg kies nie. Dankie aan diegene wat ingryp en iets aan die saak probeer doen.

Moenie Samantha Liedeman se terte mis nie, dit maak jou sommer lus vir eet!

Hou ook asseblief die winkelrakk­e dop vir die splinternu­we KuierCombo

Koningskos wat vanaf 20 November teen R40 te koop is. Dis ook die ideale Kersgesken­k, want dis op glanspapie­r gedruk en stewiger gebind as die gewone tydskrif so dit gaan baie lank hou en vir sommer baie heerlike maaltye sorg!

Tot volgende keer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa