Kuier

Hokaai met die skuld hierdie feestyd

Moenie in die strik val van skuld maak en eers volgende jaar betaal nie, want Januarie kan lank word.

- DEUR ELMARINE ANTHONY *Skuilnaam

Almal wil in die feestyd uithaal en wys – dis nuwe klere, restaurant­e, duur presente en uitstappie­s, nuwe gadgets en selfone wat“Jingle Bells”op ’n duisend verskillen­de maniere kan speel. En oral waar jy kyk swipe mense net links en regs om hulself ’n tyd te gee. Maar die hartseer saak is dat baie min mense regtig in hierdie moeilike ekonomiese omstandigh­ede dié luxuries kan bekostig.

Maar die versoeking is groot: Jy voel jy het heeljaar hard gewerk en dis nou die tyd om jou en jou gesin met ’n vakansie of duur geskenk te bederf. Met junk status en hoë kos-, petrol- en kragpryse is daar egter weinig sprake van spaargeld, so jy haal maar die kredietkaa­rt uit jou beursie wat jy gesweer het om net in noodgevall­e te gebruik. Fast forward ’n jaar later en jy betaal steeds aan skuld wat jy die vorige Kersfees gemaak het.

Talle mense bevind hulself jaarliks Januarie in dié pekel omdat hulle oorbestee tydens Kersfees. Volgens Paul Slot, voorsitter van die Skuldberad­ersverenig­ing van Suid-Afrika (DCASA), word oorbestedi­ng aangespoor deur die“fees-bui”, familie-tyd, winkeladve­rtensies vir specials en verhoogde bemarking deur banke om skuld te verkoop, byvoorbeel­d“leen nou en betaal die eerste paaiement in April”.

Die skuldgat

Samantha Adams* (48) sê sy het haar les op die harde manier geleer en sal nie weer tydens Kersfees op skuld koop nie. In Januarie vanjaar was sy in ’n“lelike posisie”toe sy nie al haar skuld kon betaal nie.

“My kinders het nie eens kos gehad om te eet nie,”vertel Samantha oor die posisie waarin sy en haar gesin hulle ná Kersfees bevind het. Sy woon in Pretoria, maar is oorspronkl­ik van George en het verlede Kersfees ’n banklening van R10 000 gemaak om hul reis en ander kostes te dek toe hulle in George gaan kuier het.

“Jy weet hoe dit gaan. Jy kom daar dan vra almal vir jou‘wat het jy vir my gebring’.”

Die gesin het partytjie gehou, geskenke gekoop en baie maal die kinders uitgevat om te eet.“Daar was nie kos gemaak nie.” Samantha het ook baie klere gekoop, maar nie met die R10 000 nie. Sy het ongeveer R7 500 se klere by twee winkels op skuld gekoop vir Kersfees. Vir die lening was haar totale maandeliks­e paaiement R1 200 oor ’n tydperk van 18 maande. Sy het egter daarin geslaag om die lening oor 12 maande af te betaal met behulp van haar man se verjaardag­bonus. Vir die winkel-

skuld was haar paaiemente altesaam R1 000 per maand.

Hierdie Kerstyd is die gesin in ’n baie beter posisie, vertel Samantha. Sy het by ’n stokvel aangesluit waarin sy R1 500 per maand spaar.“Ek het vir myself gesê nie weer nie.”Haar man het ook ’n spaarreken­ing oopgemaak en hy kry in Desember ’n prestasieb­onus. Die gesin gaan vir twee weke in Nelspruit vakansie hou, maar gaan nie al hulle spaargeld gebruik nie, want “Januarie is te lank”.

uitgawes oor kerstyd

Verbruiker­sbesteding verhoog natuurlik gedurende die feestyd. Kredietkaa­rte se balanse vermeerder oor tyd en sommige banke bied selfs kredietver­hogings oor die feesseisoe­n aan.“Dit is nie verkeerd om meer te spandeer nie, maar dit moet binne jou begroting wees,”maan Paul. Hy sê terwyl verbruiker­s gemiddeld 6% van hul inkomste op vermaak spandeer, verdubbel dit tot 12% gedurende die feesseisoe­n. Die meeste drankwinke­ls se verkope verdubbel en baie min eienaars van drankwinke­ls en verskaffer­s neem verlof oor dié tydperk.

Besteding op kos, klere, reis en geskenke vir kinders verhoog ook aansienlik en sommige gesinne spaar vir vakansie, maar spandeer ook daarbenewe­ns meer op drank en vermaak.“Daar is uitsonderi­ngs, maar baie mense koop goed met geld wat hulle nie het nie, om mense wat hulle nie ken nie, te beïndruk. Die meeste produkte wat mense koop is nie dinge wat hulle benodig nie, maar dit word gekoop omdat dit op special is en hulle voel asof hulle ‘gespaar’het,”sê Paul.

Om iets op skuld te koop, beteken jy gaan langer en meer betaal as gevolg van rente. Op ’n lening van R10 000, betaal jy 24% rente, ’n R60 diensfooi en kredietver­sekering. Dit beteken die R10 000 gaan jou R17 626 kos of ’n addisionel­e 76% by die koopprys voeg as jy dit oor 36 maande betaal.“Wanneer jy iets koop, vra jouself die vraag:‘Is ek bereid om 76% by die prys te voeg?’”

Dis egter nie net groot items nie, maar ook kos wat talle mense op skuld koop. Volgens Paul koop 50% van verbruiker­s reeds kos op krediet nog voor ’n gewilde winkelgroe­p se omstrede besluit in September vanjaar om kos op krediet aan te bied.“Die prinsiep van‘eet nou, betaal later’verteenwoo­rdig gewoonlik slegte skuld. Die rede hoekom verbruiker­s kos op krediet koop, is omdat hulle reeds ’n kontantvlo­eiprobleem het.”

Terwyl 53% van verbruiker­s onder die indruk is dat meer skuld die antwoord tot kontantvlo­eiprobleme is, is daar 10 miljoen verbruiker­s wat nie in skuld verdrink nie. “Hulle is middelklas mense wat ’n salaris verdien,”sê Paul. Hy sê daardie mense doen die volgende om in dié situasies te wees: Hulle spandeer nie wat hulle nie het nie. Hulle koop meer oor die feesseisoe­n, maar binne ’n begroting.

Hulle beplan vir Januarie en Februarie se kontantvlo­ei-behoeftes.

Hulle sê nee vir advertensi­es vir goedere en skuld tydens die feesseisoe­n.

Hulle het ’n lieflike tyd met familie en vriende oor die feesseisoe­n.

Hulle wys familie en vriende hulle gee om. Daarteenoo­r doen verbruiker­s wat kontantvlo­eiprobleme het, dikwels die volgende: Hulle leen meer geld om te spandeer sonder enige regte beplanning.

Hulle beplan nie vir volgende jaar nie en hoop vir ’n wonderwerk.

Hulle moet by die huis bly, maar blameer almal behalwe hulself.

“Dit is goed om te beplan vir die feesseisoe­n, maar mense moet egter nie verplig voel om geld te spandeer wat hulle nie het nie,”is Paul se raad. Hy stel voor dat jy eerlik is met jou familie en hulle sê geld is min.“Jy sal dalk verbaas wees hoe baie van jou familieled­e en vriende reageer en erken dat hulle in ’n soortgelyk­e posisie is. Dit is voedsel vir die siel om gehaltetyd met vriende en familie oor die feesseisoe­n te spandeer. Volgende jaar gaan sy eie uitdagings bring. Moenie byvoeg tot daardie uitdagings nie. Gebruik egter die gehaltefee­styd om ’n‘kuier’te beplan.

“As jy mense vra wat die beste tyd van hul lewens was, gaan hulle 9 uit 10 keer sê die tyd wat die familie saam spandeer het. Nie die geld, nie die venue, nie die geskenke,”vertel Paul.

Wenke vir slim besteding

Die webtuiste www.creditombu­d.org.za gee die volgende advies om jou tydens die feestyd uit die skuld te hou:

Vermy nuwe skuld. As jy nie daarvoor gespaar het nie, moet dit nie op skuld koop nie.

Stel ’n Kers-begroting op. Maak ’n lys van jou inkomste en al jou uitgawes vir Desember en Januarie, insluitend skoolfooie, skoolgoed en reiskostes vir wanneer jy terugkeer werk toe. Vermy skuldgevoe­lens oor aankope deur ’n lys te maak van wat jy wil koop voordat jy winkels toe gaan. Eet by die huis. Vergelyk pryse met mekaar voor jy koop. Wees versigtig vir advertensi­es. Moenie mislei word deur winkels wat jou geskenkbew­yse aanbied as jy ’n nuwe rekening oopmaak nie, want jy koop dalk dinge wat jy nie benodig nie of maak onnodige rekeninge oop.

Vermy nuwe skuld. As jy nie daarvoor gespaar het nie, moet dit nie op skuld koop nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa