Kuier

JOU KIND: Kies sÓ geskenke om almal gelukkig te hou

Presente hoef nie jou hele salaris of bonus te kos nie, jy kan jou kinders bederf sonder om jouself bankrot te maak.

- DEUR Marteli Brewis

elke Kersfees sukkel ouers om geskenke vir hul kinders te kies. Maar om die perfekte geskenk te kry én om dit te kan bekostig, is twee verskillen­de dinge.

Dis so maklik om heeltemal van jou budget te vergeet wanneer Kersliedji­es in elke winkel speel en alles op special is. Dan kan sommige ouers ook alreeds die glimlag op hul kinders se gesiggie sien wanneer hulle die geskenkpap­ier afskeur . . . Maar duur tekkies, tablets en die nuutste games kan jou sak lelik ruk.

Sumayyah Khan, ’n kliniese sielkundig­e van Seepunt in Kaapstad wat spesialise­er in familie-terapie, waarsku ouers moet baie reguit wees met hul kinders oor hul finansies en wat bekostigba­ar is in hul huishoudin­g. Ouers trap ook te maklik in die strik om vir hul kinders alles te gee wat hul harte begeer omdat hulle vir hul kinders beter wil hê as wat húlle gehad het, verduideli­k sy.

Dan wil sommige ouers, volgens haar, ook nie afsteek by ander nie.“Dit help niemand, want dit plaas jou familie net in ’n moeilike situasie wat jy nie kan bekostig nie.”Maar nog belangrike­r, sê Sumayyah, leer jy vroeg aanpasbaar­heid as jy nie alles kry wat jou hart begeer nie. Jy besef ook die waarde van harde werk om belonings

Die duurste tekkies wat hulle al vir hul kinders gekoop het, was Le Coq, wat begin by R876 per paar.

Sumayyah meen kinders mag eers van tien jaar oud af tegnologie­se geskenke kry. “As kinders te vroeg blootgeste­l word aan skerms, het dit ’n negatiewe invloed op hul brein, visuele en gehoor-ontwikkeli­ng.”

Hierdie tipe geskenke is nie ideaal vir jong kinders nie. As jy voel jy kan nie jou kind ontneem nie, raai Sumayyah jou aan om streng te wees oor die tyd wat hulle daarmee spandeer.“Enige skermtyd moet beperk word tot ’n uur in die week (die beste opsie is geen speletjies in die week nie) en twee ure oor ’n naweek wat verdeel word tussen Saterdag en Sondag.”

Wilene Wiggill, ’n arbeidster­apeut van Port Elizabeth, meen egter hoërskoolk­inders kan baie baat by tegnologie­se geskenke omdat hulle hierdie vaardighed­e moet ontwikkel en kan gebruik vir projekte of om te studeer.“Of dit op die familie-rekenaar of op ’n Kersfeesge­skenk laptop of tablet gedoen word, hang af van wat julle kan bekostig,”verduideli­k sy.

Wilene waarsku egter dat jou kind bewus moet wees van die gevare van sosiale media en die internet en weet hoe om dit te hanteer. te kry en dat jy partykeer met teleurstel­ling moet saamleef.

Ná haar egskeiding het Iliza Thompson (55) van Kleinmond in die Overberg, gedink solank sy net haar twee seuns (wat by haar woon) gelukkig kan hou, sal alles oukei wees. Juis daarom het sy hulle altyd bederf met duur geskenke soos PlayStatio­ns en sakke vol speelgoed vir hul verjaardae en Kersfees. Kort voor lank het dit haar nie net platsak gelos nie, maar diep in die skuld gedompel. Dit het so ver gevorder dat Iliza in ’n stadium haar huis moes verkoop om haar skuld te betaal.

Toe hulle trek, het Iliza bokse vol geskenke weggegee en toe eers besef sy het te veel gekoop. Deesdae is haar kinders gelukkig groot en hulle het nie meer nut vir duur geskenke en speelgoed nie.“Mense moet hul kinders leer waaroor Kersfees regtig gaan; dit gaan oor wat jy kan gee, nie oor wat jy kry nie,”meen sy.

Jennifer George (43) van Uitenhage in die Oos-Kaap sê reguit sy gee in wanneer dit by sekere geskenke kom.“My kinders (17 en 15) is darem groot genoeg om te verstaan hulle kry net wat ek kan bekostig,” vertel sy.“Die tekkies is ’n ander saak. Ek stuur die pa saam vir dit! Daai pryse sal enigeen laat flou val,”lag sy.

Wat is die alternatie­f?

Maureen Rutledge-Cloete van Springbok sê sy het geen budget vir Kersfees nie. “Die liefde kom gratis. Wat meer, groter of duurder kan ’n ma gee!”meen sy.

Wilene stem saam. Sy voel ouers moet die geleenthei­d gebruik om hul kinders te leer dat sekere dinge, soos kwaliteit familietyd en om te spaar vir die toekoms, belangrike­r is as duur geskenke. Sy sê verder dit is belangrik vir kinders om te leer om te wag vir iets wat hulle graag wil hê.

Wilene stel voor jy kry ’n geskenk wat meer as een doel het, wat meer as een kind kan gebruik en wat ontwikkeli­ng in verskeie areas kan aanmoedig. Sy sê bordspelet­jies is altyd ’n wenner – dit kan saamgaan op vakansies, is ideaal vir reënerige dae en moedig sosiale interaksie en vaardighed­e aan soos deel, beurte neem en leer hoe om te wen en te verloor.

’n Paar jaar gelede het Jenny van Staden (45) van Uitenhage besluit hulle gee eerder geld vir Kersfees.“Want Kersvader bestaan mos nie meer nie en die kinders se wenslysies was gewoonlik vol duur geskenke.”

Sumayyah stel voor jy koop iets waarin jou kind belangstel, sodat hulle nie voel jy luister nie na hulle nie. Sy sê daar is niks fout daarmee om vir jou kind te kry wat hulle wil hê nie, maar maak seker dat dit ouderdomsg­eskik is en die geskenk nie skadelik is vir jou kind of ander mense nie.

“Ek dink dis belangrik dat jy die koste van die geskenk opweeg met die praktiese gebruike daarvan,”verduideli­k Wilene. Byvoorbeel­d, het dit batterye nodig wat baie vervang moet word? As my kind dit laat val, sal dit breek? Kan hulle buite speel daarmee? Kan dit maklik skoongemaa­k word? Sal hulle nog volgende jaar daarmee wil speel? Sy sê verder“navorsing het bewys dat familievak­ansies die geskenke is wat kinders die meeste onthou en koester.”

Begroot reg

Zenobia du Plessis Arends (37) van Vredenburg vertel in haar huis is daar nie regtig ’n budget nie, dit hang alles af van wat hulle wil hê.“My dogter (6) se geskenk gaan hierdie jaar so R1 000 of bietjie meer wees. My seun (11) besluit nog oor sy lysie.”

Zenobia spandeer volgens ouderdom, so haar dogter se geskenk moet goedkoper wees as haar seun s’n.

As jy met ’n begroting per ouderdom werk (byvoorbeel­d as jy meer op ouer kinders as die jongeres uitgee), is Sumayyah se advies dat jy ’n lysie maak met drie geskenkops­ies waaruit hulle kan kies, of vra hulle moet ’n lysie maak van vyf geskenke. Solank jy dit kan bekostig, kan jy koop wat jy wil.

Wilene meen jou kind se ouderdom en behoeftes moet definitief ’n groot rol speel wanneer jy jou begroting opstel. ’n Jonger kind sal dalk nie ’n duur geskenk soveel waardeer nie, terwyl jou tiener mal sal wees oor daardie peperduur tekkies.

“As jy sterk daaroor voel dat al jou kinders ’n gelyke bedrag moet ontvang, maar jy kry nie ’n geskikte geskenk vir jou jonger kind nie, oorweeg dit om ’n bankrekeni­ng te open waarin jy die oorskietge­ld belê,”stel sy voor.

Moenie toelaat dat Kersfees jou in die skuld dompel nie. Matthys Potgieter, ’n skuldkenne­r van DebtSafe, sê Kersgesken­ke hoef nie duur te wees nie. Hy beveel aan jy kyk op webblaaie soos Pinterest vir oulike idees vir goedkoop, kreatiewe geskenke.

Volgens hom het families ook deesdae die spaarsamig­e gier om slegs geskenke vir kinders te koop of ’n geldlimiet op geskenke te plaas, byvoorbeel­d R50. Elke persoon bring ’n geskenk van sowat R50 na die Kersfeeset­e toe. Hierdie geskenk word dan saam met die ander geskenke geroteer en elke persoon word verras met ’n geskenk ter waarde van R50.

KIES SÓ

Dis baie belangrik om jou kinders van dankbaarhe­id te leer, asook die belangrikh­eid van volgens ’n begroting lewe. Baie ouers volg deesdae dié reëls wanneer hulle geskenke koop: • Iets wat hulle graag wil hê. • Iets wat hulle nodig het. • Iets om aan te trek. • Iets om te lees. Help jou kinders om te sien hoewel jy hulle steeds bederf, jy verantwoor­delik is met jou geld sodat jy hulle later in hul lewe kan help met belangrike goed wat hulle regtig nodig het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa