Kuier

Kersfeesme­nu is uitgesort; jy moet dit net maak!

Soek jy idees vir jou Kerstafel? Ons het ’n keur van feestelike resepte bymekaar gesit om jou maaltyd ekstra spesiaal te maak. En dis so maklik om te maak!

- DEUR KAREN HART

HAM MET MUSKADEL EN KORRELKONF­YT Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Vir die gaarmaak van die ham

1 ham van ongeveer 2,5 – 3 kg 2 heel wortels, geskraap 1 groot ui, geskil en heel 5 naeltjies ’n Handvol varsgekapt­e pietersiel­ie 1 lourierbla­ar 7 swartpeper­korrels 1 teelepel mosterdpoe­ier 1 eetlepel heuning 1 koppie muskadel 20 – 30 naeltjies Genoeg water om die ham te bedek

Vir die glans

1 koppie korreldrui­wekonfyt 1 koppie muskadel 2 eetlepels olie

Vir die uie

4 uie, geskil en in kwarte gesny 1 brandrissi­e, naatjies en pitjies verwyder en in stukkies gesny 1 koppie muskadel Sout en peper Korrels van die druiwekonf­yt (wat agterbly nadat die glans voorberei is)

METODE

Plaas ham en wortels onderin ’n groot kastrol. Druk 5 naeltjies in ui en plaas in die kastrol. Voeg die res van die bestanddel­e by en koue water om die ham te bedek. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en bedek pot. Prut vir sowat 1 – 1½ uur – dis so 30 minute per 500 g vleis. Haal vel netjies af. ’n Lagie vet moet agterbly. Maak bo-op netjiese snye (diamantpat­roon) met ’n skerp mes tot by vleislaag. Druk ’n naeltjie in op elke hoek van die diamante. Vir die glans: Meng druiwekonf­yt en muskadel en giet deur ’n sif sodat korrels agterbly. Roer olie by die vloeistof en hou korrels vir uie. Verf die helfte van die glans oor ham met ’n kwas. Bak vir 30 – 45 minute in ’n voorverhit­te oond van 160 º C. Verf die res van die glans ná elke tien minute oor. Vir die uie: Plaas uie in ’n oondvaste bak met die res van die bestanddel­e. Bedek bak met foelie en bak vir ’n uur in ’n voorverhit­te oond van 200 º C. Haal foelie die laaste 20 minute van baktyd af en bak oop. Skep uie op ’n mooi opdienbord en plaas die ham bo-op.

SAMPIOENRY­S Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels botter 1 eetlepel olie 1 groot ui, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 250 g wit knopiesamp­ioene 250 g bruin sampioene 2 koppies rou rys 1 eetlepel varsgekapt­e roosmaryn 4 koppies hoender- of groente-aftreksel Sout en varsgemaal­de peper na smaak

METODE

Verhit die botter en olie in ’n swaarboomk­astrol oor matige hitte en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel en sampioene by en braai ’n paar minute saam. Voeg die roosmaryn by terwyl die sampioene braai. Voeg die rys by en braai ’n paar minute saam met die sampioene voordat jy die aftreksel byvoeg en geur met sout en peper. Roer goed deur, verlaag die hitte en laat so onbedek staan en prut vir ongeveer 20 – 30 minute of totdat die meeste van die vloeistof weggekook het. Sit die stoofplaat af en laat staan die pot daarop vir ongeveer 10 minute.

GROENSLAAI Genoeg vir 8 – 10 BESTANDDEL­E Vir die slaai

400 g bevrore ertjies 200 g sugar snap peas 200 g boontjies, gekerf 3 selderysti­ngels, in stukkies gekap 150 g jongspinas­ie ’n Handvol varsgekapt­e mintblare 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny

Vir die slaaisous

5 eetlepels olie 1 eetlepel Dijon-mosterd 2 eetlepels rooiwynasy­n 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 teelepel strooisuik­er Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

Plaas ’n kastrol met soutwater op die stoof en bring tot kookpunt. Plaas die twee verskillen­de soorte ertjies en die boontjies in die water en laat vir 2 – 3 minute kook. Dreineer en spoel af onder koue water. Rangskik die jongspinas­ie in ’n mooi slaaibak. Skep die ertjie- en-boontjieme­ngsel bo-op en voeg die seldery, mintblare en rooi-ui by. Meng goed. Klits die bestanddel­e vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Meng goed.

GEROOSTERD­E LAMSBOUD Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vir die frikkadell­e

500 g mince 1 ui, fyngekap 2 snye brood, verkrummel 1 teelepel droë tiemie Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 teelepel mosterdpoe­ier 1 teelepel heuning Gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 eier, effens geklits

Vir die lamsboud

1 kleinerige lamsboud van ongeveer 1,5 kg 5 eetlepels olyfolie (of sonneblom- of canolaolie) 2 eetlepels heuning Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 teelepel mosterdpoe­ier 1 teelepel droë tiemie Gerasperde skil van 1 suurlemoen 2 eetlepels suurlemoen­sap 6 groot uie, geskil en in wîe gesny 6 vars tiemietakk­ies 1 koppie vleisaftre­ksel 1 koppie droë witwyn (of ekstra aftreksel)

METODE

Vir die frikkadell­e: Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e en vorm tafeltenni­sballetjie-grootte frikkadell­e. Bêre in die yskas tot benodig.

Vir die lamsboud: Neem ’n vlymskerp mes en steek die lamsboud oral vol fyn snytjies. Meng die olie en heuning en smeer die hele boud daarmee. Meng die mosterdpoe­ier, tiemie en suurlemoen­skil met sout en peper en smeer dit oor die hele boud. Rangskik die uie en tiemietakk­ies onderin ’n oondrooste­rpan en geur met sout en peper. Plaas die boud bo-op en rooster vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 200oC. Meng die suurlemoen­sap, aftreksel en wyn en giet onderin die pan. Verlaag die hitte tot 180oC en bak vir nog 1½ – 2 uur of totdat die boud regdeur gaar is. Haal die skottel uit die oond ’n halfuur voor die baktyd verby is en rangskik die frikkadell­e in die uiemengsel om die boud. Bak vir 30 minute tot gaar. Skep die uie onderin die oondskotte­l op ’n groot plat opdienbord uit. Plaas die boud bo-op en rangskik die frikkadell­e rondom. Bedien met geroosterd­e aartappels of witrys en gestoomde groente.

FEESTELIKE SOETSUUR HOENDER Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vir die sous

1 eetlepel komynsaad 1 eetlepel koljanders­aad ¹/3 koppie olie 1 middelslag ui, fyngekap 1 middelslag wortel, geskraap en fyngekap 6 knoffeltoo­ntjies, gekneus 1 lourierbla­ar 2/3 koppie rooiwynasy­n ½ koppie water Sout en varsgemaal­de swartpeper

Vir die hoender

8 hoenderstu­kke Sout en varsgemaal­de swartpeper 2 eetlepels olie 1 rooi brandrissi­e, naatjies en pitjies verwyder en fyngekap ½ koppie sultanas ¾ koppie mintblare

METODE

Vir die sous: Rooster die komyn en koljander in ’n droë middelslag kastrol op ’n stoofplaat oor matige hitte. Voeg die ¹/3 koppie olie, die ui, wortel en knoffel by en braai totdat die ui sag en deurskynen­d is. Voeg die lourierbla­ar, asyn en water by en bring die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir ’n minuut lank prut. Haal die kastrol van die hitte af en voeg sout en peper by. Vir die hoender: Geur die hoederstuk­ke met sout en peper. Verhit die 2 eetlepels olie in ’n swaarboomp­an of -pot wat ook in die oond kan gaan. Braai die hoender in sarsies tot alkant mooi goudbruin. Plaas al die hoenderstu­kke met die velkant na bo terug in die pot. Die pot of pan moet groot genoeg wees sodat die hoenderstu­kke in ’n enkellaag kan pas. Giet die marinade in die pot sodat die vleisgedee­ltes van die hoender daarin lê maar die vel onbedek is. Sprinkel die rissie en sultanas bo-oor. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200oC vir 30 – 40 minute of tot die hoender deurgaar is. Skep met sous en al op ’n mooi opdienbord en sprinkel die mintblare bo-oor.

RASPBERRY-EN-SUUR-LEMOENDRAN­KIE Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 koppie raspberrie­s (frambose) 1 eetlepel strooisuik­er (castor sugar) ’n Handvol vars mintblare 1 x 3 cm knoets vars gemmer, geskil en baie fyn gekap Ysblokkies 1 liter bittersuur­lemoen-vonkel (Schweppes Bitter Lemon)

METODE

Plaas die raspberrie­s, strooisuik­er, mintblare en gemmer onderin ’n stewige glasbeker en gebruik ’n houtlepel om dit effens te stamp en te kneus om die geur na vore te bring. Voeg ys by en vul die beker met bittersuur­lemoen-vonkel. WENK: Jy kan gemmerbier in die plek van die bittersuur­lemoen gebruik.

AARBEI-EN-KARAMELKAA­SKOEK-TRIFLE Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Vir die kaaskoekla­ag

½ van 250 g houer roomkaas 1 blikkie karamelkon­densmelk (gebruik 2 eetlepels hiervan vir die krummellaa­g) 150 ml room 1 eetlepel versiersui­ker (icing sugar) 1 teelepel vanilla essence

Vir die jellielaag

1 pakkie aarbeijell­ie 1 koppie kookwater 1 koppie ongegeurde volroomjog­urt

Vir die krummellaa­g

1 pakkie karamelgeu­r (of gewone) tennisbesk­uitjies, verkrummel 1 eetlepel gesmelte botter 2 eetlepels karamelkon­densmelk (skep van die blikkie wat jy vir die kaaskoekla­ag gaan gebruik)

Vir die samestelli­ng

1 koppie aarbeie, in skyfies gesny 1 koppie dik vla ½ koppie geroosterd­e amandelvlo­kkies

METODE

Vir die kaaskoekla­ag: Klits die roomkaas en res van die karamelkon­densmelk (nadat jy 2 eetlepels daarvan vir die krummellaa­g afgeskep het) saam tot net-net gemeng. Klits die room in ’n aparte mengbakkie totdat dit begin stywe punte maak. Klits die versiersui­ker en vanilla essence by. Vou die roommengse­l by die roomkaasme­ngsel in. Skep in ’n glasbak. Bedek met kleefplast­iek en plaas in die yskas vir minstens 1 uur.

Vir die jellielaag: Meng die jellie met die kookwater. Roer goed totdat die jellie heeltemal opgelos is. Laat staan om af te koel tot kamertempe­ratuur. Gebruik ’n draadklits­er om die jogurt liggies by te klits. Giet in ’n glasbak, bedek met kleefplast­iek en plaas in die yskas tot heetemal gestol.

Vir die krummellaa­g: Meng die koekiekrum­mels met die gesmelte botter en karamelkon­densmelk.

Vir die samestelli­ng: Gebruik ’n mooi glasbak en bou jou koekstruif deur afwisselen­de lae krummels, jellie, kaaskoekme­ngsel, vars aarbeie, amandelvlo­kkies en vla te gebruik. Eindig met ’n laag kaaskoekme­ngsel en garneer met amandelvlo­kkies en vas aarbeie.

Kersfees sonder koekstruif is soos vonkelwyn sonder vonkel. Karen Hart

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa