Kuier

Jong sepie-akteurs stralend en sexy op die kassie

Hulle is jonk, vuurwarm en boonop talentvol. Hierdie Suidooster- manne is nog nuut op die kassie, maar het reeds diep in vroueharte gekruip en hulle wil nog baie bereik in hul loopbaan.

- DEUR Tarren-lee habelgaarn

Ons het nogal hot gevoel dat soveel Kuier- vroue mal is oor ons!

van die oomblik af wat die sexy, jong Suidooster- akteurs Dean Smith (23) en Eden Classens (26) ’n vertrek binnestap, lig hulle sommer die gemoed. Dit maak nie saak of jy dalk ’n slegte dag het nie, net een kyk in Eden se hemelblou oë en in Dean se sensuele grasgroene­s, sal jou wêreld weer heeltemal oukei voel. En o, liewe mens, moenie dat Eden wys watter resultate sy ure in die gym lewer nie! Vergewe tog dat ons ’n bietjie swymel oor Dean en Eden, maar soms moet ’n mens ’n bietjie waardering hê vir die Liewe Vader se handewerk. By Kuier se Moedersdag-geleenthei­d in Mei vanjaar was lesers ook heeltemal gaande oor Dean en Eden. Een leser het oor Dean se oë opgemerk:“Yor, kyk dié klong se oë! ’n Mens kan wegraak daarin!”Iemand anders, wat al Eden se six pack in Suidooster gesien het, wou glad hê hy moet sy abs wys, maar dit was nie haar lucky dag nie! Maar dit was die vroue in die Kuier- span se lucky dag toe dié twee hunks ons kom besoek het vir hul fotosessie en Eden, ook ’n model, sy hemp met graagte uitgetrek het. Die slegte nuus is dat Dean klaar gevat is. Hy en die mooie Vashti Prins (Danni in Suidooster) is al vir byna drie jaar ’n paartjie en Eden het ook iemand spesiaals ontmoet. Dié twee dink egter nie hul looks is iets om oor huis toe te skryf nie. Maar hulle erken tog,“ons het nogal hot gevoel”by

Kuier se Moedersdag-geleenthei­d“dat soveel vroue mal is oor ons!”Dit het hulle awesome laat voel, maar vir Dean was sy looks nog nooit iets wat vir hom uitgestaan het nie. Hy kom skaam voor wanneer ons oor sy looks praat en grap dat hy nie regtig aandag aan die meisies gegee het op skool nie. Eden gym gereeld en mag dalk ’n model wees, maar hy is ook nie behep met sy looks nie. Hy wil wel goed lyk, veral voor die kamera, op die beach of mode shoots.

Nou dís mos waarvan ons hou – aantreklik­e mense wat nie eens weet hulle is aantreklik of afshowerig is daaroor nie. Maar wat ons harte selfs warmer laat klop vir Dean en Eden, is hoe plat op die aarde hulle is en hoe hulle die lewe (mét sy uitdagings) embrace en hoe hulle hierdie fase van hul lewens en loopbane net geniet.

lekker chemistry

Dean en Eden het lekker chemistry. Hulle is snaaks, rustig en hou daarvan om soms die gek te skeer. Dit is duidelik dat hulle nie net lekker saam werk nie, maar ook goeie vriende is en dít, meen hulle, is omdat menseverho­udings nog altyd vir hulle albei belangrik was.

Dean, oorspronkl­ik van Malmesbury in die Wes-Kaap, is die jongste van drie kinders en wanneer hy nie werk nie, is daar niks wat hy meer geniet as om tyd saam met sy familie te spandeer nie. Hy beskryf sy gesin as ’n hegte familie en meen hulle is netso snaaks en animated al is hy die akteur in die huis.

Eden is oorspronkl­ik van KwaZulu-Natal en vir meeste van sy lewe het hy daar saam met sy ma grootgewor­d totdat hy op hoërskool saam met sy pa in Kempton

Park in Johannesbu­rg gaan woon het.

Sy pa was ’n hoteleiena­ar en het ’n paar hotelle besit. Hoewel dit na pret mag klink en mens sou dink dat dit lekker moet wees om ná skool saam met jou vriende in ’n hotel te kuier, was dit nie altyd maklik nie. Sy pa moes baie werk en soms het Eden daardie gewone gesinsomge­wing gemis, maar daar was altyd liefde en ondersteun­ing en dít is wat Eden, soos Dean, vandag koester.

Ouers se invloed

Hul ouers het hulle van kleins af aangespoor om hul drome te volg en nou kan hul families vandag trots wees op hul prestasies. Dean mag dalk nog ’n nuwe TVgesig wees, maar is al sedert sy studenteda­e ’n gereelde gesig in die teaterwêre­ld. In 2014 het hy die Fleur du Cap vir die beste teaterstud­ent gewen. In 2015 het hy ’n Fiësta-toekenning vir beste manlike byspeler gewen en verlede jaar vir die beste manlike akteur by Aardklop.

Hy was onlangs in die fliek Vaselinetj­ie op die silwersker­m te sien. Dis sy eerste fliek. Sy tweede fliek, Liewe Kersfeesva­der, het verlede week in fliekteate­rs begin draai.

“Ek was meer excited as enige ander persoon wat daar was (by Liewe Kersfeesva­der se vertoning). Ek was soos ’n klein seuntjie, ek kon nie glo ek was in ’n movie nie. Dit was amazing en ek is so dankbaar, maar nou wil ek nóg hê!”sê hy opgewonde.

Dean beskou homself as gelukkig omdat sy ouers nooit vir hom probeer keer het om sy akteursdro­om na te volg nie.

“My ouers het altyd gesê doen wat jy wil en as dit ’n fout is, dan leer jy daaruit.”

Eden het ook van kleins af ’n liefde vir vermaak en het in graad 4 aan sy eerste produksie deelgeneem. Hy het in graad 10 ophou sport doen sodat hy voltyds op drama kon konsentree­r. In graad 12 het hy die geleenthei­d gekry om New York toe te gaan om tydens ’n vakansie te sien wat die New York Film Academy aanbied.

Sy pa was in sy graad 11-jaar met kanker gediagnose­er, maar het vir Eden aangespoor om te gaan. En na skool het hy toe by die New York Film Academy aangesluit.

“Selfs toe my pa baie siek was, het hy vir my gesê om my drome te volg. Ek was gelukkig genoeg dat my ma, pa en stiefma hul ondersteun­ing gegee het. Hoewel my pa wou hê dat ek in die hotel industry moet gaan, het hy my steeds ondersteun en New York toe gestuur om drama te gaan studeer,” sê hy.

Maar daar alleen in die vreemde was dit nie altyd maklik nie. Sy familie was ver en sy pa het met ’n dodelike siekte geworstel. Om sakgeld te kry, het hy tussendeur sy studies modelwerk begin doen nadat iemand hom op die straat gesien het en hom ’n kontrak aangebied het. Eden doen steeds modelwerk en het al aan groot modegeleen­thede soos New York en Milan Fashion Week deelgeneem.

Maar in sy derde jaar in Amerika het sy pa se gesondheid drasties verswak en hy het vir Eden gevra om terug te kom.

“Dit was ’n moeilike besluit, maar ek het geweet ek moet by my pa wees. Toe ek huis toe trek, was hy baie swak en het ons slegs ’n paar maande saam gehad. Dit was die donkerste tyd in my lewe. Ná my pa se dood het ek myself heeltemal onttrek. Dit het langer gevat as wat dit moes, maar ek moes myself eers weer vind en op my manier daarmee vrede maak,”vertel hy.

Al is Eden van nature ’n lighartige persoon, verkies hy om donker rolle te vertolk. Dit is juis hoekom die rol van Justin in

Suidooster aan die begin so ’n uitdaging vir hom was omdat Justin heeltemal anders as sy eie persoonlik­heid is.

“Ek wil ’n karakter-akteur wees, ek wil maande spandeer om daardie persoon te word. Ek wil gewig optel en verloor en heeltemal verander vir die karakter. Ek het ’n gestremde gespeel in ’n short film en het vir weke in ’n rolstoel gesit sodat ek myself in daardie rol kon inleef,”sê hy.

Dean stem ook saam dat rolle jou moet uitdaag. Hoe meer challengin­g en hoe meer jy daarvoor moet werk, hoe meer waardeer jy dit, sê Dean.

Hoewel hulle albei al sukses behaal het, is hulle net Dean en Eden wanneer hulle saam met vriende en familie is en sien hulle hulself glad nie as famous nie.

“Dit is vir my nog weird, maar so lekker wanneer mense ’n foto saam met my wil neem. Vir my familie is dit ook vreemd, maar ek hou daarvan om te sien hoe mense hul self verloor wanneer hulle ons sien en dan besef jy watter impak jy op ander se lewens het,”sê Dean.

Op sy beurt, sê Eden hy weet alles wat hy het, is aan die einde van die dag net deur harde werk en die genade van die Here moontlik. Hy kan dit nie kop toe vat nie, want dit kan enige tyd weggeneem word.

Nou hoe kan ’n mens se hart dan nie smelt vir dié twee nie?

 ??  ??
 ??  ?? Die sexy Suidooster
akteurs Dean Smith (links) en Eden Classens (regs) smeul voor die kamera.
Die sexy Suidooster akteurs Dean Smith (links) en Eden Classens (regs) smeul voor die kamera.
 ??  ??
 ??  ?? pret, maar wil VAN LINKS NA REGS: Dean en Eden hou albei van moet werk. karakters met oemf vertolk en waarvoor hulle hard
pret, maar wil VAN LINKS NA REGS: Dean en Eden hou albei van moet werk. karakters met oemf vertolk en waarvoor hulle hard
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa