Kuier

Voëlgriep rede agter eiertekort­e en hoë pryse

Dis glad nie jou verbeeldin­g as jy dink die eier- en hoenderpry­se het skielik die hoogte ingeskiet nie.

- Deur Marteli Brewis

Kersfees kom vinnig nader en soos gewoonlik beteken dit baie kook en bak vir die groot dae. Maar dit lyk asof sommige tafels vanjaar leër as gewoonlik gaan wees weens stygende kospryse.

Nie net het die swak ekonomiese toestande begrotings laat krimp nie, maar as gevolg van die krisis in ons land se hoenderbed­ryf is eiers en hoenders deesdae peperduur.

Die bedryf gaan tans erg gebuk onder die verwoesten­de aansteekli­ke pluimveesi­ekte H5N8, algemeen bekend as die gevreesde voëlgriep. Een van die gevolge van hierdie epidemie is die huidige eierskaars­te.

Die gebrek aan eiers op winkelrakk­e het tot groot kettingwin­kels genoop om kennisgewi­ngs aan te bring om verbruiker­s in te lig oor die tekorte en prysstygin­gs.

Diane van Wyk van Kekkel en Kraai in die Paarl sê hoewel haar winkel nie tans met tekorte sukkel nie, moes eierpryse noodgedwon­ge van Augustus af aansienlik styg weens die tekort. Voor Augustus het 15 eiers byvoorbeel­d R18 by Kekkel en Kraai gekos, maar vandag sal dieselfde hoeveelhei­d jou R30 uit die sak jaag – dus ’n styging van byna 50%.

Sy sê haar klante verstaan en aanvaar die situasie, maar begin nou baie minder eiers koop.“Hulle is maar vies, maar wat kan mens nou doen? In plaas van 30, koop meeste nou net 15 op ’n keer,”sê sy.

Lesers lê hul eier

Fredeline Adams-Carolus (34) van Worcester vertel: “Ai, dis ’n teer punt vir my. Ek sien regtig nie kans om R60 vir 30 eiers te betaal nie. Waarnatoe is ons op pad?”

Natalie Arendse (36) van Mitchells Plain se gesin voel ook die tekort.“Die eiers is baie duur! Ons koop nog, maar ons eet dit nou net oor die naweek vir ontbyt. Ek bak ook nie meer nie, want dis goedkoper nou om maar by die bakkery te koop. Ek maak ook eerder omelette, want dit gaan verder,” sê Natalie.

Clif Johnston, ondervoors­itter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruiker­sunie (SANCU), verduideli­k dat eiers, naas hoender, die mees ekonomiese bron van proteïen is.

Oor die afgelope tien jaar het hoenderver­bruik in Suid-Afrika toegeneem met meer as 70%. Daarom sal die eiertekort en die prysstygin­g wat daarmee gepaardgaa­n, mense wat staatmaak op eiers as deel van hulle daaglikse dieet, baie swaar tref. Hy sê verder sal dit bakkers ook raak en mense sal dalk sukkel om hulle gunsteling-gebak te vind of te bekostig.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) voorspel dit gaan ongeveer ses maande neem vir plase om weer heeltemal produktief te word en dit kan tot twee jaar duur vir eiervoorra­de om te herstel. Tensy jy geen kind of kraai het nie, mag hierdie nuutste terugslag dalk voel of ons net ’n hanetreetj­ie van ’n volslae kos-ramp af is . . .

Wat is aan die broei?

Miljoene hoenders moes onlangs van kant gemaak word en ongelukkig is die een se dood nie in hierdie geval die ander se brood nie . . . Inteendeel! Nou sit ons met ’n eiertekort wat kan lei daartoe dat pryse met soveel as 20% styg, waarsku die SAPV. Hoewel daar berig is dat die SAPV oorweeg het om eiers in te voer, sal dit te onekonomie­s wees omdat eiers so ’n hoë vervoerkos­te het.

Louw Pienaar, senior landbou-ekonoom by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, verduideli­k voëlgriep is ’n virale siekte (soos mensgriep). Dis hoogs aansteekli­k, kan baie vinnig versprei en dit kan die meeste voëlspesie­s aantas. Volgens hom het 12 kommersiël­e eierboere reeds deurgeloop onder die virus en 2,7 miljoen van die ongeveer 4 miljoen hoenders in Suid-Afrika én al hul eiers is van kant gemaak – dit is meer as 60% van die Wes-Kaapse lê-henpopulas­ie. (Twee kommersiël­e braaihoend­erplase en twee eendplase het ook verliese gelei.) Dit beteken dat hulle nou hoenderloo­s en handjies gevou moet sit en wag vir ongeveer 42 dae om te verseker dat hulle plase griep-vry is voordat hulle weer kan begin boer, mits die staatsveea­rts die jawoord gee. As gevolg van die geweldige finansiële implikasie­s van hierdie krisis, is daar ’n groot kans dat ’n paar van die boere egter sal besluit om om nie van vooraf te begin nie. Louw meen hierdie krisis het natuurlik ’n enorme impak op die eierproduk­sie siklus en ’n langtermyn effek op eierbeskik­baarheid en pryse. Die eerste geval van H5N8 in die SuidAfrika­anse pluimveebe­dryf is op 21 Junie vanjaar in Mpumalanga aangemeld. Die eerste hoenders in die Wes-Kaap is in Augustus in die Paardeberg-vallei area gediagnose­er. Ongelukkig is daar ’n hele paar dosyn eierboere in hierdie area wat redelik naby aan mekaar boer en die virus het baie vinnig versprei, veral deur kontak met besmette wilde voëls. Dis hoekom die Wes-Kaap se eiermandji­e so leeg is. Die skade wat voëlgriep sover berokken het, beloop reeds miljoene rande – volgens Louw se beraming is die totale verlies as gevolg van die krisis rondom R818 miljoen! Die R40 miljoen wat die regering beskikbaar gaan stel om te help, is dus nie naastenby genoeg nie. Om dinge nog erger te maak, is van die teelplase waar boere hulle hoenders kry, ook onder kwarantyn. Dit beteken die tekort aan lê-henne gaan miskien nog ’n hele paar maande voortduur.

Wat’s die vooruitsig?

Hoewel pryse op die korttermyn kan styg, voel Clif dit sal vinnig normalisee­r sodra eierboere weer op die been kom. SANCU glo nie die impak sal naastenby so erg wees as wat die huidige droogte byvoorbeel­d op meelpryse het nie.

Volgens hom maak die huidige eiersituas­ie dit baie moeilik om vraag en aanbod te bepaal.“Wanneer mense dínk daar is ’n tekort aan iets, veroorsaak dit baie keer paniek-aankope, waar mense dosyne eiers sal koop en só die probleem vererger.”Maar volgens SANCU sal dinge vinnig terugkeer na normaal, soos wat eiers van ander areas ingebring word om die tekorte aan te vul.

Louw sê egter dit hang alles af van wat in die volgende paar maande gebeur. Dis moontlik dat die virus minder aktief sal wees in die somer, maar verdere uitbrake is steeds moontlik. Indien die virus verder versprei in ander provinsies of selfs sekere plase ’n tweede keer kniehalter, kan dit die huidige situasie vererger.

Wat kan jy doen?

’n Halwe eier is beter as ’n hele dop. Omdat eiers vir ’n paar weke ná die“sell-by”date gebruik kan word sonder groot risiko (mits dit in die yskas gestoor word), stel Clif voor dat jy ’n klein bietjie voorraad opbou as jy eiers teen ’n billike prys kan kry. Maar SANCU raai jou af om baie ekstra eiers te koop indien die prys reeds baie hoër is, aangesien die pryse vinnig en aansienlik kan daal wanneer die produksie weer op die been is, waarsku hy.

Volgens Louw veroorsaak die heersende droogte dat vleispryse astronomie­s styg en al is eiers en hoendervle­is deesdae duurder, is dit (en melk en kaas) steeds die goedkoopst­e proteïen-opsie.

So, jy moet maar vasbyt en doen wat jy kan en moenie al jou eiers in een mandjie gooi nie!

Geen eiers? Geen probleem

Jy kan steeds bak en brou, al is eiers skaars. Hier is ’n paar plaasverva­nger-idees van www.pccmarkets.com. Hulle is nie perfek nie, maar kan die ding doen:

Vervang een hele eier met 30 ml water en 3 ml bakpoeier.

Jy kan ook een eetlepel asyn en een teelepel bakpoeier probeer.

Meng een teelepel flaxseed meel met ’n kwart koppie kookwater vir elke groot eier. (Laat dit eers afkoel voordat jy dit gebruik.)

Mash ’n halwe piesang of ’n kwart koppie appelsous (enige pureed vrugte of groente kan werk). Dit werk baie goed vir veral muffins en pannekoeke.

Vervang een eier met ’n kwart koppie plain jogurt.

VIER miljoen hoenders én hul eiers is al in SA weens die krisis van kant gemaak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Winkels sit kennisgewi­ngs op vir hul klante oor die tekort aan eiers of uitermatig­e hoë pryse.
Winkels sit kennisgewi­ngs op vir hul klante oor die tekort aan eiers of uitermatig­e hoë pryse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa