Kuier

Voormalige bendelid bou nuwe lewe as advokaat

Trane van dié oudbendeli­d se dogter ruk hom tot realiteit en nou is hy ’n advokaat.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Die spreekwoor­d sê mos elke donker wolk het ’n silwer rand, maar só ook is die lewe, want wie sou nou kon raai ’n voormalige bendelid, iemand wat gelyk het asof hy net bestem is vir die tronk, sal vandag pleks van ’n tronkpakki­e, ’n pikswart advokaatst­oga dra!

Die stigma van voormalige Americansb­endelid is nie ’n maklike een om te af te skud nie, maar as daar een ding is wat Shawn Ferreira (38) van Dysselsdor­p se verkeerde keuses hom geleer het, is dat jy ewe maklik die keuse kan maak om jou lewe om te draai. En tesame daarmee om nie verskoning­s te soek vir jou keuses of redes te soek vir hoekom die lewe nie vir jou geleenthed­e gee nie. Jy moet dit self loop soek, want as hy vir beter dae gewag het, sou hy nie na dese homself as“advokaat Shawn Ferreira”kon voorstel nie.

In die vroeë 2000’s toe Shawn erg die pad byster was, het hy in ’n stadium 13 sake teen hom gehad, maar hy is onskuldig bevind op alle aanklagtes teen hom. Hieroor sê Shawn:“My laaste saak het einde 2003 klaargemaa­k. Dis net die Hoër Gesag se hand op my lewe wat hier ’n rol gespeel het. Jy moet self besluit wat jy wil doen en of jy geleenthed­e gaan aangryp wat jou kant toe kom.”

Shawn vertel die keerpunt om sy lewe in ’n ander rigting in te stuur, was toe sy oudste dogter (toe een jaar oud) hom een Son-

dag in die tronk besoek het. Hy was toe verhoorafw­agtend. Sy dogter het begin huil en“ek kon nie emosie wys nie, want dan is jy nie ’n man nie”. Terug in sy sel, het hierdie toneel herhaaldel­ik voor hom afgespeel en hy het net besluit dit kan nie wees hoe hy die res van sy lewe gaan leef nie. ’n Lewe van sinnelose wetteloosh­eid kon mos nie ál wees wat daarbuite is nie en dit kon nie al wees waartoe hy in staat is nie.

Toe Shawn uit die tronk kom, het hy weer afgedwaal op sy ou ways, maar het nie weer in die tronk beland nie. Toe hy in 2004 uit Dysselsdor­p na Upington in die Noord-Kaap toe trek en daarna Kaap toe waar hy as sekuriteit­sbeampte gewerk het, het die donker wolke oor sy lewe stadig maar seker begin wegskuif. Mense het oor sy pad gekom wat hom geïnspiree­r het om sy regsstudie­s – wat hy in 1998 begin, maar drie jaar later laat vaar het – weer te hervat.

Nuwe rigting

En dis hoe Shawn in 2007 sy LLB-regstudies weer van nuuts af (hierdie keer deur Unisa) begin. Hy het elke enkele sent wat hy kon afstaan van sy salaris gebruik om vir sy studies te betaal. Dit het dus uiterste selfdissip­line en finansiële en persoonlik­e opoffering­s van Shawn gekos om deur te druk tot 2015 toe hy sy studies suksesvol voltooi het. Sy huwelik het in die proses verbrokkel, maar Shawn het deur hierdie hartseer gemotiveer­d en gefokus gebly, want dis die keuse wat hy gemaak het – om ’n advokaat te word, kom wat wil!

Shawn vertel hy het as die oudste van twee seuns in Dysselsdor­p, ’n klein dorpie sowat 25 km buite Oudtshoorn in die Suid-Kaap, grootgewor­d. Hy sê voorts toe demokrasie ’n realiteit word, was daar ’n oplewing in die dorp, maar nou is dit ’n ander prentjie.

“Dinge lyk nou treurig om die waarheid te sê. Daar is seisoenwer­k, maar daar is ook die dwelmprobl­eem onder jongmense en armoede. Ek hoor baie‘dié plek (Dysselsdor­p) is nie reg nie’, maar ek sou sê,‘die mense is nie reg nie’. Dis nie die plek wat die probleem is nie, dit hang regtig van ons af; watter keuses ons gaan maak.”

Shawn onthou hoe hy self op 17 met drank begin eksperimen­teer het en kort voor lank saam met“vriende”uitgehang het wat“’n bier of twee gekoop het”.“En voor jy jou kom kry, word jy ingetrek by sulke (bende-)bedrywighe­de. My ma het my uitgevra, maar dan het ek als ontken en gesê die mense skinder,”vertel hy.

Shawn was van die laat jare negentigs tot vroeë 2000’s lid van die Americansb­ende en in die paar jaar voor hy die bende verlaat het, was hy ver heen en het hy belangstel­ling in ’n normale lewe verloor. Dit was tot daardie betrokke Sondag in die tronk toe sy dogter se trane by hom gespook het.

Toe Shawn in die Kaap as sekuriteit­sbeampte begin werk het, het hy gedink om iets beter te doen, maar erken hy was“ook maar bangerig om iets te probeer”.

En dit was, soos die keer met sy dogter, ook ’n Sondag toe een van die sakemanne wat ’n spasie op die perseel huur wat hy opgepas het, hom vra,“Meneer, wil jy altyd so sit?”. Hy was oorbluf, sê Shawn, maar dit was nie die man (wie se naam Shawn nie kan onthou nie) se bedoeling om te beledig nie. Hy het gesê Shawn moet die Maandag met hom kom gesels en het hom uitgevra oor sy lewe.

“Dit was die eerste keer dat ek so oopgemaak het teenoor iemand. Ek het in 1998 regte begin studeer met behulp van ’n beurs en my ma se ondersteun­ing by die Universite­it van Port Elizabeth. Ek het dit vir drie jaar gedoen, maar belangstel­ling verloor en steeds aangegaan met my dinge buite,”deel Shawn eerlik.“Ná daai gesprek, was ek só opgewonde!”

Hy het geregistre­er by Unisa en in 2007 met sy LLB-kursus begin. Shawn het in daardie tyd ook getrou en sê hy was baie bly vir sy geliefdes se ondersteun­ing en belangstel­ling in die nuwe hoofstuk in sy lewe. Ben Kroukamp, nóg ’n kliënt by die perseel waar hy gewerk het, het netso ’n groot rol in Shawn se lewe gespeel. Hy wou altyd weet of Shawn dalk enige afrolwerk het wat gedoen moet word.

Shawn was ontsettend toegewyd en gedissipli­neerd. Terwyl hy studeer het, het hy nooit uit die werk uit gebly nie. By die werk het hy bedags gewoonlik ’n stil uur of twee gehad, wat hy gebruik het om sy werk te hersien. Ná werk op pad huis toe het Shawn op die trein verder geleer en saans tot so elfuur, twaalfuur.

Sy stem sak so bietjie wanneer hy vertel sy vrou het hom deur alles ondersteun, maar terselfder­tyd het sy harde werk om advokaat te word en steeds die pot aan die kook te hou, sy tol geëis op hul huwelik. “Dis hartseer, want ons het weggedryf van mekaar. Die vlammetjie het doodgegaan. Dis bittersoet, maar dit het my nie van my motivering om my studies te voltooi, beroof nie,”sê Shawn.

aanhouer wen

Hy het oortyd gewerk en sy bonus gebruik om vir sy studies te betaal en in 2015 het hy sy LLB-graad klaargemaa­k! In Oktober 2016 het hy graad gevang en in Oktober vanjaar is hy in die hooggeregs­hof in George as advokaat tot die balie toegelaat. Maar selfs mét ’n regsgraad, het Shawn nie dadelik werk gekry nie en het hy vanjaar nog sekuriteit­swerk gedoen.

Sy geluk het einde Oktober vanjaar gedraai toe hy werk kry by ’n regsprakty­k in Oudtshoorn om onder ’n mentor, Clyde Avontuur, praktiese ervaring op te doen. In die tyd toe Shawn aan die verkeerde kant van die gereg was, was Clyde sy regsvertee­nwoordiger. Clyde het hom aangemoedi­g om te verander en het hom gehelp om by die balieraad aansoek te doen.

Shawn het ’n skaam glimlag in sy stem wanneer ons hom pols of als al behoorlik ingesink het.

“My gradeplegt­igheid sal ek vir niks verruil nie. Ek sal vir niemand aanbeveel om dit te mis nie. Almal daar lyk so gelukkig! En nou kan ek amptelik my professie beoefen. Dis ’n baie groot oomblik vir my. Ek moet nog net aanpas om te sit, want ek is so gewoond aan staan!”sê Shawn laggend.

Shawn het geleer verkeerde keuses skep nie lig nie, net donkerte. Gelukkig het hy betyds die weg na die lig gekies!

 ??  ?? Shawn Ferreira, ’n voormalige bendelid, het deurgedruk met sy studies en is nou ’n advokaat.
Shawn Ferreira, ’n voormalige bendelid, het deurgedruk met sy studies en is nou ’n advokaat.
 ??  ?? Clyde Avontuur was Shawn se regsvertee­nwoordiger in die verlede en nou is hy sy mentor in die regswêreld.
Clyde Avontuur was Shawn se regsvertee­nwoordiger in die verlede en nou is hy sy mentor in die regswêreld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa