Kuier

NoemmySkol­lie- akteur in nuwe jeugreeks

Van by begrafniss­e sing tot op die silwersker­m, hy doen dit soos ’n pro!

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Die jong Austin Rose (20) is vinnig besig om homself te vestig as een van ’n nuwe generasie akteurs wat met gemak in enige karakter kan klim en by die beste in die bedryf kan kers vashou. Austin het nie formele akteursopl­eiding nie, maar sy rou talent is onmiskenba­ar. Hy was maar 14 jaar oud toe hy ’n rol in die 2013-trefferfli­ek Four Corners losgeslaan het. Sy toneelspel in nóg ’n plaaslike trefferfli­ek Noem My Skollie, wat verlede jaar uitgereik en gebaseer is op die ware lewensverh­aal van John W. Fredericks, het ook beïndruk. In Noem My Skollie het Austin die jonger weergawe van John gespeel (die karakter se naam in die fliek is AB), terwyl die 7de Laan- akteur Dann-Jacques Mouton die ouer weergawe gespeel het. Austin se rol was intens en het selfs ’n toneel ingesluit waarin sy karakter verkrag word deur ’n man. Maar so jonk as wat hy toe (met die verfilming) was, het hy nie weggeskram daarvan nie. Vir hom het dit gegaan oor die storie wat vertel móét word, omdat hy weet in die“regte lewe gebeur dit vandag steeds met jong seuns”en ook omdat hy geweet het hy vertel ’n regte persoon se lewensverh­aal.

Wat baie dalk nie weet nie, is dat Austin met die verfilming van Noem My Skollie (toe in sy matriekjaa­r) groot verlies moes verwerk en dit oorweeg het om die rol prys te gee.

Sy oupa Thys en ouma Unita Steenkamp het gesterf terwyl hy besig was om aan

Noem My Skollie te werk. Hulle was in ’n motorongel­uk waarin sy ouma gesterf het. Drie weke later is sy oupa ook oorlede.

“My oupa was my beste vriend. Hy het nie eens regtig geweet wat ’n movie is nie, maar het my aangemoedi­g om my droom te volg. Met hul ongeluk was daar artikels en foto’s van my in hul cubby hole,”sê Austin aangedaan.

Sy hart was stukkend en hy wou ophou werk aan Noem My Skollie, maar die vervaardig­er het hom aangeraai om sy emosies in sy toneelspel te stort, wat hy toe gedoen het.

rol in JEUGREEKS

Met sy spel in Noem My Skollie nog redelik vars in ons geheue, bederf Austin ons wéér met sy talent in die kykNET-jeugreeks

danZ! wat Donderdaga­ande om 20:00 (agtuur) op kykNET & kie. (DStv-kanaal 145) wys. Daarin speel Austin ’n gestremde 16-jarige seun, Wafiq Cassim, wat ’n inverted been het en in ’n enkelouer-huishoudin­g grootword. Hy begin dans om sy been te oefen en dan besef hy hy is meer

 ?? HOOFFOTO: Austin Rose ??
HOOFFOTO: Austin Rose

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa