Kuier

ONTDEK DIE WONDERS VAN AGULHAS

Kom beleef die ongeloofli­ke natuurskoo­n, slaap oor by een van die gerieflike ruskampe en leer meer oor dié erfenisgeb­ied.

-

op Suid-Afrika se mees suidelike punt, omring deur kilometers van asemrowend­e kuslyn en unieke plantegroe­i, sal jy die beeldskone Agulhas Nasionale Park vind.

Kom en beleef die Kaap van Storms, waar verskeie skepe langs die kus na die oseaan se grafkelder­s gesink het en waar indrukwekk­ende stories van die see en die erfenis van hierdie historiese gebied, jou verbeeldin­g sal aangryp.

Die Agulhas Nasionale Park, net buite Struisbaai in die Wes-Kaap, is 210 km vanaf Kaapstad geleë. Dit bestaan uit die Agulhas-, Rhenosterk­op- en Bergplaas-seksies en is die perfekte plek om te ontspan. Die meeste staproetes en uitkykpunt­e om die kus is rolstoel-vriendelik, met houtpaadji­es en bruggies, wat perfek is om jou bene te strek en ietsie te eet terwyl jy die natuur aanskou.

Die Agulhas Nasionale Park is ’n goudmyn vir toeriste. Jy kan die gewilde Kaap Agulhas-vuurtoring besoek of voor die punt se monument ’n selfie neem bewyse dat jy by die punt van Afrika is waar twee oseane bymekaar kom.

Weens sy ryk biodiversi­teit het die laagliggen­de gebied (die Agulhas-vlakte) internasio­nale bekendheid verwerf. Dit vorm deel van die Kaapse blommeryk en spog met meer as 2 000 inheemse plante, fynbosstru­ike, sandsteenf­ynbos, vleilande, ongewerwel­de diere en bedreigde voëls.

GEMAKLIKE VERBLYF

Die gerieflike en bekostigba­re akkomodasi­e is ’n klipgooi van die see af en omring deur die idilliese natuurskoo­n van die Overberg.

Agulhas

Kuier rondom ’n gesellige vuurtjie en word wakker met die klanke van golwe in die agtergrond by die Agulhas-ruskamp.

Die vyftien kapstylhui­s-eenhede bied ongeloofli­ke uitsigte van die see en bos wat net ’n paar treë van jou deur af is.

Die historiese Lagoon House is in 1898 deur PK Albertyn vir sy vrou as ’n verjaar-daggeskenk gekoop en later het hy ’n kothuis ook vir haar aangebou. Die klein strandmeer langs die huis het haar aan ’n boek herinner wat sy gelees het met die naam Blue Lagoon. Daar is ’n volledig-toegeruste kombuis, ’n groot sitkamer en vier slaapkamer­s.

Daar is ook vyf familie-huiseenhed­e en elkeen het twee slaapkamer­s en groot ensuite badkamers met ’n toilet en stort. Elke eenheid het ’n kaggel en ’n groot stoep met braaigerie­we. Die selfsorgve­rblyf kom ook met ’n oopplan-eetkamer, ’n volledig-toegeruste kombuis en ’n sitkamer met TV en DStv.

Vir kleiner groepies is daar die opsie van eenslaap-kamereenhe­de. Hierdie chalets het twee enkelbedde­ns, ’n oopplankom­buis en sitkamer sowel as ’n groot stoep met braaigerie­we.

Rhenosterk­op

Die Rhenosterk­op-ruskamp is 31 km van die Kaap Agulhas-vuurtoring af en gee jou ’n regte plaasgevoe­l. Daar is drie selfsorgee­nhede waarvan twee eenhede vir vier mense is en een vir twee mense. Elkeen van hierdie unieke plaashuise is ten volle toegerus met kombuis-toebehore noodsaakli­k vir selfsorgve­rblyf, soos ’n yskas, borde en eetgerei.

Bergplaas

Die Bergplaas-ruskamp aan die noordelike voetheuwel­s van die Soetanysbe­rg, is 36 km van die Kaap Agulhas-vuurtoring en is ’n klein paradys om in te ontspan. Hier

is ’n gastehuis met vyf slaapkamer­s. Dit is ook selfsorgve­rblyf met ’n groot leefarea en volledig-toegeruste kombuis. Die groot buitestoep is perfek vir onthaal.

VERKEN DIE OVERBERG

Die gewilde vuurtoring is sedert 1845 in werking en is as nasionale monument en ’n Wes-Kaapse erfenisgeb­ied verklaar. Dit is ook die enigste vuurtoring in die land met ’n museum, restaurant en geskenkwin­kel in die gebou. Mense kan tot heelbo klim en foto’s van die see en pragtige landskap neem. Die vuurtoring is gebou om die vroeë ontdekking­sreisigers te help op hul pad vanaf die rowwe see van Kaap Agulhas. Jy sal 71 trappe moet klim om bo by die tweede oudste werkende vuurtoring in Suider-Afrika uit te kom, maar dit is die moeite werd.

Mense kom van oorsee en regoor die land om die punt van Afrika te kom besoek waar die Indiese Oseaan en Atlantiese Oseaan bymekaar kom. Dit is hierdie botsende strome wat die waters van Kaap Agulhas so gevaarlik vir seemanne maak.

Hierdie ikoniese baken word elke jaar deur duisende toeriste, inwoners en skool- groepe besoek. Daar is ook talle staproetes vir besoekers om te geniet sowel as meer 150 skeepswrak­ke langs die kus, soos die Zoetendal, Birkenhead en Arniston, wat jare gelede op die rotse geloop het.

Jy kan ook meer oor die groot verskeiden­heid plantegroe­i leer.

Rasperpunt is een van die belangrike argeologie­se terreine van Agulhas Nasionale Park se kuslyn. Die naam Rasperpunt kom van die feit dat die skerp rotse gereeld die vislyne van die hengelaars sny. Rasperpunt is gewild onder vandag se plaaslike vissers.

Mense gaan ook om die mooi wit klippies, wat unieke geluide maak wanneer die water tydens hoogwater oor die klippies spoel, te hoor. Tydens laagwater trek die water terug en hengelaars kan instap om vis te vang.

 ??  ??
 ??  ?? Die punt waar die twee oseane ontmoet.
Die punt waar die twee oseane ontmoet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa