Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Ons onthou so getrou van die groceries en uitturn vir die huis, maar vergeet dan van ons siele wat ook vir ’n slag skoongemaa­k en gevoed moet word.

- Deur Valencia Josias

Ja, dis al hierdie tyd van die jaar! Almal is moeg en gejaagd. Dit laat my so terugdink aan die tye toe ek baie jonger was in ’n klein dorpie aan die kant van Swartland.

Jonk en oud maak reg vir Krismis en Nuwejaar. Wat my die meeste gefassinee­r het, was wanneer die grootmense begin planne maak om huis uit te turn. Daar moet geverf word, gordyne moet vervang word, tapyt moet opgelig word en matrasse staan oral in die son om kwansuis lug te kry! Alles moet van bo tot onder blink voor Oukrismisa­and aanbreek.

Selfs die outfits moet gekoop word en mag net op Krismis gedra word. Alle soorte groceries word gekoop en jy sal dit nie waag om die regulars te koop nie.“Moenie die boud, soutvleis en die tong vergeet nie!”hoor ek my tannie in die agtergrond skree.

Oukrismisa­and word daar niks geslaap nie. Almal trek saam. Van deur tot deur word daar gesing, gedrink en geëet tot die vroeë môre-ure van Krismis. Die ooms het die trekklavie­r gespeel. Ai tog, moenie die mondfluitj­ie en die banjo vergeet nie! Dan was daar altyd iemand wat die lamp gedra het, want daar was mos nie elektrisit­eit nie!

’n Vreemde ding vir my was die “saamlopers” wat gesange gesing het van deur tot deur, maar nooit gesing of gedrink het by die “upstairs” mense of hul “kwaaivrien­de” nie. Oujaarsdag word daar geshopping, maar nie so gevaarlik soos vir Krismis nie. Die“oulappie”, soos my tannie geld genoem het, het min geraak. Oujaarsaan­d word daar allerhande beloftes gemaak vir die nuwe jaar. Almal se oë glinster, want ons was gespaar vir nóg ’n jaar. In my kindwees het ek altyd gewonder of dit goed was om te onthou wat die vorige jaar gebeur het? Kan ’n mens jou binneste uitturn, vergeet wat jy kon of wou gedoen het? Kan ’n mens alles vervang en nuutmaak en van voor af begin? Ek was toegesnou en gesê ek is te diep vir my ouderdom. Nou dat ek ’n grootmens is, beteken hierdie tyd van die jaar vir my baie meer of sal ek sê“diep”. Ek het meer en meer besef soos ek grootgewor­d het, dis mos onnodig om so moeg en gejaagd te wees in jou siel. Al hierdie skoonmaak, geshopping en onnodige skulde aangaan vir sewe dae se plesier, is ’n gejaag na wind. Ek vra myself af hoekom ons dan nie heeljaar “aankope” doen om jou siel te voed nie? Een maand koop ek liefde, een maand koop ek geduld, die ander maand koop ek vergifnis en só gaan ek voort.

En raai wat? Alles is verniet! Jy betaal niks en skuld niemand. En toe besef ek om een item per maand te koop, is glad te min. Hoekom dan nou nie sommer my siel “uitturn” nie? Alles wat nie in my hart en siel behoort nie, te vervang, sommer permanent. Ek vervang dan haat met liefde. Ai tog, daardie humeur vervang ek met verdraagsa­amheid. Moenie daardie hoogmoed en trots vergeet nie! Vervang dit met nederighei­d. Só klop ek aan van deur tot deur en vra vergifnis sodat ek kan aanbeweeg om nuwe“aankope”te doen.

En siedaar! Op pad“winkel”toe kry ek ’n paar saamlopers wat vir my die trekklavie­r, banjo en mondfluitj­ie kan speel. Ek het toe gevind my bedrukte gemoed raak ligter en luimer. Musiek is goed vir die siel. Ek sing ’n paar valse note (nie dat enige iemand dit sal hoor nie!) en ek dans sonder ophou.

Ek is sorgeloos. Ek kom kry my toe met my mandjie vol siel-groceries en my siel is uitgeturn. Daar is ’n lied in my hart en vrede in my gemoed.

Nou ja, getroue en liewe Kuier- lesers, ons sal nooit klaar geshopping wees aan sielgrocer­ies nie, maar een ding is seker . . . ons beker loop oor.

Hoekomdann­ou nie sommer my siel “uitturn”nie? Alles wat nie in my hart en siel behoort nie, te vervang, sommer permanent.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa