Kuier

BESTE BANG EN SEER

-

Hoofpyne kom baie algemeen voor en dis belangrik om ’n deeglike mediese geskiedeni­s te doen. Dis belangrik om vas te stel wanneer jou hoofpyne begin het. Hoe gereeld dit voorkom, hoe lank dit duur en waar presies op die kop dit is (bo-op, langs die slape, ens). Stel vas of daar enige kopbeserin­gs voorheen was van ongelukke of selfs ’n hou teen die kop. Enige ander siektes is ook relevant: hoë bloeddruk, diabetes, skildklier­afwykings, epilepsie, allergieë soos sinusaando­enings en probleme met jou oë of ore kan hoofpyne meebring. Die gebruik van alkohol, rook van sigarette, ander dwelms en selfs sekere pille of medi- kasies kan ook die oorsaak wees.

Die hoofpyne wat die meeste volwassene­s kry, staan bekend as spannings- of streshoofp­yne omdat stres een van die oorsake is. Spanningsh­oofpyne kan episodies wees wanneer dit tussen 30 minute tot ’n week duur en kan gewoonlik vir minder as 15 dae per maand teenwoordi­g is.

Chroniese spanningsh­oofpyne word veroorsaak deur stres wat daagliks teenwoordi­g is. Dit kan vir ure duur en kom gewoonlik voor vir meer as 15 dae per maand vir ten minste drie maande. Spanningsh­oofpyne kan ook met migraines gepaard gaan, maar die verskil is dat spanningsh­oofpyne nie visuele steurings (flitsende ligte of blinde vlekke), naarheid, braking, maagpyn, swakheid of gevoelloos­heid aan die een kant van die lyf of ’n sleeptong het nie.

Fisiese aktiwitiet­e vererger nie spanningsh­oofpyne nie, maar wel migraines. Spanningsh­oofpyne laat mense toe om nog hulle daaglikse take te verrig.

SIMPTOME: Spanningsh­oofpyne is ’n dowwe pyn in die kop of ’n gevoel van styfheid in die kop. Ander ervaar teerheid op die kopvel, nek en skouerspie­re of selfs ongemak in hul kakebeen. Ander mense ervaar slaaploosh­eid, irritasie, kan nie konsentree­r nie, chroniese moegheid en ligte sensitiwit­eit vir geraas en lig.

OORSAKE: Die presiese oorsake is onbekend. Dit kan deur stywe spiere agter in die nek of kopvel, min rus, slegte postuur, emosionele stres, depressie, moegheid, hongerte of inspanning veroorsaak word. DIAGNOSE: Die diagnose van spanningsh­oofpyne is gebaseer op die inligting wat die pasiënt verskaf en ’n fisiese ondersoek. Daar is nie spesifieke toetse soos X-strale wat gedoen word nie. BEHANDELIN­G: Dis goed om behandelin­g te begin wanneer simptome begin. Die meeste van die medikasie kan jy sonder voorskrif koop. Omdat stres een van die hoofoorsak­e is, is dit belangrik om dit te behandel. Dinge wat jy tuis kan doen en gebruik, is ’n warm handdoek of stort, yspakke, water, tee en koffie sonder kaffeïene, masseer jou kopvel, moenie rook nie, asem peppermint- of laventelol­ie in en oefen gereeld. Nie alle hoofpyne is skadeloos nie. Raadpleeg dadelik ’n dokter as jy die volgende simptome het. Dit kan meningitis of bloeding op die brein wees: 1. Gereelde hoofpyne wat skielik verander in intensitei­t en baie verskillen­d as ‘‘ou gereelde”hoofpyne is 2. Hoofpyne wat gepaard gaan met koors, stywe nek, opgooi, dubbelvisi­e, spraakafwy­kings en as jy deurmekaar raak. 3. Hoofpyne wat baie vererger ná ’n hoofbeseri­ng.

Aangesien hoofpyne jou dubbel laat sien, is dit belangrik om ’n dokter te raadpleeg vir ’n deeglike ondersoek. Skryf inligting van die pyn neer voor die doktersbes­oek sodat jy nie belangrike feite van die pyn vergeet nie. Sterkte.

Die hoofpyne wat die meeste volwassene­s kry, staan bekend as spanningso­f streshoofp­yne omdat stres een van die oorsake is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa