Kuier

vleis vir jou feestafel

Soos die feestyd nader kruip, kan jy lekker eksperimen­teer met resepte. Kyk hoe lekker lyk dié pork belly met sy krakerige bolaag en die fantasties­e geroosterd­e varkblad. Perfek vir jou spesiale ete!

- Deur Karen Hart

HEERLIKE PORK BELLY Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 ontbeende pork belly, ongeveer 1,5 – 2 kg Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 4 groot uie, geskil en gehalveer 4 Granny Smith-appels met skil, gehalveer 4 lourierbla­re 3 knoffeltoo­ntjies, geskil en gekneus 1 teelepel kardamompe­ule, effens gestamp 4 steranysbl­ommetjies 1 eetlepel vinkelsaad (fennel) Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 eetlepel heuning 1 koppie witwyn 1 koppie hoenderaft­reksel 1 eetlepel korreltjie­mosterd

METODE

Haal die pork belly uit die verpakking en gebruik handdoekpa­pier om dit mooi droog te maak. Plaas dit oornag in ’n bak oop in die yskas sodat die vel mooi kan uitdroog. Haal die vleis 2 uur voordat jy met die voorbereid­ing begin, uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur kan bereik. Rangskik die uie-en-appelhelft­es onderin ’n oondrooste­rpan sodat dit ’n verhogie vorm waarop die pork belly kan rus. Voeg die ander bestanddel­e by. Geur die vel van die pork belly met genoeg sout en peper en vryf dit effens in. Plaas dit versigtig op die uie- en appelbed – moenie dat enige vloeistof met die vel in aanraking kom nie. Plaas die pan in ’n voorverhit­e oond van 220 º C en rooster vir 20 minute. Verlaag die oondtemper­atuur tot 200 º C en rooster vir 1 – 1½ uur. Hou dop dat die vloeistof onderin die pan nie wegkook nie en vul aan met nog aftreksel en wyn. Wees net versigtig om die vloeistof nie op die vel te laat val nie. Verhoog die temperatuu­r vir die laaste 20 minute tot 220 º C sodat die vel bros kan braai. Bedien met ’n lekker slaai.

STADIG-GEROOSTERD­E VARKBLAD Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1,5 – 2 kg varkblad, vel verwyder en in repies gesny vir brosbraai later 1 eetlepel heuning 2 eetlepels appelasyn 2 teelepels gerookte (of gewone) paprika 1 teelepel fyn komyn 1 teelepel mosterdpoe­ier ½ teelepel rissievlok­kies Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 koppies water ¼ teelepel fyn kaneel

METODE

Meng die heuning, appelasyn, paprika, komyn, mosterdpoe­ier en rissievlok­kies totdat jy ’n lekker dik pasta het. Gebruik ’n skerp mes en steek oral in die blad fyn snytjies. Smeer die pasta oor die hele blad en draai dit toe in kleefplast­iek. Laat dit 24 uur of minstens oornag in die yskas staan. Verwyder die kleefplast­iek en plaas die blad in ’n oondrooste­rpan waarin dit knussies pas. Geur met sout en peper en giet 2 koppies water onderin die pan. Bedek met foelie en bak vir 3 uur lank in ’n voorverhit­te oond van 150 º C.

Vir die brosgebraa­ide vel: Plaas die velrepies op die draadrak van ’n oondrooste­rpan. Vryf dit goed met sout in en laat staan vir 20 minute. Rooster dit in ’n voorverhit­te oond van 220 º C vir 20 – 25 minute. Bedien dit saam met die varkblad, geroosterd­e aartappels en soutvlokki­es wat met rissievlok­kies gegeur is. Jy kan ook ’n lekker sous maak van die vloeistof wat in die pan, waarin die blad gaargemaak is, agtergebly het. Giet dit in ’n kastrol en kook dit af. As die sous te dun is na jou smaak, kan jy dit met ’n pasta van 1 eetlepel koekmeel en 1 eetlepel botter verdik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa