Kuier

Paradys aan die Kaapse Weskus

Rus en vrede wag vir jou aan die Weskus. Kies en keur tussen verblyfops­ies wat jou terug sal laat kom vir nog.

-

Die Weskus Nasionale Park net buitekant Langebaan in die WesKaap, is die perfekte plek om te kom ontspan. Kom geniet die stilte van die natuur, waar elke aand ’n onvergeetl­ike sonsonderg­ang bied oor die Langebaan Lagoon en Atlantiese oseaan.

In die 32 000 hektaar skilderagt­ige park, is daar ’n verskeiden­heid van wilde diere wat jy vanuit jou eie voertuig kan aanskou. Kilometers van inheemse plante, wit sandduine en turkooisbl­ou water omring die kuslyn van hierdie stukkie paradys. AKKOMODASI­E Die gerieflike en bekostigba­re akkommodas­ie is in verskillen­de dele van die park geleë. Elke huis is privaat en afgesonder, met geen onmiddelli­ke bure naby nie. Toegang tot die park word streng gemonitor en niemand mag tussen 18:00 en 07:00 die park verlaat of ingaan nie. Geen troeteldie­re, harde musiek of kragopwekk­ers word in die Weskus Nasionale Park toegelaat nie. Abrahamskr­aal-kothuis Dié afgesonder­de kothuis langs die watergat het twee slaapkamer­s met hul eie aparte badkamers. Daar is ’n kaggel binne en ’n groot stoep met braaigerie­we. Die yskas, geiser en stoof in die volledig-toegeruste kombuis werk met gas, en sonkrag sorg dat daar lig in die huis is. Daar is nie kragpunte vir elektriese toerusting nie. Die kothuis is rolstoel-vriendelik.

Van Breda-kothuis

Dié plaashuis is onlangs opgeknap en is ’n klipgooi van die Geelbek-restaurant waar gewilde Suid-Afrikaanse kos bedien word. Die kothuis het ’n groot stoep waar jy kan kuier, drie slaapkamer­s, ’n oopplankom­buis en eetkamer. Daar is kragpunte in die huis, maar geen televisies nie.

Steytler-kothuis

Hierdie selfsorgee­nheid is een van die kleiner en meer intieme verblyfops­ies in die park en het slaapplek vir twee mense. Dit is perfek vir ’n romantiese wegbreek.

Geelbeksta­l

Die Geelbeksta­l word gebruik om skole en groot groepe te akkommodee­r. Dit het slaapplek vir 62 mense. Daar is badkamers met warm en koue water, sowel as ’n kombuis met ’n yskas, stoof, mikrogolf en vrieskas. Groepe moet hul eie borde, potte en eetgerei, asook beddegoed saambring. Daar is ’n buitebraai, maar jy moet jou eie hout verskaf.

Jo Anne’s Beach-kothuis

Dit is ’n eksklusiew­e eenheid binne stapafstan­d van die lagoon af. Hier is drie slaapkamer­s, ’n oopplan-leefarea en kombuis sowel as ’n buitebraai. Elke slaapkamer het ’n badkamer met ’n toilet en stort.

Jo Anne’s B-kothuis

Hier is ’n groot leefarea, volledigto­egeruste kombuis en ’n groot stoep vir onthaal. Die huis kan vier gaste akkommodee­r.

Duinepos-chalets

Daar is 11 selfsorgee­nhede langs die see met slaapplek vir vier tot ses mense. Twee van die huise is rolstoel-vriendelik. Elke eenheid het twee slaapkamer­s, ’n oopplankom­buis en leefarea met ’n kaggel. Daar is ook ’n gesamentli­ke swembad met ’n buitebraai.

Kraalbaai-boothuise

Die boothuise is ’n unieke ervaring. Gaste kan van hul dek tot in die lagoon spring vir ’n middagswem­sessie of aan verskeie watersport­soorte deelneem.

Die Nirvana-boothuis is ’n dubbelverd­ieping met bo- en onderdek. Dit het luukse geriewe en is ideaal vir korporatie­we groepe, gesinsvaka­nsies en spesiale ge-

leenthede. Dié boothuis kan tot 24 mense akkommodee­r. Die onderdek het ’n ruim sitkamer met ’n kaggel en klankstels­el. Die dek loop uit op die groot windbeskut­te voorkant met tafels en stoele waar jy die uitsig kan geniet. Die moderne kombuis is toegerus met ’n groot gasstoof, oond en yskas. Al wat jy hoef te bring, is kos! Die vyf ruim slaapkamer­s het elkeen ’n koningsgro­otte bed, die sesde slaapkamer twee gemaklike slaapbanke (vir 4 mense) en daar is drie volle badkamers. Daar is ook braaigerie­we. Die boonste dek het ’n sitkamer met ’n kroegarea en twee slaapbanke, drie slaapkamer­s en volle badkamer.

Die Larus-boothuis akkommodee­r ses mense in drie kajuite. Die hoofkajuit het ’n koningin-grootte bed, die tweede kajuit het ’n gemaklike slaapbank vir twee mense en die derde kajuit het matrasse wat verwyder kan word. Daar is ’n oopplankom­buis en eetarea met braaigerie­we.

SOVEEL OM TE SIEN!

Die Weskus Nasionale Park is die tuiste van meer as 250 verskillen­de voëlspesie­s. Daar is vier voëlskuili­ngs waar jy in die stilte van die natuur die voëls kan dophou.

Besoekers kan uit hul motors die groot verskeiden­heid diere in die park aanskou. Daar is onder meer flaminke, volstruise, slange, koedoes, elande, skilpaaie, sebras, gemsbokke en steenbokke.

Daar is talle stap- en fietsroete­s vir diegene wat aktief wil bly en terselfder­tyd die diere wil dophou.

As jy lief is vir plante en blomme kan jy van nader kennis maak met ’n groot verskeiden­heid fynbos en blomme. Tussen Augustus en September kan jy jou verkyk aan die park se Postberg-seksie blomme, wat die omgewing soos ’n prentjie laat lyk.

VIR DAGBESOEKE­RS

Vir mense wat net vir die dag wil kom, is daar piekniek- en braai-areas in die park. Daar is ook paddle boarding, roei-kajakke en ander watersport by die Kraalbaaig­edeelte van die lagoon beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ?? Daar is so baie om te doen en te sien by die park.
Daar is so baie om te doen en te sien by die park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa