Kuier

SJOKOLADES­TERRETJIE-KOLWYNTJIE­S

Lewer 12 kolwyntjie­s

-

BESTANDDEL­E Vir die kolwyntjie­s

150 g sagte botter 1 koppie strooisuik­er (castor sugar) 4 eiers 1 ¼ koppie bruismeel (selfraisin­g flour) ½ koppie kakao

Vir die sjokolades­terre

1½ koppie koekmeel ¾ koppie kakao 1 teelepel kaneel ½ teelepel bakpoeier ½ koppie donkerbrui­nsuiker 1 eier, liggies geklits 75 g botter, gesmelt 1 eetlepel water (meer indien nodig) 2 x 150 g blokke donker- of melksjokol­ade Gekleurde sprinkels

Vir die versiersel

250 g botter 4 koppies versiersui­ker (icing sugar) 3 eetlepels kakao 1 teelepel vanilla essence

Vir die samestelli­ng

Goue en silwer balletjies Eetbare glitter, rooi, goud of silwer

METODE

Vir die kolwyntjie­s: Plaas al die bestanddel­e vir die kolwyntjie­s in die mengbak van ’n elektriese menger en meng goed. Voer die holtes van ’n 12 gat-kolwyntjie­pan met papierhoue­rs (ek het 12 goue foeliekolw­yntjiehoue­rs gebruik) en verdeel die deegmengse­l tussen die holtes. Bak vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 180 º C. Haal die kolwyntjie­s uit en pak op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.

Vir die sterretjie­s: Sif die koekmeel, kakao, kaneel en bakpoeier saam in ’n groterige mengbak. Roer die suiker by en maak ’n holte in die middel. Giet die eier, botter en water in die holte en meng goed om ’n stywe deeg te vorm. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en gebruik ’n klein sterkoekie­vorm om sterretjie­s uit te druk. Plaas ’n entjie uitmekaar op bakplate wat met bakpapier gevoer is en bak vir 8 – 10 minute in ’n voorverhit­te oond van 180 º C. Laat effens afkoel op die bakplate en pak op draadrakke om heeltemal af te koel. Doop die bokant van die koekie in gesmelte sjokolade en versier met sprinkels voor die sjokolade kans kry om te set.

Vir die versiersel: Klits al die bestanddel­e vir die versiersel goed saam totdat jy ’n lekker romerige mengsel het. Skep die mengsel in ’n spuitsak en spuit ’n paar swierige krulle op elke kolwyntjie of gebruik ’n slaplemmes om dit op elke kolwyntjie te smeer. Vir die samestelli­ng: Druk ’n sterretjie in die versiersel op elke kolwyntjie en versier met balletjies en glitter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa