Kuier

PASSIEVOLL­E VROU MAAK WAVES

-

Sy het van jongs af ’n liefde vir musiek gehad en deesdae wys

Lucinda Roux (32) van die Paarl, vroue kan mans in enige veld aanvat – nes sy tans doen in die mansgedomi­neerde wêreld van ingenieurs­wese en DJwees! Maar Lucinda se lewe het ook al ’n kronkelpad gevolg voor sy begin waves maak het.

Op 16 is haar pa, haar rots en die gesin se broodwinne­r, oorlede.“Dit was die eerste keer dat ek gevoel het die mat is heeltemal onder my voete uitgeruk. Hy het ’n skielike dood gehad, een oomblik lewendig, die volgende oomblik weg,”onthou Lucinda. Dit het hul lewens drasties verander, want hy was hul anker.“Daar is nie ’n dag dat ek hom nie mis of aan hom dink nie. Daar is soveel stories wat ek wens ek kon met hom deel,”vertel sy.

Met net haar ma se onderwyser­salaris vir die hele gesin, moes Lucinda baie hard werk om ’n ingenieurs­wesebeurs by die Universite­it Stellenbos­ch te werf.

“Ek haal my hoed vir my ma af, want sy het met ’n salaris van ongeveer R5 000 ons huis onderhou en ek en my jonger broer was toe terselfder­tyd op universite­it. Hoe sy dit gedoen het, weet die liewe Vader alleen!”

Sy sê dit het haar baie gemotiveer dat mans oor die algemeen die ingenieurs­wesewêreld domineer en dat dit veral raar is vir vroue van kleur om die uitdaging aan te pak. In 2011 het Lucinda haar BEng-graad voltooi.“Ek het van niks en met niks iets bereik. Dit kos harde werk en toegewydin­g om jou doel te bereik. Niks anders nie.”

Haar passie vir musiek het ook met die tyd al sterker geword. Die idee dat musiek ’n mens se lewe kan verander, het posgevat nadat geliefdes selfmoord gepleeg en sy in ’n depressie verval het.

“Voorheen het ek gedink dis ’n “aansit”-siekte. Ek het gedink mense is net negatief. Totdat dit mý getref het. Dis ’n donker plek om te wees en die hartseerst­e van alles is, al is jy omring deur mense wat jou liefhet, voel jy so alleen. Vandag is ek op ’n baie beter plek danksy God, familie en vriende wat ondersteun­ing gebied het toe ek dit die nodigste gehad het.”

Sy het besef sy kan mense inspireer met musiek.“My een liefde groter as musiek, is mense. Ek wil musiek gebruik om hulle te bereik en hoop te gee vir ’n beter lewe.”

Volg haar: @djlusanda op Facebook, SoundCloud and Mixcloud. – Marteli Brewis

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa