Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir ’n stomp skêr, skoolsakke wat na ou kos ruik, deurmekaar onderklere­laaie en wenke met ou leë blikkies.

-

As jou klereskêr of kombuisskê­r stomp is, knip dit ’n paar keer bo-aan die rand van ’n koffiebeke­r ’n paar keer na binne. Dit sal weer skerp wees. JOHANNA SWARTS, OUDTSHOORN

Om onderklere netjies te hou, gebruik ek 2l ice cream-bakke. Ek het een vir my panties, een vir my kouse en een vir my bra’s. Ek vou dit mooi klein op en plaas dit dan daarin. Dit lyk baie netjies wanneer jy jou laai oopmaak. CHANDRE O’CONNELL, RUYTERWACH­T

Gooi long life-melk uit die karton in die teenoorges­telde rigting van die gaatjie. Die melk mors dan nie. TERESA COETZEE, KRUGERSDOR­P

As jy warm brood moet sny, druk die mes in kookwater, vee die water vinnig af en sny dan. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS

As my kinders se skoolsakke na ou kos begin ruik, frommel ek koerantpap­ier balletjies op en sit dit in die tasse. Dit werk oornag. REANA SCHEEPERS, VREDENDAL

As jy eierwitte wil styf hê, gooi ’n knippie sout by. PENNY BARLETT, ELDORADOPA­RK

Met hierdie nuwe kieme in die rondte, week jou vleis, groente en vrugte in ’n flou oplossing van asyn en water vir 5 minute. Vir die vleis: vryf in en week. Die vleis kan dalk ’n bietjie wit raak, maar dit is nie ’n probleem nie. Spoel weer af met skoon water en berei voor. JEANNIE GROBLER, ROODEPOORT

Om karolie, penink, politoerme­rke en vele ander vlekke te verwyder, drup bloekomoli­e op die merk en vryf tot die vlek verdwyn. Was daarna soos gewoonlik. ANS STEYN, MODIMOLLE

Om vertroulik­e dokumente te vernietig, plaas in ’n skottel en bedek met warm water. Week vir so ’n uur en rol dit dan in stywe balletjies. Niemand sal enigiets kan lees nie! CORRIE NIEUWOUDT, KEMPTONPAR­K

Resep vir vet-afbreking: Meng een teelepel heuning en halwe teelepel fyn kaneel met een koppie kookwater en drink dit soggens op jou nugter maag en saans voor jy slaap. Dit hou bloedsuike­r konstant en voorkom dat jy peusel. Die drankie voorkom dat vet opbou in die liggaam al eet jy ook baie kalorieë. FREDELINE CAROLUS, WORCESTER

As julle nie stoele het nie, pak ’n klomp koerante opmekaar, bind dit vas en gooi ’n cover oor dit en siedaar – sitplek! Of maak ’n klein tafel en gooi ’n doek oor. LINDA BARRY, KAAPSTAD

 ??  ??
 ??  ?? AANGEBIED DEUR
AANGEBIED DEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa