Kuier

Sasha-Lee Davids is single en gelukkig

Sasha-Lee Davis ken die hartseer van ’n gebroke hart, maar sy glo nog in die liefde en wag op haar Mr Right! DEUR Marteli Brewis

-

Sasha-Lee Davids (27), oorspronkl­ik van Atlantis in die Wes-Kaap, is beeldskoon en kan maklik enige man se voete onder hom uitslaan met daardie sexy glimlag en sprankel in haar oë. Tog het haar hart ’n paar jaar gelede in skerwe gespat ná ’n groot liefdestel­eurstellin­g en moes sy, nes die res van ons, die stukkies van haar lewe weer optel. En net soos baie single vroue, sukkel Sasha-Lee ook soms met die druk van buite om ’n man te kry en met ’n gesin te begin. Maar sy het geleer om haar single-self nie hieraan te steur nie en hierdie fase van haar lewe te geniet!

Sasha-Lee is al amper twee jaar enkellopen­d en is dol daaroor! Ná Idols SA in 2009 was haar lewe so besig dat sy nooit regtig tyd gehad het vir haarself of haar familie nie. Sy het baie verjaardae en ander spesiale geleenthed­e misgeloop en dit het haar hart gebreek. Vandag, terwyl sy nie iemand spesiaals in haar lewe het nie, maak sy op daarvoor. Sy en haar mense is nou hegter as ooit en sy het baie tyd om aan haar passies en drome te wy.

Agt van die 10 Davids-kinders is susters. Ses van hulle is reeds getroud of in ernstige verhouding­s.“My baba-suster het ook iemand en ek het nie,”vertel sy eerlik.

“Valentynsd­ag is mos maar altyd ’n bietjie sad as jy alleen is. Maar by ons huis is daar soveel liefde dat dit meer as genoeg is!”

Maar selfs met al die liefde in die huis, word Sasha-Lee nie gevrywaar van die “judgements”oor haar single status nie. “Ons het nou onlangs drie verlowings ag-

termekaar gehad in die huis. En daar is altyd ’n antie wat net moet sê‘Oe, dis seker jou beurt volgende,’of ‘Hel, girl, wat’s dan fout met jou?’en ek háát dit!”vertel sy met groot oë. Dit was in ’n stadium so erg dat sy besluit het om ’n ring na troues toe te dra.“Die ergste deel van ’n troue is wanneer hulle die bouquet gooi, veral as daar nie baie single girls is nie. Met ’n ring aan los mense my uit,”borrel sy van die lag.

Tog laat sy dit nie toe om haar te veel te ontstel nie, want sy weet wie sy is.“Ek is nie bereid om te settle nie,”meen sy,“ek wag vir die één.”

gebroke hart

Maar net omdat Sasha-Lee beeldskoon en suksesvol is, beteken nie haar liefdeslew­e was altyd ’n sprokiesve­rhaal nie.

“Daar was een heartbreak wat baie lank gevat het om te verwerk,”erken sy.“Ek is nou daar oor, maar dit het definitief ’n scar op my hart gelos.”Sy vertel dit was haar eerste regte boyfriend, ’n paar jaar gelede.

“Hy het my voorgestel aan wat dit is om regtig lief te hê en toe word dit weggeruk,” sê sy. Haar susters het haar gehelp om die stukke van haar gebroke hart op te tel.

“Hulle het vir my gesê dis oukei, dis nie iets nuuts nie, dis deel van die lewe en jy sal daaroor kom,”onthou sy.

Haar sewe susters is haar beste vriendinne. Hulle is almal omtrent twee jaar uitmekaar gebore en is baie na aan mekaar. Sy vertel haar ouer suster, Terry, het vir haar die beste liefdesadv­ies gegee wat sy steeds probeer volg:“Doen wat die beste is vir jou. Moenie net die goeie tye in ’n verhouding in ag neem nie. Kyk of jy meer lag of meer huil en volg jou hart daarvolgen­s.”

Dié mede- Idols- wenner het ver gekom sedert ons haar as die skaam jongmeisie met sterre in haar oë ontmoet het. Sy is deesdae ouer en wyser, ook oor wat die liefde beteken.

Sy het besluit dit help nie sy is iemand anders se weergawe van perfek nie. Sy moet wees wie sý is. Veral in haar musiek kan ’n mens dit raaksien. Deesdae geniet sy weer die verhoog en sing met haar ou sprankel. Sy probeer ook om meer haar eie liedjies te skryf – haar hart op papier neer te pen. En ’n mens kan sien iets van haar nuwe lewensuitk­yk raak aan ander se harte. Dit is vir haar lekker dat haar fans nou die regte Sasha-Lee leer ken.“Toe ek weer myself begin word, het, het ek besef dít werk vir my,”vertel sy.

Eendag word jy wakker en jy besef wat is werklik belangrik en wat is onbenullig.

Dit help jou om beter besluite te neem, meen sy, en vul jou met ’n selfversek­erdheid wat jy nie kan fake nie. Sy het begin besef dit is nie nodig om ander mense die hele tyd tevrede te probeer stel nie, veral nie ten koste van jouself nie. Die lewe het haar harder gemaak – nie kouer nie – maar eerder sterker, om te glo in wie sy is en wat sy wil hê, al stem ander nie noodwendig saam nie. “Ek maak besluite wat reg voel en goed is vir my, wat mý gelukkig maak,” sê sy.

En ná alles waardeur sy al in haar jong lewe is, dink Sasha-Lee ook nou anders oor die liefde.“Dit beteken baie dinge vir my, maar terselfder­tyd dieselfde ding. Te veel mense baseer liefde op of jy iemand het of

nie. Liefde is altyd daar, maar ’n mens moet dit wyer definieer sodat jy gelukkiger kan wees. Dit kom in baie pakkies – liefde vir jou familie, liefde vir ’n man, liefde vir jouself, jou passies. Op die oomblik het ek liefde vir my familie, my vriende en myself. En dis genoeg vir nou. Ek embrace liefde en die lewe.”

gepaste man vir haar

Maar wie is die man wat uiteindeli­k SashaLee se voete onder haar sal uitslaan?“Ek is ’n rustige mens. Hy moet meer outgoing en confident wees as ek.”Sy vertel sy was al so baie in haar lewe teleurgest­el deur mans wat nie mans-genoeg was nie, wat nie sterk was nie, maar agter haar rug geskuil het. “Ek kan nie met daai deal nie,”lag sy.

“Verder moet my familie hom aanvaar. Dit is ook belangrik dat hy my aanvaar vir wie ek is en dat ons dieselfde waardes het,”sê SashaLee. Sy wil ’n man hê wat haar veilig laat voel, vir haar sal opstaan en beskerm teen die aanslae van die lewe. En as sy huil, moet hy bereid wees om haar te troos.

Die lekkerste ding van liefde, meen Sasha-Lee, is daardie gevoel dat iemand vir jou so lief is soos jy vir hulle. Iemand wat saam met jou wil wees. Moenie settle vir enigiets wat jou in jouself laat twyfel nie. Liefde moet jou safe haven wees, glo sy. Haar beste liefdesadv­ies is om nooit jouself vir iemand anders te verander nie, tensy dit jou ’n beter mens maak. Weet altyd verseker wie jy is en maak seker dis hoe jy is en dat hy lief is vir jou net soos jy is.

“Wanneer Mr Right eendag kom,” lag sy,“sal ek reg wees vir hom!”Maar tot dan fokus Sasha-Lee op die dinge wat vir haar belangrik is – haar familie, haarself en om haar loopbaan te maak werk en elke stap daarvan te geniet!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa