Kuier

Liefde vir ander mense begin by jouself

As ’n mens nie jouself liefhet nie, hoe kan jy iemand anders liefhet? Hoe kan die liefde van ons Heer Jesus dan in jou wees?

- Deur Katie Mawatla *Katie Mawatla is verbonde aan die Betel Evangelies­e Bond.

Ek glo baie van die probleme wat mense ondervind, hou verband met hoe hulle oor hulself voel. Baie mense dra verwerping, skuldgevoe­lens of skaamte in hul innerlike wese. As ’n mens nie van jouself hou nie, sal jy ook nie van ander mense hou nie. So, alles begin eers by jouself. Ons moet daarom leer om onsself lief te hê en te aanvaar soos die Here ons geskape het. Ons is van onskatbare waarde, ons is spesiaal vir God en Hy het ’n wonderlike plan vir ons lewens in gedagte.

Kyk na die volgende verse oor die waarde van die mens vir God en Sy liefde:

“Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” (Jeremia 29:11)

“Want julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die lam wat vlekloos en sonder ligaamsgeb­rek is.”(1 Petrus 1:19)

“Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”(1 Korinthiër­s 6:20).

Hierdie waarheid sal heling en vryheid uit jou hele menswees bewerkstel­lig.

“As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”(Johannes 8:36). Om hierdie deel te kan geniet, moet ons ’n verhouding met die Here het.

“Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.”(1Johannes 1:7).

Selfliefde is nie ’n miskien vir jou lewe nie, dis ’n moet van Jesus af – dis ’n bevel. God het Sy liefde aan die wêreld bewys deurdat Hy Sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar ewige lewe kan hê. Prys die Here! Hy was nie net gekruisig nie, maar Hy het ook opgestaan uit die dode sodat ons uit die dood van sonde kan opstaan.

Dan kry ons ’n ander deel van die liefde, waar sommige mense te van hulself dink. Hulle sal duisende rande op hulself spandeer en dan sien hulle neer op diegene wat dit nie breed het nie. Lees die volgende skrifte: “Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.”(Filippense 2:4)

“Alles wat julle dan wil hê dat die mens aan julle moet doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”(Matthéüs 7:12)

“Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat as wat ’n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.”(Romeine 12:3)

Die hoogste bewys van blote menseliefd­e is om iemand so lief te hê dat jy jou lewe vir hom of haar sal aflê. In Johannes lees ons,“Groter liefde het niemand as dit nie, dat hy sy lewe vir vriende gee.”.

Ons moet ook onthou dat die liefde is nie voorbedag nie, dit is spontaan, dit het nie nodig om beloftes te hê nie, want dit beproef en doen wat vir God welbehaagl­ik is.

Ons lees in 1 Johannes 4:7 – 13:

“Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.”

“Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.”

“Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar.”

“Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sonde.”

“Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons mekaar lief te hê.

“Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.”

“Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het.”

Vers 15:“Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom, en hy in God.”

Vers 18 – 21:“Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.”

“Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

“As iemand sê: Ek het God lief – en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nog nie gesien het nie?”

“En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.”

Daarom is my gebed: Hemelse Vader, Bewaar ons almal Heer Jesus onder U kosbare bloed. Laat U liefde deur ons werk.

Amen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa