Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Ek moet alweer by julle bieg. Ek is nou nie Februarie se grootste fan nie. Dis ook nie dat ek iets teen die liefde het nie, maar Valentynsd­ag laat regtig ’n enkellopen­de voel asof jy met ’n kol op jou voorkop rondloop om aan die hele wêreld te verkondig jy’s op jou eie. En moenie as jy ’n vrou en oor veertig is nie, dan is dit eers nag vir jou!

Nou kyk, hier waar ek dus in die stikdonker op die rak sit, kan ek amper nie eens onthou die laaste keer toe ek ’n kaartjie of ’n tjoklit op die 14de Februarie gekry het nie – wat nog te sê van ’n rosie of blink dingetjie . . .

Maar dit beteken allermins daar is nie liefde in my lewe nie. Soos ons voorbladge­sig Sasha-Lee Davids, is ek nogal baie gelukkig om single te wees. Ek geniet dit om my tyd vir myself te hê en my eie besluite te maak. Maar as ek liefdesver­hale soos dié van Laurencia en Leonardo van Wyk s’n (bladsy 10) lees, dan verlang ek na my eie dekseltjie. En moet ook nie ’n fout maak nie, elke winter wens ek ek het ’n bietjie body heat en nie net die elektriese kombers vir hitte gehad nie!

Daar is ook ander soort liefdes wat ons moet vier. Die Ware Lewensdram­a (bladsy 14) in hierdie uitgawe getuig van die onblusbare liefde van ’n ma vir haar kind en ek weet ’n hele paar moederhart­e gaan saam met Junice Adams van Eldoradopa­rk ’n traan stort.

Tot volgende week,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa