Kuier

Facebook

-

Met Valentynsd­ag op ons, wou ons weet hoe Kuier- mense Valentynsd­ag vier en of hulle iets spesiaals beplan vanjaar?

Ek wil iets special doen vir my verloofde. Hy bederf my altyd Valentine’s Day en ook ander gewone dae. Ek weet hy gaan dié jaar iets doen, maar ek dink ek wil hóm verras! GENEVE WEITZ, CENTURION

Nee, ons celebrate nie. Ons is elke dag lief vir mekaar en bring geskenke enige tyd van die jaar. NATALIE ADAMS, KAAPSTAD

Ek dink aan ’n Valentine’s bash vir al my single vriende. SURITA RIFFEL, FRANSCHHOE­K

Nope. Dis ’n gewone dag vir my. LUCRETIA COETZEE, KAAPSTAD

Ek beplan definitief iets vir my liefde, ietsie kleins. Laasjaar kon ons ongelukkig nie, want dit was sy ma se verjaardag, so ek gaan all out om my liefde te bederf. MARISHA ANTHEA JACOBS, PAARL

Ons het dit altyd gevier toe ons nog tieners was. Ons mag dit eintlik nie vier nie, het dit maar agterna uitgevind. Maar hierdie jaar celebrate ek dit saam Christian Grey . . . FARAHDIBA RAILOUN, STRAND

Ons wou sommer vir die lekker ook by

Kuier- mense weet of hulle van souserige kos of kos met ’n sous hou?

Ek hou van kos wat ’n sousie het, anders vat ek chutney of sweet chilli sauce en gooi oor my rys. My ma hou weer glad nie van nat kos nie! Soms sien ek sy vat ’n stukkie paper towel om die sous uit haar bord te vee. ZAKRION LEWIN-DIEDERICKS

Kerriekos moet chutney of mayonnaise kry. Tamatiesou­s vir my eiers en gekookte kos moet darem ’n ou sousie vir die rys hê. CHARMAINE DE LANGE

As ek vir sous vra, moet jy weet daar is groot fout met jou kos. Ek hou van die natuurlike smaak van goed of ek hou nie daarvan nie. MANDY JOUBERT

Nee dankie, mense gooi souse oor hul kos om hul floppies weg te steek. Sommige geregte het wel ’n sousie nodig, maar oor die algemeen hou ek nie daarvan nie! JAN PIEREWIET

Ons weet ook hoe erg ’n Kuier- vrou oor haar Tupperware is. Daarom wou ons weet hoe julle verseker jul Tupperware gaan terugkom nadat julle vir iemand kos daarin gegee het?

Ek verkoop self Tupperware. In my huis is geen ander plastiekwa­re nie. Jy gaan by my ’n botter- of roomysbak kry of anders bring jy jou eie. As jy my nou onsmaaklik wil hê, sukkel met my Tupperware. MARIONETTE DE KLERK

Nee jammer, geen Tupperware sal by my deur uit nie. As jy kom braai en jy kan nie jou bord klaarmaak nie, dan moet jy self sien hoe jy dit gaan neem of my honde kry braaivleis vir snacks. EMMARENTIA NOVEMBER

Mense is heilig oor hul Tupperware en dis duur. Ek worry nie oor Tupperware nie, maar my ma en suster weet hul goed is veilig by my. Ek dra hul goed terug huis toe. En my ma sal haar goed by jou huis kom haal. GLENDA VAN WYK

Ek het lankal daai battle verloor. Gee (Tupperware) en as dit terugkom, is dit ’n bonus. Ek koop nou maar liewer“China Tupperware”. ELMARIE ALLIES

Ek wil glad nie meer Tupperware koop nie, want die goed raak net weg. Soms weet jy vir wie jy iets in een gegee het en dan sien jy hoe hulle dit in hul huishoudin­g gebruik. Ek is te bang of skaam om te sê dis myne. SHARONE MATTHEE

Om kwaaivrien­dskap te vermy oor Tupperware, koop ek maar eerder al my bakke by Pep Home en Crazy Store. MAURISHIN KIEWIETS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa