Kuier

Antwoorde gegee

-

Wanneer jy enige brandwonde opdoen, hetsy warm water, tee of by stoof en jou groenterak is naby, gryp ’n aartappel, sny dun skyfies of rasper die aartappel en plaas op brandwond. Die sap van die aartappel help. ETNAH WOLFAARDT, HIGHVELD CENTURION

Probeer tea tree-olie vir inkvlekke op klere. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Vir miere, meng koeksoda en seeppoeier en strooi waar miere loop. JANETTA BARKER, ELDORADOPA­RK

Sit bay leaves orals in jou koskaste, rys en pap. Dit hou die miete weg van alles af. Dit werk. ELIZABETH PIENAAR, RUYTERWACH­T

Hou die pit in avo’s en maak toe met foil. Dit sal nie bruin word. SYBIL ADAMS, STELLENBOS­CH

Om te keer dat jou avo’s nie bruin trek nie, gooi suurlemoen­sap oor. EMILE ADAMS, MAMRE

Smeer bietjie olyfolie oor oop kant van avokadopee­r. Jy kan ook avokadoper­e saam met ’n stuk ui in ’n bakkie hou om langer vars te bly. S. GREYVENSTE­YN, KUILSRIVIE­R

Om van rotte ontslae te raak in jou stoorkamer, los net ’n droë mengsel van mieliemeel en sement daar waar hulle loop. Ná 2 dae is hulle weg. DELORES STANLEY, TSITSIKAMM­A

Om jou koperkrane skoon en blink te kry, gebruik ’n halwe stuk suurlemoen en siedaar. LEYAH TITUS, UITENHAGE

As jy hik, dan kan jy sewe slukkies water agtermekaa­r drink. Dit vat die hik weg. LAVONA ADAMS, BISHOP LAVIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa