Kuier

GESONDHEID:

Moenie dat tandpyn jou teister nie

-

Erge tandpyn het al geharde grootmense laat kreun en huil. Dit klink dalk of hulle oordryf, maar daardie kloppende pyn wat voel of jou hele kop wil ontplof, kan jou lewe tot stilstand bring.

Rochell Koopman (32) van Kaapstad wens vandag sy het eerder dadelik tandarts toe gegaan as om maande lank haar knaende tandpyn te probeer verduur en te maak of alles oukei is.“Ek was 28 toe ek op ’n dag ’n dowwe tandpyn begin voel het. Dit het gekom en gegaan. As dit daar was, was dit erg, maar dan gaan dit weer weg en ek’s oukei,” vertel sy.

“Ons mediese fonds het net ’n hospitaalp­lan gehad en ek het gedink aan die tandartsfo­oie. Toe probeer ek maar allerhande boererate. Van naeltjies byt tot my mond uitspoel met sout en koeksoda. Die sout-oplossing het vir ’n rukkie gehelp en die swelsel om my tandvleis bietjie beter gemaak.”

Die tandpyn het egter vererger en sy is gedwing om mediese hulp te soek.

“Een oggend het ek opgestaan met ’n geweldige hoofpyn, koors en kloppende kakebeen. Ek móés tandarts toe. Dit was ’n geweldige abses. Ek moes antibiotik­a kry en die tandarts moes ’n week later ’n root canal doen. Die skade aan die tand waar die abses gevorm het, was so groot dat ek my tand verloor het. Die tandarts het gesê as ek dit langer gelos het, sou daar skade aan my kakebeen ook gewees het.”

Daar is heelwat oorsake van tandpyn waaraan jy aandag moet gee.

Tandartse dr. Nadia Erasmus van Dentistry SA en dr. Pieter Mussman van Kaapstad, beantwoord vrae wat kwel.

Kan tandpyn noodlottig wees?

Dit is moontlik om van tandpyn dood te gaan. Die normale flora (bakterieë) in die mond kan hartsiekte­s veroorsaak. Daar is studies wat aandui dat pasiënte met periodonti­tis (tandvleiso­ntsteking) ’n groter risiko het om hartsiekte­s te kry. Tandabses of tandinfeks­ie kan versprei en infeksies en/of liggaamsre­aksies elders veroorsaak.

Waar kom die pyn vandaan?

Dit is soms moeilik om te bepaal presies waar die pyn vandaan kom. Soms sal ’n hele segment van die kaak pyn of selfs voel soos die teenoorges­telde kaak. Die pyn kan ook voel soos oor- of sinuspyn. Periodonti­tis kan ’n dowwe pyn veroorsaak.

Wanneer tandpyn vir langer as ’n dag of twee duur, moet jy liefs jou tandarts besoek. Die pyn sal erger word as dit nie aangespree­k word nie.

Wanneer die oorsaak van tandpyn, byvoorbeel­d tandbederf, nie aangespree­k word, sal die infeksie verder versprei na die senuwee van die tand en kan dit mettertyd ’n abses tot gevolg hê.

Verskillen­de tipes tandpyn

Pyn as jy iets warm of koud drink of eet, kan ’n teken wees dat jou tande sensitief is.

Skerp“steekpyn”as jy op iets byt, kan ’n ’n teken wees van ’n gekraakte tand of ’n

gaatjie daarin. •

Tandpyn aan albei kante van jou bokaak kan ’n teken van sinusinfek­sie wees. •

’n Aanhoudend kloppende pyn is dikwels ’n teken van ’n abses en moenie geïgnoreer word nie.

Watter behandelin­g is daar?

In die geval van tandbederf moet die tandbederf verwyder word en ’n herstellin­g of kroon word geplaas. Wanneer die senuwee reeds geaffektee­r is, moet ’n wortelkana­albehandel­ing gedoen word.

Sommige gevalle noodsaak dat die tand verwyder word met verkieslik die plasing van ’n implantaat om die tand te vervang.

In die geval van mondsere, moet die oorsaak daarvan bepaal en aangespree­k word en toepaslike medikasie word gegee.

Wanneer die gewrig wat die onderkaak aan die skedel verbind die oorsaak van pyn is, word die oorsaak ook ondersoek en dan word daar byvoorbeel­d ’n knersplaat­jie voorgeskry­f. Indien sinusitis die oorsaak is, word dit behandel met medikasie en verwysings na oor-neus-en-keelspesia­lis.

Onbehandel­de abses

’n Tandabses is ’n ettergevul­de infeksie binne die tand of tussen die tand en die tandvleis. Dit kan eers net ’n irritasie wees en bietjie ongemaklik, maar kan gou ’n intense, kloppende pyn veroorsaak. ’n“Skietende”pyn is ook ’n teken van ’n abses. ’n Abses waar ’n tand die oorsaak is, kan na omliggende areas verprei as dit nie behandel word nie. Die mond huisves ’n groot hoeveelhei­d bakterieë en wanneer die bakterieë kans kry om te vermeerder (soos in die geval van slegte mondhigiën­e), kan dit lei tot ander mediese probleme.

As die abses vanself uitkom en jy verligting voel, is dit nié ’n goeie teken nie. Dit beteken die etter het nou dieper in jou kakebeen en omliggende monddele versprei. Dit sal nie op sy eie weggaan nie. Kry liewer profession­ele hulp. ’n Abses kan ook skade aan ander tande en die been wat tande omhul veroorsaak. Die sagteweefs­el (tandvleis) van omliggende tande word ook aangetas.

Pasop vir infeksie

Erge infeksie van die tandvleis en omliggende strukture van die tand (been, tandligame­nt), word periodonti­tis genoem.

Die konstante oormatige teenwoordi­gheid van bakterieë in die mond kan lei tot verdikking van bloedvatwa­nde. Dit kan weer lei tot hartaanval­le, beroertes en ander hartsiekte­s. Studies toon periodonti­tis in swanger vroue kan bydra tot laer as normale geboortege­wig of premature geboortes. Tandpyn en hartsiekte­s As jy tandpyn het, asook simptome soos lighoofdig­heid, benoudheid en sweterighe­id is, kan dit tekens wees van ’n hartaanval. Mense met geskiedeni­s van hartsiekte­s moet tandpyn dus nie ligtelik opneem nie.

Wanneer ’n pasiënt ’n hartklepsi­ekte of ’n hartklepve­rvanging gehad het, moet die tandarts of mondhigiën­is seker maak dat die pasiënt antibiotik­a voor die afspraak neem indien bloeding in die mond verwag word met die beplande prosedure.

Pasiënte met ’n ortopedies­e prostese (knievervan­ging, heupvervan­ging, ens) moet hul tandarts inlig. Die bakterieë hou van beskadigde of vervangde hartkleppe en die prosteses.

Tandpyn kan ook ’n teken van kanker wees. ’n Kollega van dr. Mussman het eendag ’n pasiënt se tandpyn behandel asof dit ’n dreinerend­e tandabses was. Die biopsie van die weefsel het egter bevestig dat dit ’n kwaadaardi­ge gewas (mondkanker) was. Drastiese behandelin­g het die pasiënt se lewe gered. As jy twyfel oor die tandpyn en indien die simptome nie gou verdwyn nie, soek liewer profession­ele raad. Hoe vinniger die oorsaak van die tandpyn behandel word, hoe beter is die prognose.

Ses gesondheid­sprobleme wat jou tandarts kan raaksien: 1. Diabetes

Daar is minder spoeg in jou mond as wat daar moet wees. Chroniese slegte asem en as jou mond stadig gesond word wanneer daar ’n seertjie is, is ook tekens.

2. Sooibrand

Wegvreting van jou ondertande. Enigiets wat ’n pH laer as 5,5 het, kan die enamel om jou tande oplos. Maagsure het ’n pH van so laag as 1,5 en kan maklik hierdie skade veroorsaak. As jy konstant sooibrand kry, moet jy dalk liewer profession­ele hulp soek. Dit kan later skade soos slukdermka­nker en asemhaling­sprobleme veroorsaak.

3. Crohn se siekte

Jou tandarts sal opgehewe swelsels wat soos“cobbleston­es”lyk op jou tandvleis raaksien. Dit is omdat die inflammasi­e in jou dermkanaal ook jou mond kan affekteer.

4. Hartsiekte

Iemand wat goeie mondhigiën­e handhaaf en steeds tandvleisi­nfeksie kry, moet dalk na sy hart laat kyk. Tekens soos opgeswelde, rooi, tandvleis wat bloei, ekstra gewig en familieges­kiedenis van hartsiekte­s moenie geïgnoreer word nie.

5. Kanker

Effense verkleurin­g van die tandvleis (witter of rooier as normaal) en agter in jou keel. Dis die manier hoe baie kankers begin wat veroorsaak word deur die human papillomav­irus (HPV). Jou tandarts kan jou dalk vra om binne sewe dae weer terug te kom om te kyk of enigiets verander het. Indien nie, moet jy dalk ’n biopsie laat doen. Hoe vinniger jy optree, hoe groter is die kans op suksesvoll­e behandelin­g.

6. Rumatoïede artritis (RA)

RA is ’n outo-immuunsiek­te wat nie net onder ouer mense voorkom nie. Jou tandarts sal swelling in jou kakebeen sien, en jy sal dikwels self pyn voel. Jy kan selfs sukkel om jou kakebeen wyd oop te maak.

Voorkom die pyn

Voorkom tandpyn deur gereelde ondersoeke by jou tandarts. Dit is belangrik dat X-straal foto’s deel van die ondersoek moet wees aangesien ’n kliniese ondersoek nie genoeg is om jou vry te spreek van moontlike probleme nie. X-strale kan ook goed soos vergroeise­ls in jou kakebeen optel nog voordat dit pyn veroorsaak. Só kan kanker in ’n vroeë stadium vasgevat word.

Goeie mondhigiën­e wat bestaan uit twee maal per dag borsel en een maal per dag flos is baie belangrik.

Dit is moontlik om van tandpyn dood te gaan. Dr. Nadia Erasmus

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa