Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir sweet en skawing van jou borste, hoe om van slegte reuke in en om die huis ontslae te raak en wenke met growwe sout.

-

Droog eierdoppe in die son. Druk dit fyn, sit dit in enige lap sak en skuur potte of stortvloer. Dit werk! CRYSTAL COLLINSON, STRAND Gee nuwe lewe aan jou ou sandale met naellakkle­ur van jou keuse. DELORES STANLEY, TSITSIKAMM­A

Plaas ’n ou comforter oor jou matras, trek ’n fitted laken oor en jy het ’n sagte matras cover wat nie eens klomp geld kos nie. LILIAN STRYDOM, LANSDOWNE As jy alkohol, veral rooiwyn gemors het, gooi ’n hoop sout daarop. Spons op met warm water wanneer die sout die kleur van die vlek geabsorbee­r het. Jy sal sien die sout word sommer pienk van die wyn. Verwyder enige oorblywend­e vlekke met spirits. SANINE VERSTER, OBSERVATOR­Y As jy enigiets bak in olie, plaas ’n stukkie margarien daarin. Dit verhoed dat iets vassit. ELSABE JANTJIES, VELDDRIFT As jy te veel sout in jou sop of kerrie gegooi het, plaas ’n rou aartappel daarin. Dit absorbeer die ergste sout. M. VOGELSTRUI­S, OOS-KAAP As jou dip op is, gebruik salad dressing. As ’n klip jou motor se voorruit tref, kan jy vinnig die plek met kleurlose naellak seël sodat die ruit nie verder bars nie. ILSE PAUW, VLEESBAAI Koop klein sakdoekies vir sweet en skawing. Vou dit in ’n driehoek. Skuif onder borste in en trek die bra oor. Ek gebruik dit elke somer, want poeier en ander goed werk net nie. J. JONKER, DESPATCH Vir slegte reuke in jou kombuisdro­m, week opgefromme­lde koerantpap­ier in asyn en plaas dit in jou drom voordat jy die swartsak insit. Dit sal reuke absorbeer en keer dat die sak vassuig. CHARMAINE PRINS, OUDTSHOORN Gebruik ou tandeborse­ls om alle gleufies skoon te maak soos by tekkies, plastiek- ware en knoppies. Jy hoef jou nooit weer te skaam vir vuil gleufies nie. LEONIE WILLIAMS, KAAPSTAD Om kosbakke te bedek, kan nuwe stortkeppe gebruik word. Dit werk baie makliker as kleefplast­iek. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL Ons moet almal deesdae elke Rand rek en om goedkoper etes te maak is ’n begin. Roereiers sal meer wees as jy vir elke eier 5 ml (een teelepel) mielieblom byvoeg. TIEKKIE HUMAN, ORKNEY Gooi ’n paar druppels vanilla essence in die blik verf en roer goed deur voordat jy ’n vertrek verf. Dit neem die slegte reuk van die verf uit jou huis. BELINDA VAN DER BERG, KEMPTON Week wit handdoeke, skoolhemde en sokkies in Sterri Nappi vir skitterwit resultate. Die water kan vir ’n paar dae staan. AULBANY DYERS, SOMERSET-WES Vir heerlike kapokaarta­ppels, gebruik twee rou eiers in plaas van melk. TESSA SCHREUDER, BELHAR Om die fyn kant van jou rasper skoon te maak, skrop met skropborse­l. STEPHANIE ABRAHAMS, PORT ELIZABETH Moenie geskeurde sykouse weggooi nie. Maak vir jou pom-poms deur die sykouse in repe te sny. LEE JULIUS, PATERNOSTE­R Sit ’n rubbermat in die bad wanneer jy was. Dit sal keer dat jy nie gly nie en ook nie die klein kinders wat so woelig is tydens badtyd nie. MIA KEATING, PAARL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa