Kuier

In die tuin:

Alles wat jy van rose wil weet

- Deur Shirmoney Rhode

ie roos is ongetwyfel­d die wêreld se gunsteling­blom. Rose word veral met vroue vereenselw­ig en met Moedersdag om die draai, is dit nuttig om te weet watter kleur rose jy vir jou dierbare ma kan gee en wat dit beteken. ’n Bos volgroeide rose simbolisee­r dankbaarhe­id uit die diepte van jou hart. ’n Ruiker is daarom die perfekte manier om vir jou ma dankie te sê vir al haar onvoorwaar­delike liefde, omgee en harde werk. Anna Jarvis, wat beskou word as die stigter van Moedersdag, het 500 angeliere (carnations), haar ma se gunsteling­blom, na die ma’s van die Andrews Methodist Episcopa-kerk, West Virginia, Amerika gestuur.“Die wit carnation word verkies, want dit simbolisee­r waarvoor ’n ma staan. Die witheid, haar reinheid; die duursaamhe­id, haar getrouheid; die geur, haar liefde; hoe wyd dit groei, haar vrygewighe­id; die vorm, haar skoonheid,” het sy gesê. So meng rose met angeliere as geskenk op Moedersdag. Peony-rose: Dit is rond met welige blomblare waarvan Ma sal hou. Hulle is ook groter as die gewone rose en kom in verskillen­de kleure, so jy kan haar gunsteling­kleur koop. Donkerpien­k rose: As jy verkies om ’n helder verklaring van dankbaarhe­id te maak, dan is hierdie roos jou beste opsie. Hierdie rose gaan jou ma se dag sommer baie ophelder.

Perskekleu­r rose: Die kleur inspireer ’n warm en feestelike atmosfeer wat perfek is om jou ma se dag te maak. As jy nie voorspelba­ar met pienk wil wees nie, maar haar tog wil verras met ’n sagte en vroulike kleur, is perskekleu­r die een om haar mee gelukkig te maak.

Geel rose: Jy kan nie verkeerd gaan hiermee nie. Dit lig gemoedere en simbolisee­r vreugde en omgee. As jou ma ’n lewenslust­ige persoonlik­heid het, is geel perfek vir haar. En as sy ook jou bestie is, slaan jy die spyker op die kop, want geel verteenwoo­rdig ook vriendskap.

Ligpienk rose: Dit simbolisee­r vreugde en bewonderin­g. Die sagte kleur is vroulik, vars en fyn. Sy gaan beslis die betekenis van die roos waardeer.

Pers rose: Met hul koninklike kleur, stuur pers rose die boodskap dat ma jou koningin is. Wat ’n wonderlike manier om jou “queen mother” te vier.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa