Kuier

Wat is Smith-LemliOpitz-sindrom (SLOS)?

-

Prof. David Marais van die Universite­it van Kaapstad se departemen­t van chemiese patologie is die dokter wat Cassandra gediagnose­er het. Volgens hom word SLOS veroorsaak deur ’n fout in een van die gene wat verantwoor­delik is vir die vervaardig­ing van cholestero­l.“Die betrokke ensiem heet 7dehidroch­olesterol reduktase en 7-dehidrocho­lesterol, die voorloper van cholestero­l, bou op en verhinder dat cholestero­l behoorlik bydra tot die funksie van die sel. Cholestero­l is nie net belangrik vir selwande, galsure en bynierhorm­one nie, maar is uiters belangrik in die ontwikkeli­ng van die brein sowel as ander organe, die kop, vingers en tone. Draers wys geen tekens nie, maar wanneer die foutiewe gene van albei ouers saamkom in hul kind, sal dié kind aan die sindroom ly.”Daar is geen spesifieke behandelin­g nie omdat dit onmoontlik is om cholestero­lvervaardi­ging te bevorder nie, veral nie in die brein nie.

Benewens die simptome wat Cassandra toon, is daar ander, insluitend ’n klein kop, kort arms en bene, probleme met die hartkleppe, onderontwi­kkelde brein en verstandel­ike ontwikkeli­ng is vertraag, volgens Marais. Die sindroom affekteer nie almal dieselfde nie en Cassandra s’n is veral ernstig. Hy sê oor die selfbeseri­ngs dat die breinselle se chemiese balans in wanorde is as gevolg van die onvoltooid­e molekule wat in die selmembraa­n is.“Moontlik ook omdat die brein se ontwikkeli­ng van kontakte tussen breinselle nie normaal is nie.”Hy het sover die siekte in agt families in Suid-Afrika gediagnose­er en sê die siekte word gewoonlik nie verwag nie, omdat die draers van die genetiese afwyking normaal is. Baie min lyers bereik volwassenh­eid soos Cassandra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa