Kuier

’N VROU EN VEGTER SOOS WINNIE

Haar dood leer ons die stryd vir vroue is nog lank nie verby nie en ons moet nooit ophou veg vir wat reg is nie.

- Deur INGRID JONES

Vormingeli­gteopinies. Moenie’nslaafvanp­opulisme wordnie.Diewaarhei­dis iewersindi­emiddel.

Almal se oë is vasgenael op die kis wat gedrapeer is in die vlag van

die nuwe Suid-Afrika waar dit eensaam staan in die Orlando-sokkerstad­ion in Soweto terwyl die dreunsang van gesange en vryheidsli­edere die oggendlug oopkloof. Sy is dood.

Winnie Madikizela-Mandela is dood. En dit is nou meer as ooit duidelik dat jy ’n kers kan uitblaas, maar jy kan nie ’n vuur blus as die vlamme begin lek aan die hoogs vlambare gevoelens van ’n nasie in rou nie.

Dis amper onmoontlik om ’n opinie oor haar te waag, want skielik is daar soveel verskillen­des. Jy is óf vir haar óf teen haar.

Haar ongeëwenaa­rde vermoë om te inspireer, op te sweep, te veg, lief te hê, te motiveer, te redeneer, uit te daag, te rebelleer, te spoeg in die gesig van gevaar en onderdrukk­ing. Te mooi, te modieus, te vrou in ’n manlik-gedomineer­de politieke wêreld, te ongehoorsa­am, te onafhankli­k, te polities, te onwrikbaar. Te. Elke Winniestor­ie, van haar koninklike afkoms, haar politieke koninklike huwelik met Nelson Mandela, haar vryheidsve­gterlouere tot haar statuur as volksmoede­r is te. Te.

Die huidige zeitgeist maak van haar die personifik­asie van die Nigeriese skrywer Chimamanda Adichie se definisie van feminisme:“’n Gelukkige Afrika-feminis wat nie mans haat nie en wat daarvan hou om lipglans en hoëhakskoe­ne te dra vir haarself en nie vir mans nie.”

Dis juis ná haar dood dat Suid-Afrikaanse vroue opgestaan het in hul doeke en swart rokke om te sê genoeg is genoeg. Laat die ware storie van Winnie vertel word. En toe die vroue opstaan, moes die media hul dekking oor haar verander. Só het die beeld van haar as die sondaar vs. Madiba as die sogenaamde heilige ’n gatskop gekry. Dit is ’n insiggewen­de oomblik in die post- 1994-geskiedeni­s van Suid-Afrika. Feminisme het ’n nuwe inspuiting gekry.

En maak nie saak wat jy oor haar glo ná jare se breinspoel­ing nie, sy verdien ten minste dat jy selfonders­oek oor jou vooroordel­e doen.

En in die moeras van opinies moet mens soek na die waarheid. Maar wat is die waarheid? Die Engelse spreekwoor­d lui: “Distance lends enchantmen­t to the view.” Só is dit met elke heengaan van ’n geliefde. Ons vergeet onmiddelli­k van hul menswees – die foute en lang nagte se wakker lê. Ons onthou net die goeie. Dink aan Lady Diana. Ook ’n vrou wat in haar leeftyd weinig aandag anders as vir haar skoonheid en kleredrag gekry het. Met haar heengaan is sy tot volksprins­es verklaar.

Vergete was al die foute en flaters. Die waarheid is iewers in die middel. Niemand is die een of die ander nie, ons is ’n same- voeging van beide. Dit hang net af watter wolf jy voed. So as ons in nabetragti­ng na Winnie of Lady Diana of ons geliefdes kyk, moet ons kyk met al die kennis tot ons beskikking. Geen deel van die verhaal bevat die hele waarheid nie.

Die dood van Winnie is die filter wat nodig is sodat ons almal helderder na die geskiedeni­s kan kyk. Ons word in ons verdeeldhe­id ’n oomblik gegun om deur introspeks­ie nader aan mekaar te kom. Lees. Lees baie en lees wyd. Vorm ingeligte opinies. Moenie ’n slaaf van populisme word nie. Die waarheid is iewers in die middel.

Haar dogter, Prinses Zenani Dlamini, het in haar toespraak by die begrafnis gesê: “Over the past week and a half it’s become clear that South Africa, and indeed the world, holds men and women to different standards of morality. Much of what my mother has been constantly asked to account for is simply ignored when it comes to her male counterpar­ts. And this kind of double standard acts also to obscure the immense contributi­on of women to the fight for the emancipati­on of our country from the evil of apartheid. I say‘fight’ because the battle for our freedom was not some polite picnic at which you arrived armed with your best behaviour.”

En dit is die waarheid oor vroue. Steeds. Elke dag. En dit is wat mense ongemaklik maak as iemand soos Winnie in ons midde staan met haar vuis in die lug. So sy is nou ons moderne hashtag: Winnie is nie dood nie. Sy het vermenigvu­ldig.

#IamWinnie.

 ??  ?? Ingrid Jones is die uitvoerend­e direkteur en inhoudshoo­f by Mikateko Media.
Ingrid Jones is die uitvoerend­e direkteur en inhoudshoo­f by Mikateko Media.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa