Kuier

Mr Mom: Pa se hande staan vir níks verkeerd nie

Waar baie pa’s terugsit by kinders grootmaak en sommige gaan seep koop het, staan hierdie een vir niks terug nie! Hy is Mr Mom en nie skaam daaroor nie.

- DEUR ELMARINE ANTHONY

Dis nie maklik om ’n enkelpa te wees nie, wat nog te sê ’n enkelpa van twee dogters. Maar Voroshski Jansen (38) van Kraaifonte­in buite Kaapstad, het nie gehuiwer om die taak aan te vat toe sy twee dogters, Leromi Kooper (17) en Mckenzi Hael (12), permanent by hom moes bly nie.

As jy so na hulle huis kyk, sou jy verwag dat Voroshski hulp met sy huishoudel­ike take soos skoonmaak het, maar op dié vraag antwoord hy vinnig“nee”. Hy doen alles self en is ’n ware Mr Mom.

Terwyl hy in die middel van sy twee dogters in hul sitkamer sit, vertel hy dit was nie ’n maklike aanpassing nie. Leromi en Mckenzi het verskillen­de ma’s en die twee het op verskillen­de tye by hom ingetrek.

Mckenzi het in 2011 ingetrek, nadat Voroshski en haar ma hul verhouding verbreek het. Voor dit het sy slegs naweke by hom gekuier. As Kuier en Son se sirkulasie­bestuurder in Kaapstad, ’n veeleisend­e werk, het hy natuurlik homself vroeg klaargemaa­k en kantoor toe gegaan.

Toe Mckenzi intrek, moes hy alles doen wat ma’s gewoonlik Sondae vir hul dogters doen. Haar hare moes gewas en gevleg word vir skool. Voroshski skerts hy het self haar hare relax en gewas. Om haar hare te vleg, kon hy egter nooit regkry nie en het haar na iemand gestuur wat dit gedoen het.“Dan was dit Maandae-oggende die stryk van skoolklere en om haar wakker en klaar te maak vir skool.”

Mckenzi moes ook aanpas. Waar sy gewoonlik 07:00 kon opstaan vir skool, moes sy nou ook 05:30 saam met Voroshski opstaan. Hy het dan gesorg dat sy eet, haar kosblik gepak is en sy by die skool afgelaai is. Sy dae van laat werk was verby.

Hy moes seker maak hy tel haar 17:00 op sodat hy haar kon help met huiswerk, kosmaak en nog genoeg rus kry.“Om die balans tussen my werk en kind te kry, was my uitdaging toe sy na my toe kom. My steunpilaa­r was my oudste suster, Anesto (40). Ek het baie met haar gepraat en sy het baie vir my gesê ek moet net uithou, want dit is miskien net moeilik vir nou. In die eerste drie maande was dit baie uitdagend, maar dit het makliker geword en ná ses maande was dit asof sy nog heeltyd by my gebly het,”vertel Voroshski met ’n glimlag. Mckenzi se ma bly ook in Kraaifonte­in en sy sien haar gereeld.

meer uitdagings

Die pa en dogter was nou gewoond aan ’n roetine, maar toe Leromi begin vanjaar ingetrek het, het dit wéér uitdagings gebring. Leromi het by haar ouma en oupa op Vryburg in die Noordwes gewoon.

Voroshski, wat tussen Postmasbur­g in die Noord-Kaap en Vryburg grootgewor­d het, het ’n ooreenkoms met haar ma bereik toe sy met ’n ander man getrou het dat Leromi eerder by haar ouma en oupa sou bly. Dit was sodat hy maklik toegang tot haar

Mysteunpil­aar wasmyoudst­e suster,Anesto.Ek hetbaiemet­haargepraa­t ensyhetbai­evirmygesê­ek moetnetuit­hou,wantditis miskiennet­moeilikvir­nou. VOROSHSKI JANSEN

het en nie afsprake hoef te maak om haar te sien nie. Voroshski, wat toe in Johannesbu­rg gewoon het, sê dié ooreenkoms het lekker gewerk.“As ek Vryburg toe gegaan het, het ek direk na haar ouma gegaan of sy het vakansiety­e by my kom kuier.”

Leromi se ma is in 2011 in ’n motorongel­uk oorlede. Voroshski en haar ouma het toe ooreengeko­m dat sy by hom sal intrek wanneer sy met hoërskool begin.“Omdat ek in ’n metrogebie­d is, is dit makliker vir universite­ite en skoolgelee­nthede.” Leromi, nou in graad 10, moes verlede jaar ingetrek het, maar Voroshski het gesukkel om plek te kry in ’n skool en hy sê die vorige jaar haar ouma het nog ’n“bietjie vasgehou aan haar”. Sy het egter vakansies by hom in die Kaap kom kuier.

Toe Leromi intrek, was dit ’n uitdaging omdat Mckenzi voorheen al die aandag gekry en al die spasie in die huis gehad het. Mckenzi het toe altyd stil geword, vertel hy verder terwyl die twee voor hulle kyk.“Dan vra ek vir Mckenzi wat is fout dan sê sy alles is oukei, maar alles was nie oukei nie. Dan het ons dit uitgewerk en herhaaldel­ik daaroor gepraat. Ek het vir hulle gesê niemand in die huis word voorgetrek nie. Dit is ons almal se huis. Daar is oral uitdagings so ons moet dit ten minste hier maak werk. En ons kan dit net doen as ons lief is vir mekaar.”

Hy is baie oop en eerlik met hulle en deel altyd as hy byvoorbeel­d ’n moeilike dag by die werk gehad het.“Dan sit ek met hulle en vertel hulle van my dag. Ek sê dan ek mis vandag my ouers wat ek kon bel en dan sou my ma en pa net vir my sê alles gaan oukei wees.”En net omdat hulle meisies is, beteken nie Voroshski skroom wanneer dit by dissipline kom nie.“Ek slaan as daar geslaan moet word en probeer hulle verantwoor­delik grootmaak. En hulle weet, oor boyfriends en goed praat ek altyd met hullle.”

Dis oënskynlik dat hy baie oop is met sy kinders, maar ’n mens wonder oor gesprekke wat ma’s gewoonlik eksklusief hanteer, soos wanneer hul dogters begin menstrueer. “Dit was altyd my grootste vrees,”erken Voroshski. Hy sê toe Leromi jong meisie word, was sy by haar ouma.“Haar ouma het daai gesprek met haar gehad. Wanneer Mckenzi se tyd kom, dink ek Leromi gaan daardie gesprek met haar lei en haar deur die proses help. Ek hoef nie vir iemand te gaan soek en sê help die kind nie.”

hegte band

Dis duidelik dat dié drie ’n hegte band het en die twee dogters dit geniet om by hul pa te woon.“Ek wou altyd hier gebly het. Toe die vakansies eindig en ek terug (Vryburg toe) moes gaan, het ek altyd hartseer geword. Dit was lekker daar ook, maar ek wou altyd by my pa wees,”vertel Leromi wat nog vakansiety­e by haar ouma en oupa gaan kuier. Op haar beurt vertel Mckenzi haar pa is haar steunpilaa­r.“Hy is die een by wie ek kan huil. Ek kan hom enigiets vertel.”

Jy kan jou net indink watter tipe ouers dié man gehad het wat sy dogters so mooi grootmaak. Dis dalk omdat sy ouers nie meer hier is nie dat hy sy werk as pa (en ma) soveel ernstiger as sommige pa’s beskou. Hy sê hy was veral baie na aan sy ma, Mietha (48), wat in 2001 aan ’n onbekende siekte gesterf het. Voor haar afsterwe was sy vir drie maande siek en was Voroshski wat drie susters het, altyd die een vir wie sy geroep het. Hy het vir haar kos gemaak, gebad, haar hare gewas en haar pille gegee. “Toe sy sterf, was dit baie moeilik vir my. Dit wat ek vir haar in daardie kort tydjie en deur die jare gedoen het, was so vervullend, want ek kon ten minste sê ek was ’n kind vir my ma.”

Hy onthou ook hoe sy ma probeer het om haar pyn en lyding vir haar kinders weg te steek.“Toe sy siek was, het ons in dieselfde kamer geslaap. Ek het gehoor hoe ly sy saans en daai pyn was vir my erg. Sy het altyd probeer om dit weg te steek dan sê ek vir haar ek hoor dan hoe kreun sy saans. En die dag toe sy weg is, dink ek ons was almal uitgehuil, alhoewel ons haar steeds baie mis.”Oor sy pa, Isaac (60), wat in 2014 oorlede is, vertel Voroshski dat hy altyd probeer het om“vrede te bewaar”.

“In ’n stryery het hy altyd my ma haar sin gegee. Hy wou net sy kinders gelukkig sien. Hy was die een wat ons die minste geslaan het, maar as hy jou een keer ’n jaar geslaan het, het hy jou hard geslaan.”

Hy sê dis sy ouers wat hom daardie openlikhei­d geleer het wat hy vandag met sy eie kinders toepas en wat steeds onder sy sibbe toegepas word.“Ek en my susters was ook baie oop. Ons steek niks vir mekaar weg nie. Die liefde is oop en ek dink dis wat ek by my ma en pa geleer het.”

En nes sy ouers hom in ’n goeie man grootgemaa­k het, doen hy nou dieselfde met sy kinders.

 ??  ?? HOOFFOTO: Voroshski Jansen en sy dogters, Leromi Kooper en Mckenzi Hael. REGS: Hy help sy dogters met hul huiswerk.
HOOFFOTO: Voroshski Jansen en sy dogters, Leromi Kooper en Mckenzi Hael. REGS: Hy help sy dogters met hul huiswerk.
 ??  ??
 ??  ?? Voroshski maak hul kosblikke vir skool.
Voroshski maak hul kosblikke vir skool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa