Kuier

’N HELD SONDER MANTEL

Meneer April is meer as ’n opvoeder vir sy leerders en eendag toe iets verskrikli­ks gebeur, wys hy hoe ver hy sal gaan om hulle te beskerm . . .

- Deur Eric van der Byl

Gavin April tuur nadenkend na die stapels vraestelle wat nog gemerk moet word. Hy dink vandag ekstra hard, maar dis nie aan die vraestelle voor hom nie . . .

’n Lewenslust­ige meisie wat in sy klas was, is koelbloedi­g in die gemeenskap vermoor. ’n Traan biggel oor sy wange, hy vee dit af en skud homself reg. Dis tyd vir klas en iets moet gedoen word.

Gavin sê vir die leerlinge in sy graad sewe-klas hulle moet opstaan vir reg en geregtighe­id in die gemeenskap en skool.

Die kinders sit aandagtig en luister, al het hulle al dikwels sy preek gehoor. Hulle weet van die dwelms wat by die skool ingesmokke­l word. Maar hulle is te bang om te praat, want dis drie van die skool se mees gevreesde boelies wat dit verkoop. Dié drie is nie net boelies nie, maar ook bendelede van die Straatkatt­e. Nie een van die leerlinge wil dit waag om te klik nie. Daarvoor is die vermoorde meisie te vlak in almal se geheue. Tog hoop Gavin sy woorde sal tot hulle deurdring.

Sy stem weerklink in die klaskamer: “Wanneer gaan ons opstaan teen die tirannie wat ons gemeenskap afbreek?”

Toe hy die vrees op die kinders se gesigte sien, voel Gavin skielik skaam, want waarom verwag hy kinders moet hul lewens in gevaar stel om ’n verskil te maak?

Hy hervat sy beplande .0les en wag geduldig dat die kinders alles van die bord afskryf. Die klok lui skril vir eerste pouse. Vyf minute later breek alle hel op die skoolgrond los. Duwaine, ’n saggeaarde graad sessie strompel huilend sy klas binne. Bloed stroom oor sy gesig. Gavin voel hulpeloosh­eid en woede deur sy are pols. “Wie het dit aan jou gedoen?” “Niemand nie, Meneer, ”antwoord Duwaine snikkend.

“Seun, een of ander tyd moet iemand die moed het om die siklus van vrees te breek.”Gavin vat Duwaine na die sekretares­se waar die eerstehulp­kissie gehou word. Die klok kondig die einde van pouse aan.

Gavin is skaars terug in die klas toe die interkom grens en die skoolhoof vra dat hy

Ná skool stap meneer April soos gewoonlik huis toe. Skielik voel hy’ n verlammend­e pyn in sy borskas.

kantoor toe kom.

Die hoof se kantoor is vol mense. Die dwelmboeli­es is geïdentifi­seer en hulle sit met koue, uitdrukkin­glose gesigte en luister na wat die ander leerlinge van hulle sê. Gavin is trots dat hulle die stilte verbreek het. Die getuienis teen die boelies is verdoemend, hulle word uiteindeli­k geskors en die polisie ondervra hulle.

Almal sê Gavin is die held, want dis hy wat die kinders aangemoedi­g het om uit te praat en vir hulself op te staan. Vir Gavin voel dit hy het net sy plig gedoen. Hy hoop van harte dis nou die einde van die dwelms en geweld op die skool.

Ná skool stap hy soos gewoonlik huis toe; dit was ’n lang dag.

Skielik voel hy ’n verlammend­e pyn in sy borskas. Toe hy aan sy bors vat, is dit nat en taai van die bloed. Hy is duiselig en sy bene gee in.

Toe hy opkyk, sien hy ’n seun met ’n klein silwer pistool. Mense hardloop vervaard om weg te kom. Die gewapende staan oor hom, wapen gereed om die finale doodskoot af te vuur. Dan word die vuurwapen met geweld uit sy hand geruk en leerlinge uit Gavin se klas oorrompel die booswig.

Al waarvan hy van bewus is, is die ambulanssi­rene. “Ek gaan dit nie maak nie. Wie gaan na my kinders kyk?”dink hy.

’n Sug ontsnap sy lippe en alles word swart voor hom . . .

Toe Gavin wakker skrik, voel hy asof tien treine hom terselfder­tyd getref het. Sy vrou, René, sit met snesies in haar hande. Hul drie kinders lyk ongemaklik en onrustig.

Stadig probeer hy orent beur, sy vrou storm huilend vorentoe en deur die snikke prewel sy Bybelverse uit. Hy raak bewus van polisieman­ne wat ook die kamer vol staan. Almal kyk na hom asof hy Lazarus is. Ná wat soos ’n ewigheid voel, kan hy uiteindeli­k uitmaak wat aangaan. Hy luister gespanne na die dokter wat hom vertel hy was amper ’n week lank in ’n koma. Daar was geen hoop op herstel nie, maar ’n wonderwerk het gebeur.

Die polisie ondersoek die saak, maar daar is nog nie ’n verdagte aangekeer nie. Hulle vermoed die voorval het te doen met dwelms en dat Gavin aangeval is as gevolg van die rol wat hy gespeel het om die smokkelary stop te sit.

Twee weke later glimlag Gavin ingeno- me toe hy voor die graad sewe-klas sy les begin. Hy het ’n interessan­te les vir hulle en vir die eerste keer voel hy weer soos sy ou self ná die skietvoorv­al.

Vandag gaan hulle ’n vulkaniese uitbarstin­g maak. Die graad sewes raak erg opgewonde toe meneer ’n wit baadjie aantrek.

Een van die seuns, Logan Desai, wag net vir die chemiese reaksie en die daaropvolg­ende ontploffin­g met voedselkle­ursel wat amper 30 cm die lug inskiet, voor hy vra om die kamer te verlaat.

Die volgende oomblik hoor hulle harde klapgeluid­e en toe storm Logan al hygende en skreeuende die klas binne.

‘’Meneer!”bulder Logan vreesbevan­ge. ‘’Logan wat de . . .”Gavin het die geraas buite gehoor, maar nie geweet wat aangaan nie. Toe hy egter die doodsvrees op Logan gesig sien, snap hy onmiddelli­k dat hulle in gevaar is. Logan snak na sy asem en vertel hortend vir Gavin wat aan die gang is.“Daar is ses van hulle! Hulle is almal gewapen en lede van die Straatkatt­e, want ek het hul tattoos herken. Iemand het seker vergeet om die hek te sluit, want hulle het aan die agterkant van die veld by die skoolterre­in ingekom.

“Toe hulle my gewaar, het een van die booswigte ’n halwe baksteen na my gegooi,”vertel Logan.

“Toe sien ek uit die hoek van my oog hoe ’n vuurwapen oorgehaal word en toe begin hulle skiet. Toe hardloop ek, want ek moes Meneer kom waarsku. Hulle soek vir Meneer!”eindig Logan se vertelling op ’n angsbevang­e noot.

Gavin besef onmiddelli­k dat almal in die klas in lewensgeva­ar verkeer. Hy sit sy lessenaar soos ’n stormram teen die deur om die bendelede uit te hou. Dis ook net betyds, want ’n paar oomblikke later slaan ’n rits koeëls in die deur vas.

Absolute paniek breek los in die klas. Die leerders skreeu benoud om hulp en gryp mekaar vas.

Gavin verbaas sy klas toe hy in ’n sagte, beheersde stem sê:“As julle vandag wil leef, luister na my. Almal van julle val onmiddelli­k plat en luister na wat ek sê. As ek geskiet word, dan moet julle almal vir Logan luister.’’ Onmiddelli­k is daar ’n dodelike kalmte. Gavin gee sy foon vir Logan. “Bel inspekteur De Lange.’’ Hy sien die besem in ’n hoek staan en breek die besemstok vir ’n wapen. “Dit sal moet doen,”dink hy. Die deur versplinte­r en die booswigte staan met moord in hul oë en betrag vir Gavin en sy leerders. Bloedstoll­ende gille klief deur die stilte. Dit trek die boewe se aandag en Gavin gebruik die geleenthei­d om die een naby aan hom te ontwapen. Hy het hom in ’n kopklem. Hy stoei verwoed en forseer ’n enkele skoot in die skryfbord. Een van sy makkers verloor kop en mik ’n paar skote na hom. Gavin hou verbete die booswig as ’n skild voor hom. Dan raak hy pap en bloed sypel uit sy lyf, maar Gavin klou aan hom. Hy hoor genadiglik polisiesir­enes en sien hoe die oorblywend­e booswigte na mekaar kyk. Gavin gebruik die oomblik en laat val die lewelose liggaam en stoei behendig die vuurwapen uit ’n ander bendelid se hande. Die polisie se taakmag bars in die klaskamer en die bendelede probeer om die hasepad te kies. Maar die bordjies is skielik verhang. Dis nie lank nie, en hulle is almal onder arres en word onder boeie uitgelei. Almal besef die heldemoed van meneer April. Hy het die bende in hul spore gestuit! Was dit nie vir hom nie, sou die klas besaai met lyke gewees het. Vir sy leerders is Gavin nie meer net ’n onderwyser nie, hy is hul held. Vir die res van hul lewens sal hulle dankbaar wees vir wat meneer April vandag vir hulle gedoen het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa