Kuier

WEES ’N GOEIE VIR VOORBEELD JOUSELF

Kinders het liefde en leiding van albei ouers nodig en afwesige pa’s moet gemaan word om hul plig na te kom.

- DEUR SYDENE CLOETE

Die voorbeelde wat ons vir ons kinders stel, bly hulle lank by selfs nadat woorde stilgeraak het. As dogters leer ons baie by ons ma’s, maar ons leer ewe veel by ons pa’s.

Ouers word aangestel as die kompasse vir hul kinders en albei ouers het ’n ewe belangrike rol om hier te vervul. Jy leer of aanvaar onwillekeu­rig jou ouers se voorbeeld vir jou eie verhouding­s, romanties of nie. Dit is ook vanwaar jou eerste maatstaf kom vir jou menswaardi­gheid, jou siening van jouself en hoe jy liefgehê, waardeer en gerespekte­er wil word. Hulle leer jou ook hoe om ander lief te hê, te respekteer en te waardeer.

Maar wanneer jou pa kies om nie deel van jou lewe te wees nie, kan dit jou hele lewe beïnvloed. Die afwesige pa kan dan negatiewe boodskappe aan sy kind oordra – al is dit nie opsetlik of met woorde nie. Só kan die kind dalk begin glo hulle was nie goed genoeg om hul pa se liefde en aandag te verdien nie of dat hulle iets gedoen het om die pa te laat weggaan.

Vanaf ’n jong ouderdom maak die mense in jou lewe, die ervarings en emosies wat daarmee gepaard gaan, deel uit van jou onbewustel­ike gedrag en hoe jy jouself sien. Onbewustel­ike gedrag is die “program” waarvolgen­s jou lewe verloop. Dis hoe jy amper outomaties vir 95 – 99% van die tyd op gebeure reageer. Dié “program” beïnvloed dus ook romantiese verhouding­s. Vroue voel dalk byvoorbeel­d onbewustel­ik aangetrokk­e tot sterk mans soos hul pa’s of seuns behandel hul vrou soos wat hul pa hul ma behandel. Ons is “creatures of habit”, so ons vind sekuriteit in dit waarmee ons kan identifise­er.

As die ouers se voorbeeld negatief was, kan die teenoorges­telde gebeur. ’n Sekere eienskap van die ouer het die kind dalk met soveel weersin gevul dat hulle presies die teenoorges­telde soek in ’n maat.

Daar is ’n tendens dat wanneer sommige mans met die ma opbreek, hulle ook met die ongebore baba of ouer kinders opbreek. Dan is daar ook sommige ma’s wat kinders om selfsugtig­e redes van die pa weghou wanneer die verhouding op die rotse beland en dis nie noodwendig om die kind te beskerm nie.

Wat ook al die rede vir ouers wat opbreek, die pa moet altyd aangemoedi­g word om ’n aktiewe rol in sy kind se lewe te speel.

Wanneer jy trou of in ’n verhouding is met ’n afwesige pa, het jy ook ’n verantwoor­delikheid om hom aan te moedig om sy ouerlike plig teenoor sy kind te besef en na te kom.

Waak daarteen om selfsugtig te wees wanneer dit by jou tyd, aandag en geliefdes kom. Maak ’n punt daarvan om jou maat met sy kind(ers) uit ’n vorige verhouding te deel. Maak jou hart en lewe oop, want wanneer ons ons afsluit van verantwoor­delikhede en vergeet om seëninge te deel, bou ons ’n muur om onsself wat keer dat nog meer seëninge van buite af in ons lewe vloei. ’n Toe hand kan nie ontvang nie.

Oumas het ook ’n verantwoor­delikheid teenoor hul kleinkinde­rs. Elke kind soek ’n gevoel van behoort en wil net weet daar is iemand wat in hulle glo en wat hulle nie wil teleurstel nie. As tannies of oumas van ’n afwesige pa se kinders, moet ons teenwoordi­g probeer wees. Elke kind kan doen met ’n“máár”in hul lewe. Pa was nooit daar nie, máár ouma of tannie het hom al die liefde en aandag gegee. Ons moet ons self afvra, watter verantwoor­delikheid het ons as ’n breë gemeenskap om afwesige pa’s tot verantwoor­ding te roep? Elke keer wanneer ons nie dit nie aanspreek nie, word ons deel van die probleem, word dit ’n norm.

Kom ons vra afwesige pa’s die ongemaklik­e vrae. Kom ons moedig hulle aan om aktief deel te wees van hul kinders se lewens. Kom ons moedig ons kinders aan om hul pa’s deel te maak van hul lewens. Kom ons as ma’s, tannies, vriendinne, oumas en stiefma’s staan saam en help afwesige pa’s in die rigting van verantwoor­delikheid.

’n Staande ovasie vir al die wonderlike pa’s wat moeite doen om deel te wees van hul kinders se lewens en ook aan elkeen wat die rol van ’n pa in ’n kind se lewe vertolk. Pa’s, wees die tipe man aan wie jy eendag jou dogter met liefde en respek sal toevertrou.

Kom ons vra afwesige pa’ s die ongemaklik­e vrae. Kom ons moedig hulle aan om aktief d eelte wees van hul kinders selewens.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa