Kuier

BESTE HELP-MY-KRAP

-

Anale jeuk staan ook bekend as pruritus ani. Baie mense dink anale jeuk is ’n klein probleem in terme van algemene gesondheid, maar dit is baie irriterend en kan dinke moeilik maak in sosiale kringe.

Daar is baie oorsake van anale jeuk en dit is belangrik om die regte diagnose te kry sodat die gepaste behandelin­g toegepas kan word. Wannneer die oorsaak onbekend is, word dit primêre anale jeuk genoem. Hierdie“onbekende” oorsaak neem aan dat ’n moontlike, irriterend­e vloeisel uit die anus kom en die gejeuk veroorsaak. Die gekrap beskadig die vel verder en vergroot die area van irritasie en

kan ’n chroniese probleem word. Oorsake en simptome van anorektale siektes of toestande: Oormatige vog weens sweet, ontlasting (los stoelgange) en mukus Aambeie Droë vel Velkwale soos ekseem, dermatitis, psoriase en lichen sklerose Krake (fissures), groewe (fistulae) of skaafplekk­e by die anus

Swam- en virus-, bakteriële infeksies (anale vratte) Baie hare rondom die anus Salf, room, seep, parfuum en toiletpapi­er stowwe wat die anus irriteer

Haarwurms wat eiertjies rondom die anus lê

Dis belangrik om ’n deeglike mediese geskiedeni­s te kry met die hoop om ’n oorsaak vas te stel. Algemene mediese fisiese ondersoek moet ook gedoen word om ander siektes uit te skakel.

’n Deeglike ondersoek van die vel rondom die anus moet gedoen word en dan ’n digitale rektale ondersoek (waar die dokter sy of haar vinger – natuurlik met ’n mediese handskoen aan – in die anus sit om ’n lokale binne-ondersoek te doen).

’n Klein instrument (’n anoskoop) kan ook gebruik word om na die anus te kyk en monsters van die vel of anus te neem. Dit word dan na die laboratori­um gestuur vir verdere toetse. Moet asseblief nie bang of skaam wees hiervoor nie.

Sekere voedselite­ms kan ook anale gejeuk by sommige mense veroorsaak.Dit is goed soos tamaties, speserye, sitrusvrug­te, druiwe, melk, koffie, tee, bier, sjokolade, neute en energiedra­nkies. Baie kaffeïen kan ook die spierkontr­aksie van die anale sfinkter verswak en anale lekkasie veroorsaak BEHANDELIN­G: Die doel van die behandelin­g is om ’n skoon, droë en gesonde anale vel te kry.

Om lekkasie van die anus te verminder, kan jy die volgende probeer om die stoelgang wat sag en dik is, te laat beweeg: Veselaanvu­llings wat die vog uit die stoelgang kan absorbeer of selfs medikasie kan gebruik word. Let wel dat die medikasie wat jy gaan gebruik nie hardlywigh­eid moet veroorsaak nie. Die doel is net om die hele stoelgang te passeer.

Dieetaanpa­ssings kan ook gedoen word. Skakel van die kosse en drankies (wat reeds genoem is) vir ’n paar weke uit – en begin dit dan weer geleidelik een vir een te eet en drink. Sodoende sal die oorsaak van die anale gejeuk dan makliker vasgestel word.

Volg ook hierdie higiëniese metodes ná toiletgebr­uik: Jy hoef nie die anale area te skrop en te sterilisee­r nie. Vermy chemiese irritasies en gebruik net skoon water of aqueous-room sonder parfuum.

Jy kan witasyn (een eetlepel) wat met een koppie water (250 ml) gemeng word, met watte aanwend om die anale vel skoon te maak ná ontlasting.

Babapoeier (sonder parfuum) kan ook help om die anale vel droog te hou.

Los katoenonde­rklere word aanbeveel (nie nylon nie) – dis belangrik dat hierdie gedeelte van jou liggaam ook“asemhaal”.

Knip jou naels kort en dra katoenhand­skoene veral wanneer jy slaap en nie bewus is dat jy krap nie.

’n Kort kursus van ’n ligte steroïde-salf kan gebruik word om die gejeuk te verminder. Let wel dat aanhoudend­e, sterk steroïde-salf of -room die anale vel kan verdun en skeur.

Jy kan ook ’n sinkoksied- of mentholen-kamfersalf gebruik om die anale vel te beskerm.

Stresbehee­r is ook belangrik in sekere gevalle. Jou dokter sal jou na ’n spesialis verwys indien nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa