Kuier

BESTE BANG

-

Ag nee, vrou. Ek is so jammer dat dit aan die gang is. Wat sal die kinders makeer? Hulle weet mos hulle is familie en dit is verkeerd om bloedskand­e te pleeg. Ek wens ek het geweet hoe oud hulle is. Jy sal jou skoonsuste­r móét nader en die kinders in dieselfde kamer kry en saam met hulle praat. Hulle sal moet verstaan julle keur nie so ’n verhouding goed nie en dat dit verkeerd is. Ek is seker jy ken jou kind, so begin by hom. Maak seker hy verstaan jou en die implikasie­s van so verhouding. Sê vir hom dat sy pa nie daarvan sou hou nie en hy sy pa se naam skend. Jou skoonsuste­r moet ’n groot chill pil sluk en net die deur oopmaak, want praat sal julle moet. Moenie haar dogter beskuldig of selfs lelike goed van haar sê nie. Die twee kinders is kop in een mus. Ek hoop van harte julle kan die saak uitsorteer en seker maak die kinders vind hul pad. Verbied jy jou seun om haar te sien, dan gaan hy haar eers jaag. Wees tog maar versigtig hoe jy dit hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa