Kuier

BESTE KWAAD

-

O, my genade! Dit is darem nou vir jou ’n ding. Ek is nie seker wat jy wil of kan doen nie, maar een ding is seker, die baba het nie gevra om hier te wees nie.

As jy ’n ma is, weet jy mos dat jy nie die baba kan verwilder nie. Dit is ’n sensitiewe saak. Ek verstaan dit en is seker die pil is vir jou bitter moeilik om te sluk. Jy sê nie of jou man erken het hy is die kind se pa nie. As hy wel die pa is en jy wil jul huwelik red en hom vergewe, dan moet jy die situasie aanvaar. Die kindjie het ’n pa nodig en jou man sal sy kant moet bring. Ongelukkig kom die kind en ma mos saam as ’n pakket en jy sal jou reëls moet neerlê en liewer betrokke wees sodat jy van die begin af in die mix is. Anders gaan jy weer sleg tweede kom. Dit is nogal baie vir een mens om te aanvaar, maar dink die ding deur en kom tot ’n besluit. Een waarmee jy kan saamleef.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa