Kuier

VARKROLLET­JIES

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E Vleis ¾ koppie soutvlokki­es 1½ koppie klewerige bruinsuike­r 2 kg varkblad (sonder vel) ½ koppie maple syrup 2 eetlepels mosterdpoe­ier ½ van 156 g potjie heelkorrel­mosterd Varsgemaal­de swartpeper na smaak Koolslaai ¼ koppie asyn 2 eetlepels suiker 2 eetlepels olie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie kopkool, versnipper 1 koppie wortels, gerasper 1 koppie seldery, gekap Skil van 1 suurlemoen, gerasper ’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap Samestelli­ng 6 – 8 Portugese of ciabatta-rolletjies, gehalveer en met botter gesmeer Blaarslaai van jou keuse Sous van jou keuse Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak METODE

Vleis: Meng die sout en 1 koppie van die suiker in ’n glasbak waarin die varkblad knussies pas. Vryf die mengsel oor die vark sodat die vleis heeltemal bedek is met die mengsel. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat oornag in die yskas staan. Haal die vark die volgende oggend uit en vryf mooi skoon met handdoekpa­pier. Meng die res van die suiker met die stroop, mosterdkor­rels, mosterdpoe­ier en swartpeper. Smeer die helfte van die mengsel oor die hele varkblad. Plaas die blad op die roosterrak­kie van ’n oondrooste­rpan en maak stadig vir 6 uur lank gaar in ’n voorverhit­te oond van 140°C. Verf die res van die mengsel oor die vark en plaas terug in die oond vir nog ’n uur. Haal die vark op ’n bord uit en bedek lossies met foelie. Laat rus vir ongeveer ’n halfuur voordat jy die vark uitrafel deur twee vurke te gebruik.

Koolslaai: Meng die asyn, suiker, olie en sout en peper. Meng die res van die bestanddel­e in ’n slaaibak en giet die olieen-asyn-mengsel oor. Meng goed, bedek en laat staan tot benodig. Samestelli­ng: Plaas die blaarslaai op die onderste deel van die rolletjie, skep van die koolslaai bo-op, ’n skeppie sous van jou keuse (mayonnaise is vir hierdie resep gebruik) en genoeg van die vleis bo-op. Geur met sout en peper na smaak. WENK: Regte maple syrup is baie duur. Gebruik gerus gouestroop in die maple syrup-geur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa