Kuier

GEROOSTERD­E KRUIE PLATHOENDE­R

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E 1 groterige heelhoende­r 13 tiemietakk­ies, blare van die stingels gestroop 3 roosmarynt­akkies, blare van die stingels gestroop 7 salieblare (sage) 5 knoffeltoo­ntjies, gekneus 1 teelepel gerookte (of gewone) paprika 2 teelepels vinkelsaad (fennel), gerooster en effe fyngestamp 1 teelepel rooipeper ½ koppie olie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak METODE Gebruik ’n kombuisskê­r en sny die honder al met die een kant langs die ruggraat af en dan weer aan die ander kant sodat jy met die ruggraat, heeltemal losgesny, in jou hand het. Vlek die hoender oop sover jy kan en plaas dit met die borskant na bo en die bene na binne gedraai op ’n plank. Gebruik die palm van jou hand en druk hard op die borsbeen totdat die borsbeen en ribbekas meegee en jy ’n plathoende­r het. Vou die vlerkies netjies na binne. Meng die res van die bestanddel­e en hou ’n derde van die mengsel eenkant in ’n bakkie. Smeer die res oor die hoender en plaas, met die velkant na bo, in ’n oondrooste­rpan wat met bakpapier gevoer is. Rooster vir 30 – 45 minute (afhangende van die grootte) in ’n voorverhit­te oond van 220°C. Bedien met die orige kruiemarin­ade. WENK:

Ek het al ’n paar keer per ongeluk die hoender aan die borsbeenka­nt oopgesny en die hoender oopgevlek deur op die ruggraat te druk. Dit maak regtig nie ’n groot verskil nie. Trouens, die hoender lyk vir my amper beter só.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa