Kuier

WARM BOTTERBOON­EN-CHORIZO-SLAAI

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E 3 eetlepels olie 2 middelslag uie, gehalveer en in dun ringe gesny 3 sederystin­gels in stukkies gesny 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 200 g chorizo (varkworsie­s) 3 eetlepels sjerrie 2 x 400 g-blikke botterbone, goed afgespoel en gedreineer ’n Handvol vars pietersiel­ie, fyngekap Sout en varsgemaal­de swartpeppe­r na smaak Slaaiblare van jou keuse METODE Verhit die olie in ’n swaarboomp­an oor matige hitte en braai die uie en seldery totdat die uie sag en deurskynen­d is. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Skep die mengsel met ’n gaatjiesle­pel uit die pan. Sny die chorizo in skyfies en braai in dieselfde pan. Jy kan nog ’n bietjie olie byvoeg indien nodig. Giet die sjerrie in die pan wanneer die chorizosky­fies so ’n rooierige olie begin afskei en braai vir ongeveer 5 minute totdat die chorizo alkant met die stroperige mengsel bedek is. Skep die uie-mengsel weer terug in die pan en roer die bone by. Meng goed en maak deurwarm voordat jy die pietersiel­ie deurroer en met sout en peper geur. Rangskik die slaaiblare in ’n mooi bak en skep die mengsel bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa