Kuier

PEKANMIELI­EBROOD

-

Lewer 1 brood, genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E 4 eetlepels botter 1 – 1¼ koppies karringmel­k 1 ekstra groot eier ½ teelepel vanilla essence 1 eetlepel rum ¾ koppie mieliemeel 1¼ koppie koekmeel 1 teelepel koeksoda 1 teelepel bakpoeier 2 eetlepels suiker ¾ teelepel sout ½ koppie geroosterd­e pekanneute, grofgekap METODE Gebruik ’n ronde ysterpot van ongeveer 20 cm in deursnee. Plaas die pot op ’n stoofplaat oor matige hitte en smelt die botter. Haal die pot van die hitte af en draai en swaai die pot sodat die hele binnekant van die pot met botter bedek is. Giet die botter af in ’n mengbak en laat afkoel. Voeg die karringmel­k, eier, vanilla essence en rum by en klits goed. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Skep in die ysterpot en bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir ongeveer 30 minute of totdat die brood goud van kleur en deurgaar is. WENK: Jy kan die rum met ’n eetlepel lemoensap of sterk rooibostee vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa