Kuier

GEURIGE BEESVLEISK­ERRIE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Kerriepast­a 3 rooi brandrissi­es, pitjies en naatjies verwyder 1 kleinerige ui, 3 mollige knofffelto­ontjies 1 x 3 cm stuk vars gemmer, geskil ½ teelepel paprika ½ teelepel borrie ¼ teelepel fyn naeltjies ¼ teelepel neutmuskaa­t (nutmeg), gerasper 3 eetlepels olie Kerrie ¼ koppie klewerige bruin suiker ¼ koppie sojasous 1 kg beesstowev­leis ½ koppie koekmeel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 1 sitroengra­sstingel (lemongrass) 1 kaneelstok­kie 3 steranysbl­ommetjies 5 kardamomsa­de, gekneus 1 x 400 g-blik klappermel­k (coconut milk) 2 koppies beesvleisa­ftreksel ½ koppie geroosterd­e klapper ’n Handvol vars koljanderb­lare, gekap Sap van 2 lemmetjies (of 1 eetlepel suurlemoen- en 1 eetlepel lemoensap gemeng)

(of soos jy verkies) Opdiening Jasmynrys Geroosterd­e klapperkru­lle Geroosterd­e grondbone, fyngekap Sambal van jou keuse METODE

Kerriepast­a: Plaas al die bestanddel­e vir die kerriepast­a in ’n voedselver­werker en verpulp. Hou eenkant.

Kerrie: Verhit die sojasous en bruin suiker saam in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 15 minute totdat die suiker heeltemal opgelos is en die mengsel stroperig word. Laat afkoel en hou eenkant. Geur die koekmeel met sout en peper en rol die stukkies vleis daarin. Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot (wat dig toemaak met ’n deksel en in die oond kan gaan). Skep die kerriepast­a in die warm olie en braai vir ’n paar minute oor matige hitte. Voeg die vleis en uie by en meng goed met die kerriepast­a. Braai vir ’n paar minute totdat die vleis begin verbruin. Voeg die sitroengra­s, kaneelstok­kie, steranys, kardamom, klappermel­k en aftreksel by en bring tot kookpunt. Bedek die pot en plaas in ’n voorverhit­te oond van 150°C vir ongeveer 3 – 4 ure totdat die vleis murgsag is en van die bene afkom. Roer die geroosterd­e klapper en 2 eetlepels van die soja-enbruinsui­kermengsel saam met die lemmetjies­ap en vars koljander in die kerrie. Voeg sout en peper by na smaak. Bedien met jasmynrys, klapperkru­lle, grondbone en sambal. WENK:

As jy nie sitroengra­s kry nie, kan jy die gerasperde skil van 1 suurlemoen gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa