Kuier

DEKADENTE SJOKOLADER­OOMKOEK

-

Genoeg vir 8 – 10 BESTANDDEL­E Koek 1 eetlepel suiker 500 g donkersjok­olade (3 x 150 g-blokke, plus 1/3 van nog ’n 150 g-blok) 8 eetlepels sagte botter 4 eiers, geskei 4 eetlepels suiker 1 eetlepel mielieblom (Maizena) 2 teelepels vanilla essence ¼ teelepel kremetart (cream of tartar) Bolaag 4 piesangs 2 eetlepels lemoensap 3 eetlepels botter 3 eetlepels suiker 1 koppie room 3 eetlepels versiersui­ker (icing sugar) 1 eetlepel rum Die res van die sjokolade (sien bo by die koekbestan­ddele), gerasper METODE Koek:

Smeer ’n 24 cm losboomkoe­kpan en besprinkel met suiker. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n dubbelkast­rol of in ’n hittebesta­nde bak oor ’n kastrol kookwater oor lae hitte. Haal dit van die hitte af en laat effe afkoel. Klits die eiergele met 2 eetlepels van die suiker met ’n elektriese klitser vir ongeveer 5 minute of totdat die mengsel liggeel en dik is. Roer die mielieblom en vanilla essence by. Klits die eierwitte totdat dit net-net begin wit en dik word – gooi dan die kremetart by. Klits tot stywe punte begin vorm en voeg die res van die suiker – die oorblywend­e 2 eetlepels – bietjie vir bietjie by. Vou die eiergeelme­ngsel versigtig in die sjokoladem­engsel in en vou dan die eierwitmen­gsel selfs nog meer versigtig in. Skep die mengsel in die voorbereid­e koekpan. Bak die koek in ’n voorverhit­te oond van ongeveer 180°C 30 minute of totdat die koek ferm

Hierdieres­ep isgeïnspir­eer deurlatkes, dielekkerJ­oodseaarta­ppelkoekie­s.Diesoetpat­at geedit ’nheelander smaak–watertandl­ekker! KAREN HART

bo-op is, maar nog effe sag aan die binnekant. Haal die koek uit die oond en laat dit in die pan afkoel tot kamertempe­ratuur. Sny die kante liggies los met ’n mes en haal die koekpanrin­g af. Die koek gaan ’n bietjie insink in die middel, maar dis hoe dit moet wees. Bolaag:

Skil die piesangs en sny in skyfies. Meng met die lemoensap om te verhoed dat dit verkleur. Verhit die botter en suiker saam in ’n kastrol oor hoë hitte en laat die mengsel karamelise­er. Dit gebeur vinnig – binne 2 – 3 minute. Roer die piesangs by en kook saam vir ongeveer 3 minute of totdat die piesangs goudbruin is. Laat die piesangmen­gsel heeltemal afkoel. Klits die room in ’n bakkie en sodra dit begin styf word, klits die versiersui­ker en rum bietjie vir bietjie by. Skep die piesangs bo-op die koek en gebruik ’n spuitsak om die room bo-op te spuit. Besprinkel met die gerasperde sjokolade. WENK:

Indien jy ’n effe soeter koek verkies, kan jy die helfte van die sjokolade met melksjokol­ade vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa