Kuier

SOETPATATK­OEKIES

-

Lewer 16 – 20 koekies BESTANDDEL­E 1 groot of 2 middelslag­patats (van ongeveer 500 g) 1 klein ui 1 eier, geklits 3 eetlepels koekmeel Olie vir braai BESTANDDEL­E Skil die patat en rasper op die growwe kant van die rasper. Doen dieselfde met die ui en meng met die patat. Meng met die eier en koekmeel. Verhit die olie – dit moet ongeveer 2 cm diep wees – in ’n groterige pan oor matige hitte. Gebruik 2 eetlepels en maak koekies. Braai 4 op ’n slag vir ongeveer 2 minute aan elke kant in die olie en tot alkant goudbruin. Gebruik ’n gaatjiesle­pel om dit op handdoekpa­pier uit te skep. Bedien met soetrissie­sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa