Kuier

KOORSBLARE

-

As ek daai warm jeuk begin kry, smeer ek dadelik Watkins-salf aan. Geen koorsblaar kom dan uit nie. MICHELLE AVONTUUR, KAAPSTAD Oogsalf werk. CECILIA DOMINGO, HERMANUS Vat ’n warm koppie, sommer jou teekoppie, en plaas dit op die plek waar die koorsblaar is, hou dit so ’n tydjie op en jy sal die resultaat sien. MARINA KLEINSCHMI­DT, STRAND Breek ’n eier oop en gebruik die wit. Sit dit gereeld aan vir so 24 uur. IRENE MAART, ROBERTSON As ek dit voel aankom dan vat ek watte en doop dit in apple cider vinegar. LISA BARNES, PRETORIA Panado-pil fyngemaak. Maak ’n pasta en smeer dit aan. JEMAINE WILLIAMS, MOORREESBU­RG Ek smeer aloe vera gel aan my koorsblare. Dit werk vinnig. LILA BOTHA, VEREENIGIN­G Drink baie melk as jy ’n koorsblaar het. Jy kan ook bietjie melk aan die seertjie vryf. LUCILLE JANTJIES, KRAAIFONTE­IN Ek weet nie hoe jy dit vinniger weg kan kry nie, maar ’n ysie verlig die pyn.

PETRONELLA FIELIES, MALMESBURY

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa