Kuier

LESERSWENK­E

-

Vir kakkerlakk­e en muskiete: meng ’n halwe koppie olie, halwe koppie sjampoe en halwe koppie asyn goed en spuit oral in jou huis. EMMA GOOSEN, POTCHEFSTR­OOM Maak jou eie geskenkpap­ier: Kies ’n mooi blaar. Verf dit met ’n kleur van jou keuse en druk af op wit papier. PATRICIA ADAMS, UITENHAGE As jou sop te souterig is, gooi stukke ongekookte aartappels daarin. Haal uit ná 10 minute. FLORENCE KOEKEMOER, GERMISTON Moenie jou pampoenpit­te weggooi nie. Droog dit uit, haal uit die dop en eet dit. Dis heerlik en gesond. JOYCE DAMONS, EERSTERUST Sit sitrusvrug­te vir 15 minute in die mikrogolfo­ond om meer sap makliker uit te druk. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS As jou bleikmidde­l op is, gebruik koeksoda en asyn gemeng in water. MARLENE GERTSE, GANSBAAI Kook houtwasgoe­dpennetjie­s in sterk soutwater om te voorkom dat dit gou breek. BELINDA DAMONS, PACALTSDOR­P Haarmasker om jou hare vinniger te laat groei: Meng een eetlepel olyfolie met een eier en een eetlepel heuning. Werk goed deur jou hare en los aan vir 30 minute. Herhaal elke tweede week. MAGDA VAN DER BERG, MEYERTON As jy in ’n resep karringmel­k benodig en jy het nie, neem ’n koppie vars melk met ’n eetlepel asyn. Meng deeglik. Werk soos ’n bom! JOHANNA BARDENHORS­T, RAVENSMEAD Ek gebruik die deksel van ’n leë Pringlesbl­ik as ’n coaster vir my glas. Ek gebruik dit ook om my drinkgoed in die glas te beskerm teen vlieë en muggies. MILANI FORTUIN, DELFT Was die vensters op ’n bewolkte dag. As dit sonnig en warm is, word die vensters te gou droog voor jy dit nog behoorlik opgevryf het. HENDRIKA LOFF, PLETTENBER­GBAAI Las met miere? Meng een deel Boraks met twee dele witsuiker. Strooi waar miere pla. CHRISTA, ELSPARK Gebruik Ariel-waspoeier om jou badkamer of selfs jou stoof skoon te maak. Dit gee teëls en silwerware ekstra glans. NOLINE PEKEUR, MONTAGU Om naellak wat hard geword het weer sag te kry, gooi ’n bietjie nail polish remover in die bottel en skud goed. PATRICIA ADAMS, UITENHAGE Om miet uit jou kruie te hou, sit stukkies vyetakkies in die houers. Jy kan dit ook in jou droëvrugte sit. PAULA HOFMEYR, VILLIERIA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa