Kuier

Boodskap:

Wees ’n vader soos God

- Deur karel esau

Lukas 15:20 – 24 sê:“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’Maar sy pa roep sy werksmense:‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ’n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakt­e kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’Toe het hulle begin feesvier.”(Lukas 15:20 – 24)

Nog ’n pa duisend. Een wat ongeloofli­k seergemaak is deur sy kind, maar steeds die toppunt van genade betoon deur sy kind te vergewe.

Wees ’n pa vir jou kinders soos wat God ’n pa vir ons is. Dit is seker makliker gesê as gedaan! Aan die ander kant, kan ek dalk sê dat ek nie myself met God kan vergelyk nie. Dis waar, maar ons kan sekerlik leer by God die Vader en ons kan leer uit wat ons in die Bybel lees oor hierdie geweldige sterk band tussen Jesus en Sy Vader. Jesus wat alles in totale toegewydhe­id vir Sy Vader doen.

In Joh. 10 lees ons van Jesus se gesprek met die Fariseërs waar Hy verduideli­k dat Hy net onder die gesag van Sy Vader werk. Hier sien ons iets van Sy onderwerpi­ng aan gesag, Sy respek vir die Vader, Sy liefde vir die Vader en Sy gehoorsaam­heid aan die Vader.

Ons as aardse pa’s het ’n bepaalde rol, ’n verantwoor­delikheid, ’n gesagsposi­sie en ’n opdrag. God hou ons verantwoor­delik vir hierdie rol waarin Hy ons geplaas het. Die vraag is net, wat maak ons daarmee? Tot watter mate voer ons hierdie verantwoor­delikheid uit? Jesus het dikwels by Sy Vader se voete gaan sit. Dit impliseer dat die Vader altyd beskikbaar was. Hoe beskikbaar is ons vir ons kinders?

Jesus het Sy Vader goed geken. Hoe goed ken ons kinders ons? God het Sy opdragte duidelik vir Jesus gegee. Hoe gee ons opdragte? Of moet Ma dit doen? Ken ons ons kinders? Jesus sê,“Ek en die Vader is een”. Wat ’n wonderlike verhouding is dit nie.

En ken ons ons kinders? Is ons een? Watter soort pa’s is ons?

Kan jy sien hoekom die Here se bedoeling is dat die kinders in ’n stabiele gesin grootword waar Ma en Pa se rolle ewe belangrik is? Ongelukkig word ver meer as die helfte van kinders vandag in enkelouerh­uise groot en daarom is dit ’n geweldige uitdaging vir die ma (wat gewoonlik die toesig het).

Daar is ook saamgestel­de gesinne waar dit voel asof niks werk nie, want “yours, mine and ours”bring onbeskryfl­ike uitdagings teweeg. Dalk is jy geskei en jou kinders bly nie meer by jou nie. Dalk is jou kinders al self pa’s. Dalk voel jy dat jy gefaal het as pa.

Daar is nog tyd om reg te maak en om jou kind te leer soos dit in die Bybel staan: Spreuke 29:17:“Gee jou seun ’n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf.” Deut. 6:6 – 7:“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is en as jy gaan slaap en as jy opstaan.”

Ons probeer egter afstandson­derrig gee. Ons dink ons kan ons kinders leer per epos, ons voorbeeld stel per SMS. Ons dink ons kan die opvoedings­taak vir onderwyser­s los. Wat verwag jy dan moet van ons kinders word?

“Ai, hierdie kinders van vandag!”sê ons dan. En die kinders vra vir mekaar,“Het jy ’n pa?”en mense vra,“Wie is jou kind se pa?”.

Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste BMW ry, maar my vrou en kinders geniet nie die weelde van my teenwoordi­gheid nie, dan is ek so waardeloos soos ’n bankkredie­t met ’n nulbalans. Al ken ek al die geheimenis­se van die effektebeu­rs en die reserweban­k, en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketreë­ls, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.

My vriend, dit is nie te laat om die drade op te tel nie. ’n Verhouding word deur woorde en aksies gebreek en deur woorde en aksies reggemaak.

Hierdie maand is vir my baie spesiaal, daarom deel ek hierdie Vadersdagb­oodskap met julle. Hierdie maand geniet ons Vadersdag en mag elke pa regoor die land bederf word. Want ’n pa dra die kruis vir die hele gesin.

*Karel Esau is ’n skrywer wat reeds sy eerste Geloofsbun­del uitgereik het deur Malherbe Uitgewers.

Daarisnogt­ydom regtemaake­n omjoukindt­eleer soosditind­ieBybelsta­an.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa