Kuier

Gebed:

Herstel nou die verhouding met jou pa

- saamgestel deur lavern maarman

Gebed Liewe Heer, so baie van ons se verhouding met ons aardse pa is nie wat dit moet wees nie.

Soveel kinders het al hul pa’s teleurgest­el en hul harte gebreek omdat hulle nie na sy wyse raad wou luister nie. Dan is daar ander wat weer nie hul pa’s kan vergewe omdat hy hulle iewers langs die pad te na gekom het nie.

Maar daar is ook die afwesige pa’s wat nie deel van hul kinders se lewens wil wees nie. Ander pa’s verwyt weer hulself omdat hulle nie hul verantwoor­delikheid nagekom het nie of dink hulle is nie goed genoeg nie.

Vandag sit ons die gebroke harte van hierdie pa’s en kinders voor U troon neer.

Help die kinders om te vergewe sodat hulle nie in die toekoms hul hartseer en verwyte aan hul eie kinders oordra nie.

Versterk die pa’s se harte en open hul arms sodat hulle hul verlore kinders kan terugverwe­lkom.

Hemelse Vader, dankie dat U ons nooit sal verlaat nie. Soos die verlore seun se pa, ontvang U ons keer op keer terug met ope arms as ons die pad byster geraak het.

AMEN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa