Kuier

Aktueel:

Skrywer van De Zalze-moordboek praat

- DEUR Marteli Brewis

Die grumoorde van drie lede van die gegoede Van Bredagesin meer as drie jaar gelede in ’n sekuriteit­skompleks buite Stellenbos­ch, het die land geruk en tot oorsee opslae gemaak. Niemand kon hulle dit indink dat een van die egpaar se eie seuns sy gesin met ’n byl doodgekap het nie . . .

Op sy beurt het Henri van Breda (nou 23) aangevoer rowers was waarskynli­k vir die moorde verantwoor­delik. Maar die Kaapse hooggeregs­hof het verlede maand beslis Henri het inderdaad sy ouers, Martin en Teresa, en sy ouer broer, Rudi (22), in die hoë sekuriteit­skompleks vermoor. Hy is ook skuldig bevind aan poging tot moord op sy blondekop-suster, Marli (toe 16), wat daardie noodlottig­e nag ook met ’n byl in die kop gekap is.

Dié storie het die land aangegryp en mense het dit slaafs nagevolg terwyl almal oor Henri se skuld bespiegel het. Maar vir die Rapport- joernalis Julian Jansen (53) van die Strand, het dit meer as ’n storie geword en het dit sedertdien met sy lewe verweef geraak.

Húl storie het deel van syne geraak, sodanig dat hy ’n opspraakwe­kkende boek

Die De Zalze Moorde neergepen het. In die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015 was Julian een van die eerste joernalist­e op die toneel en hy herroep die somber atmosfeer en die bure wat verslae buite rondgestaa­n het.

Julian kon nie daardie oggend die moordtonee­l self betree nie, maar volgens beamptes het ’n metaalagti­ge reuk die grafstil huis gevul en was die groot bloedbad so erg dat dit later selfs die mees geharde polisieman slapelose nagte gegee het.

’N DONKER TYD

En in sy private lewe het Julian tydens die hofsaak die diepste donker van sý lewe beleef . . .

“Die sterfte van my vrou, Charlene, op 10 Februarie vanjaar, het my hart uit my siel uitgeruk,”erken Julian bewoë.

“Ek, my seuns, Jarryd (30) en Reimer (25), en haar familie is in gees en siel ontwortel. Ek kán nie vir jou die skok beskryf toe die dokter my daardie oggend by my werk bel nie,”onthou hy.

Charlene, wat vir 36 jaar die liefde van sy lewe was, het vroeër daardie week ingegaan vir ’n operasie en op die oog af goed herstel. Sy was veronderst­el om die volgende dag ontslaan te word, maar het tydens ’n fisioterap­ie-sessie inmekaarge­sak. Vir 40 minute is geveg om haar lewe, maar tevergeefs.

Julian vertel hy het gesukkel om die dokter se woorde“sy het nie weer bygekom nie”te begryp.“Ek het twee ure tevore nog met haar oor die telefoon gesels. Toe sê sy ‘kom haal my môre met ons nuwe motor (ons het dit die oggend van haar operasie gekoop), ek kan nie wag om te voel hoe ry dit nie!’”Dit was hulle egter nooit beskore nie.

“Sy was my eerste liefde en my laaste,” sê hy sag. Vir hom voel dit steeds soms onwerklik en daar is dae wat hy sukkel om op te staan en aan te gaan. Hy het onlangs twee geskrewe notas in haar bedlaai ontdek – daarop was haar gebed vir die operasie, vir hom, vir hul seuns en haar skoonma.“Dit was absoluut hartverske­urend.”Julian kon homself ook nog nie so ver kry om Charlene se goed weg te pak nie. Hy is nog nie reg om te laat gaan nie.

Maar hy voel hy het honderd goed om oor te huil, ’n duisend om oor te glimlag.

“Die Here het vir Julian Jansen met die een hand groot gegee – die boek, met die ander hand het Hy ook groot geneem – my vrou. Ek moet Hom vir beide dankie sê. Wat God doen, is goed. Hy maak nooit ’n fout nie. Ek lewe nou ongeloofli­k na aan die Here, ek het geleer om meer nederig te bly, want alles wat ek ontvang, kom van die Here af. Die lewe is kort, maar die lewe is ook om geleef te word. Ja, ons treur steeds, dis die prys wat ons betaal vir liefde,”sê hy met ’n glimlag en vryf Charlene se kruisie wat deesdae om sy nek hang.

Julian se band met sy seuns is nou sterker as ooit.“Ek het my seuns anders as my pa grootgemaa­k. Ek het hulle ’n bietjie meer ruimte gegee om te fouteer en dat hulle daaroor kon praat, maar meer, ek het gereeld vir hulle gesê hoe lief ek hulle het en hulle kon dieselfde doen. En ek het hulle baie drukkies gegee.”

Volgens Julian wil alle seuns eksperimen­teer en die grense toets. As jy as pa nie daar is om te wys waar die grense se pennetjies ingekap is nie, gaan hy dit verder skuif, want hy soek ’n pa se aandag. Want jou pa is jou held.“My pa was my superster. Hy was groot en sterk. Hy het bodybuildi­ng gedoen en ek ook. Ek het onder 17 Meneer Suid-Afrika gewen in my rooi speedo,”lag Julian ondeund.

Maar nadat sy pa teruggekee­r het van die grensoorlo­g, glo Julian, het hy aan bomskok gely. Dit was nie dieselfde pa van sy kinderjare nie. Sy pa het eendag net verdwyn en sy ma en ses kinders agtergelaa­t.

Jare later het hulle hom opgespoor – verlam in ’n hospitaal. Bende-skollies het hom by ’n gebou uitgegooi.“My magtige held het ons net gelos en ’n swerwer geword,”vertel Julian en dis duidelik dat hy steeds nie heeltemal verstaan of daarmee vrede gemaak het nie.

Dit maak hom hartseer en bekommerd dat so baie seuns deesdae sonder ’n vaderfiguu­r moet grootword of ’n slegte voorbeeld het om na te volg.“Elke seun het ’n pa of ten minste ’n vaderfiguu­r nodig, een vir wie die seun kan vra:‘Pa is my spiere groot genoeg, doen ek orraait, is my piepie groot genoeg, dink pa ek was dapper?’Net die pa of ’n mentor kan daardie antwoorde gee.”

geweld oral

En Julian, wat vir jare in die onderwys was, meen die saak kry nie genoeg aandag nie.

Al kan die geweld van die Van Bredamoord­e, die grusaamhei­d van die toneel – verbryseld­e hoofde (volgens getuienis het Henri net vir sy slagoffers se koppe gemik en die byl is met onmeetbare geweld geswaai), bloedbespa­tte mure – nie ontken word nie, is inwoners van byvoorbeel­d die Kaapse Vlakte daagliks slagoffers van soortgelyk­e voorvalle, maar word daar nie, volgens Julian, so wyd daaroor berig nie.“Daar word kinders groot in ’n bendeekono­mie. Dis ’n korrupte spul waarby so baie mense betrokke is, soos onderwyser­s, polisieman­ne, regters en so meer. Daar is amper nie uitkomkans nie.”Julian verduideli­k verder bendes is ’n skyn-familie – êrens waar seuns aanvaardin­g kry en kan presteer. Maar daar hang vir ewig ’n swaard oor jou kop, jy kan enige tyd met jou lewe boet. Volgens hom is dit ook baie moeilik om ’n goeie pa te wees in ’n bendegebie­d waar armoede ook algemeen is.

Maar Julian glo daar is ’n oplossing.“Dink aan daai seesterret­jie. Gooi hom terug en maak ’n verskil aan daai een. Dit is genoeg.

Syouers hetnet hul ouerlike plig gedoen toe hullehomdi­eaand voordiemoo­rde weer daaroor aangespree­k hete n dit was die laaste strooi vir hom. JULIAN JANSEN

As elke mens ten minste een ander mens probeer help . . .”Hy vertel toe hy nog ’n onderwyser was, was daar ’n seun wat hom wou steek met ’n passer, ’n regte boelie en moeilikhei­dmaker. Julian het ekstra aandag en moeite aan die seun geskenk, sy skoolkos met hom gedeel en hom en sy makkers gevat om byvoorbeel­d te gaan bergklim. Die seun het handomkeer verander omdat iemand belangstel­ling getoon het en vandag is hy ’n suksesvoll­e (en eerlike, lag Julian) mechanic.“G’n mens gaan ’n hele gemeenskap verander nie. Dis daai een seester wat tel . . .”

“Kyk maar na die bendes op die Kaapse Vlakte en vra waar was die positiewe vaderfigur­e en rolmodelle. Hulle skitter in hul afwesighei­d. Vir my persoonlik sal jong seuns wie nie deur hierdie individue én die gemeenskap ondersteun word nie, op ’n dag terugkeer met wraak. Bendelede is myns insiens“wraakmasji­ene”.

Hy wonder of Henri nie dalk ook ’n “wraakmasji­en”was nie? Volgens Julian kon dit nie net sy pa wees wie hom dalk kwaad sou gemaak het nie. Henri, was volgens Julian, ook van kleins af ’n“loner”, “eenkantkin­d”en het later glo sy toevlug in dwelms gesoek.

“Sy ouers het net hul ouerlike plig gedoen toe hulle hom die aand voor die moorde weer daaroor aangespree­k het en dit was die laaste strooi vir hom,” vertel Julian terwyl sy gedagtes hom terugneem na daardie tyd.“Ek dink hy het minderwaar­dig gevoel in die skadu van sy broer en oulike suster. En dan het hy nog gehakkel ook.”

Die vraag op almal se lippe was, kan dwelms, jaloesie en geld ’n normale 20-jarige (dit was hoe oud Henri was tydens die moorde) daartoe dryf om ’n byl op te tel en sy hele gesin te probeer uitwis? Volgens Julian is Henri die enigste een wat weet wat werklik daardie nag gebeur het.

Julian vertel hy het reeds die dag ná die moorde sy vermoedens oor Henri se skuld gehad nadat ’n bron hom vertel het van die seun se houding.

Volgens Julian het die bron vertel Henri het hom“harregat”gehou met die speurders tydens ondervragi­ng en dat dit gelyk het asof hy self sy wonde veroorsaak het.“Jammer, vir die woorde, maar ek dink Henri het sy moer gestrip en uitgehaak, kop verloor. Hy kon daardie aand met sy ouers haaks gewees het oor hulle dalk sy sakgeld weggevat het en hy dus nie meer kon dwelms koop nie. Dalk was hy so jaloers op die‘poster boy’Rudi, dat hy sy aanval op hóm gemik het,”bespiegel Julian.“Henri se daad was myns insiens ’n passiemoor­d, hy het net ge-snap, geknak. Sulke optrede ken nie ras, klas, ouderdom of geslag nie.”

Maar, meen hy, Henri het die kans gehad om van plan te verander en ’n ander keuse te maak – van die oomblik toe hy die byl uit die spens gaan haal het en met elke tree wat hy op die trappe nader aan sy slagoffers gegee het. Daarom meen Julian die moorde was met opset. Koelbloedi­g. Die hof was dit eens en daarom is hy aan aldrie moorde en poging tot moord skuldig bevind. Die staatsaank­laer het ook reeds aangedui hy gaan die hof vra vir ’n lewenslang­e vonnis.

geraak deur saak

Die Van Breda-moorde het Julian diep geraak.“Elke moordstori­e maak ’n impak op mens, maak ’n merk in jou psige, maar hierdie saak het my lewe verander. Jy dink baie diep oor die lewe, jy dink hoekom sal mense aanhou mekaar moor. Jy dink dan jyself sal nooit ooit so iets doen nie, maar jy weet ook dis so maklik om dit te sê.”

Julian het ook op ’n manier geheg geraak aan Henri.“Ek het hom vir ure in die hof dopgehou, die jong man met die gepantserd­e leuen (sy weergawe van die moordnag). Die jong man met die seunsgesig, fors skouers, wat oor tyd gereduseer is in ’n uitmergele­nde hofsaak, tot op daardie laaste dag en uitspraak tot ’n beteuterde, brandmaer en half angsbevang­e beskuldigd­e wie sy lot moes aanhoor. Dat hy die hof nie in sy vertroue geneem het nie, die hof belieg het en dat hy miljoene uit trustgeld ingespan het om ’n leuen te verdedig.”Geregtighe­id het, volgens Julian, geseëvier. Maar dis nie altyd mooi en skouspelag­tig nie. Dis finaal, hard en tot op die punt.

Met sy vrou se skielike dood en die televisier­eeks oor sy boek, het Julian se lewe onherroepl­ik verander, maar hy kyk vorentoe.“Ek wil net na aan die voete van die Here bly, want Hy het nuwe planne vir my. Ek wil die lewe weer opnuut en ten volle aangryp en ek hoop dat ek ten minste één jong mens kan inspireer om die beste te word wat hy of sy kan word. Ek glo in die konsep van‘pay it forward’, ”sê die sagte reus met die glimlag vol wysheid en deernis.

 ??  ?? LINKS: Julian en sy oorlede vrou, Charlene. BO: Julian, Charlene en hul seuns, Jarryd (links) en Reimer (regs). REGS: Julian se boek Die De Zalze-moorde. Hy het die boek se film- en TV-regte aan Hollywood verkoop.
LINKS: Julian en sy oorlede vrou, Charlene. BO: Julian, Charlene en hul seuns, Jarryd (links) en Reimer (regs). REGS: Julian se boek Die De Zalze-moorde. Hy het die boek se film- en TV-regte aan Hollywood verkoop.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die bylmoorde van drie lede van die Van Breda-gesin en die saak teen Henri, die jongste seun, was pal in die nuus. ONDER VAN LINKS NA REGS: Henri, Marli, Rudi, Teresa en Martin van Breda. Henri is skuldig bevind aan die moorde en poging tot moord.
BO: Die bylmoorde van drie lede van die Van Breda-gesin en die saak teen Henri, die jongste seun, was pal in die nuus. ONDER VAN LINKS NA REGS: Henri, Marli, Rudi, Teresa en Martin van Breda. Henri is skuldig bevind aan die moorde en poging tot moord.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa