Kuier

Jou kind:

Raad vir pa’s met ’n gay seun

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Baie mans droom van die dag wanneer hulle die pa van ’n seuntjie sal word. Hulle voel hulle sal dan iemand hê vir wie hulle kan leer hoe om vis te vang, te braai of rugby te speel. Nog voor geboorte kan sommige pa’s groot drome begin droom vir hul kleingoed en daarom kan dit juis baie moeilik vir ’n pa wees as hulle uitvind hul seun is gay.

Volgens kenners gebeur dit al hoe meer dat kinders op ’n jonger ouderdom vir hul ouers vertel dat hulle as gay identifise­er.

Voorheen was dit meer algemeen dat mense die feit dat hulle gay is, geheim gehou en nooit hul familie vertel het nie.

Dit bly ’n groot stap vir iemand om aan hul vriende en familie te erken hulle is gay. Sommige kinders is bang hulle word onterf, ander is weer bang hulle word geboelie en sommige is bang dit sal hul verhouding met hul geliefdes verander.

Dit kan ’n groot skok vir al die betrokkene­s wees wanneer iemand wat as gay identifise­er, besluit om hul familie in hul vertroue te neem en dit verg baie moed omdat hulle nie weet hoe hul geliefdes gaan reageer nie.

Dis egter belangrik om te onthou die persoon bly steeds dieselfde mens. As hul ouers byvoorbeel­d meer as een seun het, wil hulle nes die ander behandel word.

Tog, sê Janine Killian, ’n sielkundig­e van Somerset-Wes, is dit ’n normale reaksie vir ouers om bekommerd te wees, hulself te blameer en te wonder hoe dit hul kind se lewe vorentoe gaan raak.

Maar net omdat dít ’n ouer se eerste reaksie is, beteken dit nie dat die verhouding tussen ouer en kind moet verander of skade ly nie.

Moet gewoond raak

Janine meen vir ’n pa is dit soms ’n groot skok en iets om aan gewoond te raak,

Met my eie seun is ons baie rof, maar omdat e knie vir my stiefseun ongemaklik wou laat voel nie, het dit soms gelyk asof e knie vir hom dieselfde aandag as my seun gee nie. JOHAN ARENDSE

maar nie omdat hulle nie hul kind liefhet nie, eerder omdat hulle nie seker is oor hoe hulle moet reageer nie. Sy sê die beste manier vir ’n pa om te reageer, is om jou kind daarvan te verseker dat jy lief is vir hom en eers uit te vind hoe dit die kind raak.

“Die waarheid is dat dit steeds dieselfde kind vir wie jy lief is as voor hulle jou vertel het. Al wat verander is dat hulle nie noodwendig die maat gaan kies wat jy gedink het nie. Dit is ’n goeie beginpunt as jy met jou kind buite die huis kan gesels en uitvind wat gay vir hulle beteken,”sê sy.

“Vir die meeste seuns beteken dit dat hulle aangetrokk­e is tot mans en nie vroue nie. Sommige mans se styl is meer‘vroulik’, terwyl ander gays weer heeltemal‘manlik’ is. Baie pa’s is bang dat mense hul kinders ‘moffies’gaan noem of dat hulle die ander man in die huis gaan verloor wanneer ’n seun gay is, maar dit hoef nie te die geval te wees nie.”

Janine sê wanneer ’n pa eers weet hoekom sy seun as gay identifise­er, sal dit makliker wees om hulle te verstaan. Dikwels hou hulle steeds van dieselfde goed (soos rugby en braai) en is daar min in die verhouding wat sal verander. Hulle gaan steeds die familie se van oordra en dit raak al hoe makliker vir gay-paartjies om kinders te hê. Dit is dikwels die emosionele gedeelte waarmee hulle ondersteun­ing nodig het.

Johan Arendse (45) van Parow in Kaapstad sê toe hy met sy tweede vrou trou, het hy reeds twee kinders gehad en sy vrou ’n seun. Toe hulle begin uitgaan, was die kinders almal tieners en was hy verbaas toe hy uitvind sy stiefseun is gay.

Sy seun is twee jaar jonger as sy stiefseun en dit was vir hom ’n aanpassing om met sy stiefseun ’n verhouding te bou.

“Ek moes baie tyd en moeite insit om ons verhouding te laat werk. Ek het niks teen mense wat gay is nie, die Here het ons almal dieselfde gemaak en het ons dieselfde lief, maar terwyl my seun mal is sport, visvang en rowwe aktiwiteit­e, was dit nie iets waarin my stiefseun belang gestel het nie,”sê hy.

“My stiefseun is ook baie meer sensitief, so ek moes altyd dink oor hoe ek hom hanteer en hoe ek met hom praat. Met my eie seun is ons baie rof, maar omdat ek nie my stiefseun ongemaklik wou laat voel nie, het dit soms gelyk asof ek nie vir hom dieselfde aandag as my seun gee nie.”

Dit het voorgekom asof Johan meer teruggetro­kke met sy stiefseun was, maar eintlik wou hy hom net nie ongemaklik laat voel nie. Johan meen eers toe hy vir ’n dag weggaan met sy stiefseun en regtig met hom gesels het, het hy beter begrip gehad en hy het uitgevind dat hy nie regtig sy stiefseun anders as sy seun hoef te behandel nie.

Johan sê hy het agtergekom sy stiefseun was steeds baie manlik en dat hy ook oor baie van dieselfde dinge soos sy seun wonder, die enigste ding waaroor hulle nie saam kon gesels het nie was mans, vertel Johan grapperig.

“Ek het aan hom verduideli­k dat ek nie baie van hulp vir hom sou wees nie, maar dat ek vir hom kan raad gee oor sy gevoelens en hoe om dit te hanteer. Of dit nou ’n man of ’n vrou is, verhouding­s werk nog dieselfde en hoe dit jou laat voel bly ook dieselfde,”sê hy.

“Ek moes net ’n bietjie gaan leer oor hoe om vir hom raad te gee wanneer dit by intieme verhouding­s kom en hoe om aan hom te verduideli­k dat hy nie homself aan mense se negatiewe houdings moet steur nie. Maar ook dat hy met ons moet praat as iemand hom afknou.”

Moeilik aan die begin

Op sy beurt sê Anthony Solomans (54) van Hermanus in die Wes-Kaap dit was vir hom ook moeilik aan die begin om vir sy 20-jarige seun advies te gee wanneer dit by verhouding­s kom.

Dit was vir hom ’n bietjie vreemd, want hy was nie seker of dit dieselfde met mans as met vroue werk nie. Hoe charm jy ’n man en waarmee kan jy hulle beïndruk?

Hy sê dit mag soos klein simpel goed klink, maar dit is dinge waarmee ’n pa sukkel.“Dit is lekker vir ’n pa om tydens sulke geselsies oor verhouding­s te bond, so ek wou seker maak ons kan nog oor sulke dinge gesels,”sê hy.

“Ek het ook geleer dat elke kind anders is en ’n mens eintlik net na jou kind moet luister. Hulle weet dikwels meer as jy, maar ek en my vrou het ook seker gemaak dat ons ’n bietjie kennis het van die onderwerp. Natuurlik was ons aan die begin bang en geskok, maar dit bly jou kind en dit was vir ons belangrik om aan hom te verduideli­k daar is niks verkeerd met hom nie.”

Denver Dunn, stigter van ’n gayonderst­euningsgro­ep in Johannesbu­rg, sê mense verstaan nie dat gay-seuns dieselfde soos enige ander seun behandel wil word nie.

“Hulle wil ook ’n sterk verhouding met hul pa hê en soms kos dit net ’n bietjie praat oor wat hulle kan saam doen en waarmee hulle hulp nodig het. Maar net omdat ’n seun nie van sport of rowwe aktiwiteit­e hou nie, beteken dit nie hulle is gay nie. Daar is baie seuns wat nie gay is nie en ook nie saam met hul pa wil visvang of sport doen nie. Dit hang alles van persoonlik­heid af.”

Hy sê kinders ken nie al die anwoorde nie, hulle weet net hoe hulle voel en die meeste van die tyd het hulle ook vrae – veral wanneer hulle jonk is.

“Dit is hoekom dit belangrik is dat ouers hulself opvoed en ’n bietjie gaan uitvind oor wat dit beteken as iemand gay is en hoe om hul kind te help verstaan wat dit is wat hulle voel.

“Soms sal die kind by die ouer wil weet hoekom hulle van mans hou en anders seuns van meisies hou en dan is dit belangrik dat ouers hul ondersteun­ing wys en iets positief het om vir die kinders te sê,” verduideli­k Denver.

Hy voeg ook by as ouers nie gemaklik daarmee voel nie of nie iets positief kan sê nie, hulle hul kind verkieslik na ’n ondersteun­ingsgroep of iemand anders stuur wat vir hulle raad kan gee en gerus kan stel.

Die belangriks­te is dat die kind nie voel die ouers het hulle minder lief of daar iets verkeerd is met hulle nie. Behandel die kind dieselfde en laat hulle jou lei.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa