Kuier

Geldsake:

Werk reg met jou geld en bly uit die knyp

-

Die man hou nog die beursie vas in so baie huishoudin­gs of hy is die een wat moet seker maak die finansies verloop vlot. Sy geldbeslui­te raak die hele gesin en slegte besluite kan julle duur te staan kom.

Dit is daarom baie belangrik dat jy altyd as man en pa mooi moet besin wanneer dit by geldsake kom. Daar is ’n paar uitdagings en belangrike kwessies wat jy dus in gedagte moet hou:

SKULD

Matthys Potgieter, ’n skuldkenne­r by DebtSafe, sê in sy ervaring is skuld die grootste geldkwessi­e waarmee mans worstel. “Mans wat skuld het, het gewoonlik nie so baie rekeninge by winkels nie, maar hul skuld is gewoonlik meer as vroue s’n,” sê hy. Volgens hom spandeer vroue in die algemeen op klere en ander klein goed wat nie so baie kos nie, terwyl mans meer geneig is om hul geld op duur gadgets en karre te blaas.

As jy ook in die skuldbootj­ie is, is dit belangrik om te besluit of jy die“duurste” skuld eerste wil afbetaal, soos jou kredietkaa­rt met die hoë rentekoers. Of jy kan die minste skuld (soos jou klerereken­ing)

eerste afbetaal en stelselmat­ig jou pad na die groter bedrae opwerk.

Matthys sê dis belangrik om met jou krediteure te kommunikee­r as jy gaan sukkel om jou skuld in die maand te delg. As jy baie skuld het en ’n blywende oplossing soek, kan jy jou bankier, finansiële beplanner of ’n skuldberad­er kontak vir hulp.

Johnson White* (41) van Wellington sê hy het homself lelik vasgeloop nadat ’n verkeerde finansiële besluit hom amper gekelder het en hy ’n jaar lank moes sukkel om weer finansieel stabiel te word.“Ek het ’n privaat voertuig gehad en toe vir ’n maatskappy gaan werk wat vir my ’n werkvoertu­ig verskaf het,”vertel hy. Johnson het toe besluit hy gaan nie meer sy eie voertuig se premies betaal nie, in die hoop dat die bank dit net sal repossess.“Min het ek geweet dat ek éérs al die agterstall­ige premies moes betaal!”erken hy.

So al was die voertuig nie meer in sy besit nie, het dit Johnson ’n jaar gevat om die agterstall­ige premies te betaal. Dit was ’n baie duur les vir hom en sy gesin.

APARTE REKENINGE?

Matthys stel voor jy gun jou vrou die geleenthei­d om finansieel onafhankli­k te wees. Deesdae is dit belangrik dat elke party hul eie finansies bestuur en dan gesamentli­k werk om byvoorbeel­d saam vir sekere doelwitte te spaar soos vir die gesin se Desemberva­kansie. Dit is ook goed dat elkeen sy of haar eie bankrekeni­ng het. Wanneer een party dan in die moeilikhei­d beland, word die ander een dan nie noodwendig daarby betrek nie.

Jerome Pienaar (48), ’n onderwyser van Kraaifonte­in buite Kaapstad, vertel hy en sy vrou het elkeen hul eie bankrekeni­ng en dit werk goed vir hulle.

“Ek weet nie wat in haar bankrekeni­ng aangaan nie, maar ek en sy is baie oop met mekaar oor ons finansies en steek nie vir mekaar goed weg nie.”Hulle deel die huishoudel­ike uitgawes gebaseer op hul inkomste.

Kommunikas­ie is baie belangrik vir so ’n reëling en Matthys stel voor julle kom tot ’n gesamentli­ke ooreenkoms en behou die vertroue in jul verhouding veral as dit by geld kom.

DIE LUXURIES

Maar mag jy self geld terughou vir luxuries soos jou“man cave”of jou stokperdji­es?

“Ja, natuurlik,”lag Matthys. Spandeer oordeelkun­dig nadat jy eers op jou finansiële behoeftes en verpligtin­ge gefokus het.

“Fokus eers op die belangrike betalings en uitgawes en as jy dan ietsie ekstra het, spaar dit gerus vir jou“man cave”en gadgets,”beveel Matthys aan.

REG VIR RETRENCHME­NT

Een van die groot realiteite in die huidige ekonomie is retrenchme­nt wat onverwags kan gebeur. Volgens Gustav Philander* (45) van Eersterivi­er buite Kaapstad, is sy grootste selfverwyt dat hy nooit geld gespaar het vir ’n noodfonds nie.“Ek het van pay check tot pay check gelewe en as daar geld aan die einde van die maand oorgebly het, het ek myself of my gesin ’n bietjie gespoil,”vertel hy. Gustav het altyd geweet hy moet iets wegsit vir ’n reëndag en het homself altyd belowe dat hy“volgende maand”sal begin.

Die dag toe sy baas vir hom sy afleggings­brief gee, het hy sy spandabelr­igheid onmiddelli­k berou, maar dit was te laat.“En soos dit nou maar is, when it rains, it pours. In dieselfde week het my kar loop staan en my vrou se wasmasjien het die gees gegee. Ek wou myself skop.”

Dit het vir Gustav baie lank gevat om weer op die been te kom. Deesdae spaar hy 15% van sy inkomste sodra sy salaris inbetaal word.

Matthys se topwenke om retrenchme­nt so goed moontlik te hanteer, is om te spaar voordat jy enigiets anders doen. Jy moet van hierdie spaargeld ’n bedrag wegsit vir jou noodfonds. Matthys beveel aan dat jy twee tot drie maande se salaris wegsit in hierdie fonds. Begin met ’n klein bedrag en verhoog dit later soos wat jou finansies dit toelaat.

Indien jy afgelê word, gaan doen aansoek vir jou UIF terwyl jy vir nuwe werk soek. Verduideli­k jou situasie aan jou gesin en geliefdes en sorg dat almal saamwerk om geld te spaar.

Indien jy Credit Life Insurance het, is daar moontlik ’n retrenchme­nt benefit. Indien wel, kan dit beteken daai rekeninge sal vir ’n paar maande betaal word terwyl jy werk soek en jy nie agter raak met al jou rekeninge nie.

DIE TOEKOMS

Dit is ook baie belangrik om nou te beplan vir die toekoms – nie net vir jou oudag nie, maar vir die volgende paar jaar. Besluit watter groot uitgawes jy in die volgende paar jaar sal moet of wil aangaan en begin daarvoor beplan. Dít is die enigste manier hoe jy jou finansiële drome kan bewaarheid. Matthys sê jy moet probeer om ’n nalatenska­p te los vir jou geliefdes – iets om hulle te help oorleef wanneer jy nie meer daar is nie. Vra die belangrike vrae: Is jou testament opgestel en reg? Het jy ’n plan vir jou skuld as jy die dag nie meer daar is nie (soos byvoorbeel­d lewensvers­ekering)?

STEL ’N VOORBEELD

Dis belangrik vir ’n pa om ’n goeie geldvoorbe­eld te wees vir sy kinders en hulle te leer hoe om te spaar en met geld te werk.

“Wys met konkrete voorbeelde vir jou kinders hoe geld werk (soos byvoorbeel­d deur sakgeld te verdien en wat om daarmee te maak – uitgee of spaar),”sê Matthys.

Dit help nie net dat kinders ’n ATM en kaartjie sien wat ingaan en geld wat uitkom nie. Jy moet vir hulle verduideli­k waar kom geld vandaan, hoe skaars dit is en hoe versigtig mens daarmee moet werk. Moet hulle ook nie in die donker hou oor hoe jul huishoudin­g se finansies werk nie.

Só byvoorbeel­d probeer Jerome altyd geleenthed­e skep om sy dogter (18) en stiefseun (15) te leer hoe om met geld te werk.

“Ek gee byvoorbeel­d vir hulle sakgeld as ons met vakansie gaan en hulle is dan verantwoor­delik daarvoor ,” verduideli­k hy.

Hulle kan dit spandeer soos hulle wil, maar hulle moet aan die einde van die vakansie vir hom kwitansies gee van hoe hulle die geld gebruik het. *Skuilnaam

Mans wat skuld het, het gewoonlik nies o baie rekeninge by winkels nie, maar hul skuld is gewoonlik me eras vroue s’ n. MATTHYS POTGIETER

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa