Kuier

Koffieman:

Kapenaar maak loopbaan uit drinkgoed

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Hoeveel van ons kan nie wag om ons dag met ’n goeie koppie koffie te begin nie? Of dit nou by die huis of die werk is, vir die meeste mense is hul koffie die eerste ding wat hulle soggens gryp om weer mens te voel. En dít is waar mense soos die kampioenba­rista, Winston Thomas van die Strand buite Kaapstad, in die prentjie kom.

meer as net werk

Vir baie mense is Winston (27) dalk net iemand wat agter ’n masjien staan en ’n koppie koffie maak, maar volgens hom is dit nie net ’n werk nie.

Koffie is vir hom ’n kultuur en ’n kuns. Volgens hom is dit ook iets wat met liefde en tyd gemaak moet word. Met hierdie positiewe houding is dit geen wonder dat hy die afgelope twee jaar as Suid-Afrika se beste barista (koffiemake­r) aangewys is nie.

Winston begin lekker lag wanneer hy vertel sy verhouding met koffie het nes baie mense s’n met Ricoffy begin. Maar deesdae spandeer hy tot sewe minute daaraan om vir iemand ’n lekker koppie van sy beste filterkoff­ie te maak.

“Dit (kitskoffie) is waarmee ons grootgewor­d het. Natuurlik het ons dit met melk en suiker gedrink en later het ons na Nescafé ge-upgrade voordat ek filterkoff­ie begin drink het,”sê hy.

Winston sê hulle het nie gereeld koffie gedrink nie, maar hy het wel baie daarvan

 ??  ?? HOOFFOTO: Winston Thomas is vanjaar weer gekroon as die beste koffiemake­r in die land.
HOOFFOTO: Winston Thomas is vanjaar weer gekroon as die beste koffiemake­r in die land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa