Kuier

Wat sê die kenner?

-

Joy Clarke ,’ n verhouding­s terapeut van Kaapstad, verduideli­k ons almal het’ n behoefte aan veiligheid – beide fisies en emosioneel, asook ’n behoefte om te behoort. Hierdie behoefte is belangrik vir oorlewing, veral van jou hart, siel, gedagtes en liggaam. Sy sê liefde is ’n geskenk, maak nie saak op watter ouderdom jy dit vind nie.

Navorsing het bewys ons raak verlief op iemand wat ons help om te groei. Joy meen mense plaas baie druk op hulself om al hul lewensmaat se behoeftes te bevredig, hetsy seks, romanse, liefde, vriendskap of finansies, maar dit is ’n Hollywood-weergawe van verhouding­s. Geen mens kan al daardie behoeftes vir iemand anders bevredig nie. Liefde is in die klein, alledaagse dingetjies.“Om daar te wees vir iemand sê alles – in swakheid en wanneer jy sterk is, in hartseer en vreugde, is wat liefde werklik beteken ,” verduideli­k sy. Verder kan dit wees dat die vrou dalk ’n vaderfiguu­r soek en dat die man die geleenthei­d aangryp om weer een te wees, maar, meen Joy, dit is algemeen in enige verhouding: ons hoop ons volwasse verhouding­s sal ons gesond maak van die wonde wat ons ouers gelos het. Joy verduideli­k hierdie verhouding kan beslis werk as albei maats bereid is om te groei, mekaar in ag te neem en die kyke van die buitewêrel­d ignoreer.

Sy sê dit vat baie moed om te erken hulle is lief vir mekaar, ten spyte van ouderdom en die wêreld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa