Kuier

MEXIKAANSE RYSPOEDING

Genoeg vir 6 – 8

-

BESTANDDEL­E

1½ koppie rou wit rys 2 kaneelstok­kies Gerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen 3 koppies water ¼ teelepel sout 4 koppies melk 1 blikkie ingedampte melk (Ideal milk) 1¼ koppies suiker ½ koppie rosyne 4 eiergele, liggies geklits 1 teelepel vanilla essence 2 eetlepels botter Fyn kaneel

METODE

Giet die rys in ’n kastrol. Voeg die kaneelstok­kies en lemmetjie- of suurlemoen­skil by en bedek met die water. Geur met die sout en roer een keer deur. Bring die rys oor matige tot hoë hitte tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die pot. Laat die pot prut totdat die rys sag en die vloeistof weggekook het. Voeg die melk, ingedampte melk, suiker en rosyne by en roer goed. Verhoog die hitte tot medium en kook terwyl jy dikwels roer totdat die mengsel lekker dik word. Dit neem ongeveer 30 – 40 minute, afhangende van hoe dik jy jou poeding wil hê. Haal die pot van die stoof af. Roer 3 eetlepels van die mengsel by die geklitste eiergele. Roer dié mengsel saam met die vanilla essence by die res van die pot. Skep poeding in ’n oondvaste bak, sprinkel kaneel oor en stip met klein klonte van die botter. Plaas die bak vir 3 minute onder ’n voorverhit­te oondrooste­r (grill). Jy kan die poeding net so warm uit die oond opdien, maar dis ook heerlik teen kamertempe­ratuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa