Kuier

GEBAKTE HOENDER-ENSAMPIOEN R I SOTTO

-

As jy nie oorskietho­ender het nie, koop een van daardie gaar geroosterd­e hoenders by die supermark. KAREN HART

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 7 tiemietakk­ies 1 x 250 g-pak wit of bruin sampioene, of ’n mengsel van die twee, in skyfies gesny 11/3 koppie rou bruin basmati-rys 4 koppies hoenderaft­reksel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 koppies gaar oorskietho­ender ’n Groot handvol jongspinas­ieblare Gerasperde skil van 1 suurlemoen

METODE

Verhit die olie oor matige tot hoë hitte in ’n pot wat met ’n deksel kan toemaak en in die oond kan gaan. Braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel en tiemie by en braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die sampioene by en braai totdat dit begin verkleur. Roer die rys by en braai vir ’n minuut of twee saam. Voeg die aftreksel by, geur met sout en peper na smaak, roer deur en bring tot kookpunt. Bedek die pot en plaas in ’n voorverhit­te oond van 170°C vir ongeveer 50 minute tot 1 uur of totdat die rys gaar en al die vloeistof weggekook het. (Haal die pot ná die helfte van die kooktyd uit die oond en roer.) Roer die hoender deur, bedek die pot en laat ongeveer 10 minute só staan voordat jy die spinasiebl­are en suurlemoen­skil byroer en proe of die sout en peper genoeg is. Skep op in ’n mooi opdienskot­tel en garneer met skyfies suurlemoen indien jy dit verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa